![]() |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
“The last human beings that my brother spoke to were his manager and the payroll officer. He put down the phone, walked a couple of metres, and shot himself.” Dit is ʼn skrywe van Adele Ankiewicz, suster van Andre Ankiewicz wat selfmoord gepleeg het tydens die afleggingsproses by die selfoonreus Cell C.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hoofkantoor Loononderhandelinge Solidariteit is onlangs in kennis gestel dat lede van die vakbond wat by Netcare se Jakaranda-hospitaal werksaam is, se salarisskale nog steeds nie aangepas is nie. Die vakbond sal binnekort met Netcare vergader om dié kwessie te bespreek. Werksure Solidariteit is onlangs daarvan ingelig dat sommige van sy lede by die Moot-hospitaal ongelukkig is oor werksure wat ongelyk verdeel is. Die vakbond het op 19 Julie die saak met die hospitaal se bestuur opgeneem en behoort binne twee weke terugvoer daaroor te ontvang. Die vakbond het op 18 Julie ’n lid by die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie (KVBA) verteenwoordig nadat die lid weens ongunstige werksomstandighede bedank het. Die vakbond kon daarin slaag om vir die lid ’n gunstige skikking te beding. Daarbenewens het die vakbond ook een van sy lede by Netcare se Jakaranda-hospitaal tydens onderhandelinge met haar werkgewer verteenwoordig. Die lid was ongelukkig omdat haar studies nie, soos aanvanklik met die hospitaal-bestuur ooreengekom, deur die werkgewer betaal is nie. Gevolglik kon die lid nie haar studies voortsit nie. Solidariteit het namens die lid onderhandel dat haar studies, studiemateriaal en reiskostes voortaan deur die werkgewer betaal sal word. Loononderhandelinge Die moontlikheid van ’n staking in die petroleumsektor van die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) is ná meer as drie maande se onderhandelinge afgeweer. ’n Loonooreenkoms vir ’n 8%-verhoging, terugwerkend vanaf 1 Julie 2012, is bereik. Vir die tweede jaar sal ’n loonverhoging van VPI (van April 2013) + 2% ingestel word, met die voorwaarde dat indien die VPI na minder as 5% daal, die verhoging vir die tweede jaar nie minder as 7% sal wees nie en indien die VPI bo 8% styg, die verhoging nie meer as 10% sal wees nie. Sasol, PetroSA en Engen is van die grootste werkgewers in die petroleumsektor. Solidariteit verteenwoordig ongeveer 6 500 lede in die sektor. Behuisingsbeleid en opleiding van werknemers Solidariteit het in Julie met die konstruksiemaatskappy, Afrisam, vergader om die maatskappy se behuisingsbeleid en die opleiding en ontwikkeling van werknemers te bespreek. Die besprekings is nog aan die gang en die vakbond sal sy lede van nuwe verwikkelinge op hoogte hou. Witbank Loononderhandelinge Solidariteit het ’n ooreenkoms oor sy lede se loonverhogings met die bestuur van Paarl Medi-Clinic bereik. Die uitkoms van die onderhandelinge was boonop positief, aangesien verpleegpersoneel voortaan ’n verhoging van 8,66% op hul basiese salarisse sal ontvang, terwyl administratiewe en ondersteuningspersoneel ’n verhoging van 8,04% op hul salarisse sal ontvang. Daarbenewens is werknemers se skoftoelae met 7,5% verhoog. Erkenningsooreenkoms Solidariteit het op 16 Julie 2012 ’n erkenningsooreenkoms by die steenkoolmyn Mooiplaats Colliery bekom. Pretoria Loononderhandelinge Loononderhandelinge in die papier- en pulpsektor van die Nasionale Bedingingsraad vir die Hout- en papierbedryf (NBHP) het ná ’n verlengde geskilronde op 24 en 25 Junie tot ’n einde gekom nadat vakbonde die werkgewers se finale aanbod van 7% aanvaar het. Solidariteit het aanvanklik ’n 8%-verhoging gevra. Solidariteit het op 5 Julie 2012 tydens die derde ronde onderhandelinge by Petra Diamonds se Helam-myn in Swartruggens ’n ooreenkoms rakende loonverhogings met dié maatskappy bereik. Petra Diamonds het tydens die vorige ronde ’n verhoging van 7% op alle C-laer- en -hoër-personeellede se basiese pakket aangebied terwyl Solidariteit ’n verhoging van 8% geëis het. Solidariteit het op 5 Julie ’n mandaatvergadering met sy lede gehou waartydens daar besluit is om die maatskappy se aanbod te aanvaar. Die ooreenkoms geld terugwerkend vanaf 1 Julie 2012 en sal tot 30 Junie 2013 van toepassing wees. Op 30 Julie 2012 is die loononderhandelinge by die Landbounavorsingsraad (LNR) hervat. Die LNR het hul aanbod na 7%, terugwerkend vanaf 1 April 2012, verhoog. Hulle is egter slegs bereid om die moontlikheid