(English follows)

Geagte Lid
                                              
Verhoging van ledegeld – Maart 2017

Bou saam met Solidariteit aan ʼn blink toekoms

Die kern van die diens wat Solidariteit aan sy lede bied, is om ʼn toekoms te bou in die groter wêreld van werk waarbinne die Afrikaner-kultuurgemeenskap, die Afrikaanse taalgemeenskap en die Solidariteit-ledegemeenskap vry, veilig en voorspoedig is.

Solidariteit kan egter hierdie belofte slegs nakom met jou hulp. Deur duisende maandelikse bydraes van Solidariteit-lede en -ondersteuners word kleingeld groot geld en so kan onskatbare bydraes gemaak word om ʼn toekoms te bou wat vry, veilig en voorspoedig is.

Solidariteit se benadering is nie om te wag totdat alles regkom nie, maar om deur die uitbou van die Solidariteit Beweging se Helpmekaar-instellings ʼn toekoms te help skep. Danksy jou ledegeld bou ons ʼn universiteit, ʼn veilige en regverdige werksomgewing en ʼn opgeleide werksmag.

Solidariteit se ledegeld word op 1 Maart 2017 verhoog.

ʼn Hele wêreld van lidmaatskapvoordele wag vir jou in 2017. Solidariteit se ledegeld vir individuele en kollektiewe lede gaan met R8 verhoog word.

Individuele lede:   R120  
Kollektiewe lede:  R117

Deur jou ledegeld te betaal dra jy by tot die uitbou van ʼn plan van hoop vir die toekoms.

Skakel 0861 25 24 23 vir meer inligting.

 

Dear Member

Membership fee increase – March 2016

Help Solidarity build a bright future

The essence of the service Solidarity offers its members is to build a larger world of work within which the Solidarity members’ community and other minority groups can be free, safe and prosperous.

However, Solidarity can only meet this promise with your help. Thanks to thousands of monthly contributions from Solidarity members and supporters small change becomes big money, and in this way invaluable contributions can be made towards building a future that is free, safe and prosperous.

Solidarity’s approach is not to wait for things to get better but to help create a future through the expansion of its Helpmekaar (mutual aid) institutions. Thanks to your membership fees we are building a university, a safe and fair work environment and a trained workforce.

Solidarity’s membership fees increase on 1 March 2017.

A whole world of membership benefits is waiting for you in 2017. Solidarity’s membership fees for individual and collective members are set to increase by R8.

Individual members:   R120   
Collective members:  R117

Through your membership fees you are contributing to the development of a plan of hope for the future.

Dial 0861 25 24 23 for more information.