header
sidebar

Skeppende selfbestuur is nou nodig

Op 10 Oktober hou die Solidariteit Beweging en al sy instellings weer ʼn Toekomsberaad. Jy word genooi om hierdie geskiedkundige dag by te woon.

Dit is nie ʼn geheim dat die toenemende agteruitgang van die staat besig is om al hoe meer momentum te kry nie. Boonop kom Afrikaners se leefruimtes al hoe meer onder druk.

Die Solidariteit Beweging gaan egter aanhou bou, beskerm en beding en maak op 10 Oktober sy planne bekend om die vele uitdagings wat Afrikaners en die Afrikaanse taalgemeenskap ervaar, die hoof te bied.

Kom woon die beraad gratis by en neem deel aan die bou van ‘n toekoms.

Slegs ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar

datum
footer