(English follows)
UV kry tweede bloedneus met taalbeleid
’n Volbank regters van die Bloemfonteinse hooggeregshof het Maandag beveel dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) nie sy nuwe taalbeleid nou mag implementeer nie. Die nuwe taalbeleid mag eers geïmplementeer word wanneer die universiteit se appèl teen ’n vroeëre uitspraak, ten gunste van Solidariteit en AfriForum, afgehandel is.
Die hooggeregshof het in Julie vanjaar beveel dat die UV se besluit om Afrikaans as onderrigmedium uit te faseer, hersien moet word. Dit volg nadat AfriForum en Solidariteit die hof genader het om dié nuwe taalbeleid te hersien.
Alana Bailey, adjunkhoof van AfriForum, sê: “Ons het geen keuse gehad nie as om die hooggeregshof met ’n dringende aansoek te nader ten einde te verseker dat diegene wat van voornemens is om in 2017 in Afrikaanse te studeer, wel die reg daartoe sal hê.”
Volgens Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, is dit duidelik dat, waar prakties haalbaar, die grondwetlike reg op moedertaalonderrig aktief beskerm en opgeëis sal moet word.
Help ons om Afrikaans as onderrigmedium op UV teen politieke vuilspel te beskerm. SMS LID na 34802 (R2/SMS).
Groete,
Solidariteit