(English follows)

20 September 2016

Beste Solidariteit-lid

Beoogde veranderinge aan die RDM-bedingingseenheid

Solidariteit is gewikkel in beraadslagings met RDM in ’n poging om alternatiewe oplossings te vind vir die voorgestelde wysiging aan bestaande bedingingseenhede. RDM se voorstel sal meer as 140 Solidariteit-lede negatief raak, die tweede grootste groep geaffekteerde werknemers naas die nie-geaffilieerde werknemersgroep waar by die 300 werknemers uit hul bestaande bedingingseenheid verwyder sal word. Ingevolge RDM se voorstel sal alle werknemers wat R500 000 of meer per jaar verdien in die toekoms uitgelewer wees aan bestuur se diskresie wanneer dit kom by die toekenning van jaarlikse salarisverhogings, terwyl slegs ambagsmanne en werknemers wat R300 000 of minder per jaar toegelaat sal wees om deel te bly van salarisonderhandelinge by die bedingingsraad.

Solidariteit sal enige skending van ons lede se reg op vryheid van assosiasie en die manipulering van hul kollektiewe bedingingsregte, soos wat hierbo in die vooruitsig gestel word, ten sterkste teenstaan. Die redes wat deur RDM aangevoer word, dra nie gewig nie en is hoegenaamd nie uniek aan RDM nie. RDM het ingestem om gedetailleerde inligting en verduidelikings aan vakbonde te verskaf om die aard van die probleem wat hy probeer aanspreek, te verduidelik en te staaf. Solidariteit is positief dat deursigtigheid in die konsultasieproses met vakbonde, wat meer as 50% van RDM werknemers verteenwoordig, tot ’n positiewe oplossing kan lei.

Indien die partye nie in staat is om ’n alternatiewe, vriendskaplike oplossing te vind nie, is Solidariteit gerat om alles in ons vermoë te doen om die voorstel en enige afwyking van die definisie van bedingingseenheid, soos dit tans bedoel word, aan te vat. Dit mag dalk nodig wees dat Solidariteit hom tot die onderskeie dispuutbeslegtingsmeganismes sal moet wend ten einde ons lede se regte te beskerm en daarom doen ons ’n beroep op lede om vas te staan gedurende die prosesse om sodoende u toekomstige deelname aan kollektiewe bedinging te verseker.

Dit is ongelukkig so dat RDM homself tot oningeligte en onbeskermde werknemers, wat nie aan vakbonde behoort nie en wat dalk té laat gaan besef wat die volle implikasies van die voorstel is, kan wend om steun vir die voorstel te kry. Solidariteit versoek die bystand van lede om nie-vakbondwerknemers ingelig te hou oor die moontlike impak van RDM se voorstel. Neem asseblief kennis dat RDM se voorstel nagenoeg 200 werknemers van kollektiewe salarisonderhandelinge sal ontsê.

Solidariteit verseker lede dat ons alles in ons vermoë gaan doen om te verseker dat ons lede se regte regdeur hierdie proses beskerm word.

Solidariteit-groete

Om by Solidariteit aan te sluit SMS die woord RDM na 34802 (R2/SMS)

 

20 September 2016

Dear Solidarity Member

Proposed changes to the RDM bargaining unit

Solidarity has engaged with RDM in an effort to seek alternative remedies to the proposed changes to the existing bargaining units. The proposal by RDM will negatively affect more than 140 Solidarity members. This is the second largest group affected after the non-unionised employees’ group, where close to 300 employees will be removed from their current bargaining unit. In terms of RDM’s proposal, all employees earning in excess of R500 000 per annum would in future be at the mercy of management’s discretion for annual salary increases, while only artisans and employees earning R300 000 per annum or less will be allowed to remain part of salary negotiations at the bargaining council.

Solidarity will vehemently oppose any breach of our members’ right to freedom of association and manipulation of our members’ long-standing collective bargaining rights, as is the case with the proposed changes. The reasons for the proposed changes tabled by RDM lack substance and are in no way unique to RDM. RDM agreed to provide detailed information to labour parties to substantiate and explain the nature of the problem it seeks to address. Solidarity remains positive that this transparency during consultations with labour parties, which represent more than 50% of RDM employees, may lead to a positive solution.

Unless an alternative amicable solution is found by parties, Solidarity is prepared to do all in its power to oppose the current proposal and any deviation from the definition of bargaining unit as it is currently contemplated. Solidarity may have to resort to various dispute resolution mechanisms in order to protect our members’ rights and we therefore call on our members to stand firm during such processes to ensure your future participation in collective bargaining.

It is unfortunate that RDM may seek the support of uninformed and unprotected non-unionised employees who may only realise the true implications of the proposal too late. Solidarity requests members to assist in keeping non-unionised employees informed of the possible ramifications of the RDM proposal. Please note that RDM’s proposal will completely remove close to 200 employees from collective salary negotiations. 

Solidarity assures members that we will do all in our power to ensure our members’ rights are protected throughout this process.

Greetings from Solidarity

To Join Solidarity, SMS the word RDM to 34802 (R2/SMS)