van ’n addisionele voltydse verteenwoordiger by die eerskomende NBF- vergadering te bespreek. Solidariteit het ’n mandaat ontvang om nie die ooreenkoms te aanvaar nie, omdat daar slegs vir een voltydse verteenwoordiger voorsiening gemaak is. Nehawu sal boonop as die meerderheidsvakbond erken word, wat sal beteken dat die verteenwoordigerposisie deur Nehawu gevul sal word. Regstellende aksie Regstellende aksie is op 5 Julie 2012 nog ’n bloedneus toegedien toe Solidariteit namens ’n lid in die arbeidshof ’n saak gewen het. Die betrokke lid het op grond van haar ras nie vir ’n pos by Denel Dynamics in aanmerking gekom het nie. Ansie van Niekerk, wat as senior sekretaresse tussen 2009 en verlede jaar sewe keer in vastetermynkontrakte aangestel is, is daarna drie keer oor die hoof gesien vir ’n vaste aanstelling nadat sy 24 maande lank as kontrakwerker by Denel gewerk het. Regstellende aksie is telkens as rede aangegee waarom sy nie vas aangestel is nie. Regter André van Niekerk het beveel dat sy terugwerkend tot Februarie verlede jaar vas aangestel moet word. Boksburg Loononderhandelinge Die jaarlikse loononderhandelinge in die saagmeulesektor van die NBHP het die op 19 Julie 2012 ten einde geloop toe die vakbonde die werkgewer se aanbod aanvaar het. Die vakbonde het aanvanklik ’n algemene loonverhoging van 15% vir alle werknemers geëis. Die werkgewer se finale aanbod was ’n loonverhoging van 7%. Solidariteit het onlangs ook ’n loonooreenkoms met Barloworld Equipment Suid-Afrika gesluit. Die ooreenkoms behels dat alle graad 1- tot 9-werknemers, wat lede is van die erkende vakbond by die maatskappy, ’n algemene loonverhoging van 8% sal ontvang. Die ooreenkoms geld vanaf 1 Julie 2012 tot 30 Junie 2013. Ambagslui in Middelburg en Limpopo sal ook ’n skaarsheidstoelaag van R1 500 per maand ontvang, terwyl velddiensambagslui en toesighouers se selfoontoelae van R350 na R450 per maand verhoog sal word. Vaaldriehoek Loononderhandelinge Die vakbond het ’n loonaandbod van 7,5% in die nywerheidschemikalieësektor van die NBCCI aanvaar. Die ooreenkoms geld terugwerkend vanaf 1 Julie 2012 en sal tot en met 30 Junie 2013 van toepassing wees. Die aanbod is aanvaar na afloop van ’n mandateringsproses en ’n geskilronde wat op 16 en 17 Julie plaasgevind het. Die tweede ronde loononderhandelinge by DMS Powders het op 21 Junie plaasgevind. Tydens die onderhandelinge het die werkgewer sy finale aanbod aan die vakbonde voorgestel. As deel van sy aanbod wil die werkgewer onder meer ’n driejaar-ooreenkoms instel. Die ooreenkoms behels dat werknemers in 2012 ’n 8%-verhoging kry en in 2013 en 2014 VPI + 2%. Die werkgewer bied ook ander voordele, waaronder die moontlikheid van die aankoop van aandele en verhoogde verlofdae, aan. Solidariteit het ’n mandaat van sy lede ontvang om die aanbod te aanvaar. Solidariteit het op 19 Julie 2012 ’n loonooreenkoms met Gelita SA in Krugersdorp bereik. Die werkgewer se aanvanklike aanbod was ’n loonverhoging van 6% vanaf 1 Julie 2012 asook ’n verhoging van 1 % op 1 Januarie 2013 terugwerkend vanaf 1 Julie 2012. Solidariteit het die saak na die KVBA verwys, waarna die werkgewer sy aanbod na ’n 7%-verhoging verhoog het. Die vakbond en sy lede het ooreengekom om dié aanbod terugwerkend vanaf 1 Julie 2012 te aanvaar. Afleggings Solidariteit kon daarin slaag om nege van sy lede wat by die suidaanleg van Samancor in Meyerton werksaam is van moontlike afleggings te red. Die werkgewer wou sommige van die dienste by die suidaanleg afskaf en dit sou tot werksverlies gelei het. Secunda Loononderhandelinge Loononderhandelinge by Sasol Mynbou in Secunda het op 2 Julie ’n dooiepunt bereik. Solidariteit en die ander betrokke vakbonde eis ’n salarisverhoging van 9,3%. Daarteenoor bied die werkgewer ’n loonverhoging van 7% aan. Die vakbonde het dié aanbod van die hand gewys. Hulle het egter die werkgewer se aanbod om werknemers se skoftoelaag met 9,5% te verhoog, aanvaar. Solidariteit het die saak na die KVBA verwys. Bellville Afleggings Die vakbond kon daarin slaag om twee artikel 189A-kennisgewings, onderskeidelik by Siba Pac en Iso-Span, af te weer. Sewe lede sou deur die afleggings geraak gewees het. Solidariteit-dienskantore vuur en vlam besig met Doen Goed-projekte
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Stuur alle bydraes vir die DistriksFlits na cilleste@solidariteit.co.za |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[CONTENT]