![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Gesonde gesinne is die noodsaaklikste maar mees onderskatte bestanddeel van 'n gesonde land. Die laaste ruk het hierdie oortuiging by my opgekom toe ek weer 'n slag die Amerikaanse joernalis Robert Kaplan se boek, The Coming Anarchy, gelees het. Hierin beskryf hy hoedat swak gesinstrukture grootliks verantwoordelik is vir die hoë bevolkingsaanwas en die ontploffing van die vigspandemie in Afrika. Hy waarsku dat die gesamentlike voorkoms van vinnige bevolkingsgroei, snelle verstedeliking en omgewingskrisisse die samelewing totaal onstabiel kan maak en in gewelddadige kriminaliteit kan laat verval. Lees meer.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hoofkantoor Loononderhandelinge Die tweede ronde van vanjaar se loononderhandelinge in die nywerheidschemikalieësektor van die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) het op 31 Mei 2013 afgesluit. Die werkgewers se aanbod aan Solidariteit, Sacwu en Ceppwawu is 6,25%. Daarteenoor eis die vakbonde tans 'n verhoging van 10%. Giwusa eis egter steeds 'n verhoging van 12%. Die werkgewers se aanbod aan die laasgenoemde vakbond is steeds 5%. Die partye het, ingevolge die bepalings van die bedingingsraad, 'n geskil verklaar. Die geskilronde sal op 20 en 21 Junie 2013 plaasvind. Solidariteit het op 29 en 30 Mei weer met Telkom vergader in 'n laaste poging om die loongeskil by die telekommunikasiereus op te los. Tydens die vergadering het Telkom sy aanbod van 'n 1,5%-verhoging na 'n 6%-verhoging as deel van 'n driejaarooreenkoms verhoog. Die tweede en derde jaar van die ooreenkoms sal egter aan 'n differensiasiemodel gekoppel word. Diegene wat onder die 50ste persentiel van die markwaarde val, sal dus 'n persentasieverhoging op hul totalekostepakket vir jaar twee en drie ontvang. Hierteenoor sal diegene wat bo die 50ste persentiel val, tydens jaar twee en drie 'n eenmalige bedrag ontvang. Hulle sal dus 'n verhoging op hul totalekostepakket ontvang. Telkom se loonaanbod het aanvanklik ook 'n werksbeskermingklousule ingesluit wat behels dat daar geen gedwonge afleggings in die driejaartydperk wat die ooreenkoms geldig is, sal plaasvind nie. Telkom het egter op 4Junie 2013 hierdie klousule teruggetrek. Die saak sal nou by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) voortgesit word. Solidariteit het in die petroleumsektor 'n ooreenkoms ten opsigte van vanjaar se loonverhogings namens lede by Sasol Synfuels, Natref en PetroSA bereik. Die ooreenkoms sien soos volg daarna uit:
Met die huidige ekonomiese klimaat in ag genome, is Solidariteit van mening dat 'n verhoging gelykstaande aan VPI + 2% gunstig is. Loononderhandelinge met die Kamer van Mynwese sal in Junie 'n aanvang neem. Solidariteit het reeds sy mandaat van (ondermeer) 'n 10%-loonverhoging vir lede in die goudmynbedryf ingedien. Solidariteit sal op 11 Junie 2013 met sy verteenwoordigers by Netcare vergader om verskeie kwessies, waaronder die volgende, te bespreek:
Afleggings Cell C het onlangs aangedui dat daar 'n moontlikheid van afleggings in sy korporatiewe reis-afdeling is. Die vakbond verteenwoordig 150 lede by die maatskappy. Daar is in hierdie stadium geen verdere besonderhede oor die moontlike afleggings beskikbaar nie. Solidariteit verteenwoordig tans sy lede by die Universiteit van Pretoria tydens 'n posevalueringsproses by dié universiteit. Laasgenoemde is slegs op Solidariteit-lede van toepassing en spruit uit 'n vorige loonooreenkoms met die instansie. Pretoria Nakomingsbevel Solidariteit het in Mei aangedui dat hy 'n nakomingsbevel van R2,1 mijoen deur middel van die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) teen Aerosud suksesvol verkry het. Die werkgewer het aanvanklik arbitrasie beoog, maar het In Mei die MEIBC verwittig dat hulle Solidariteit se versoek om die nakomingsbevel oor vier maande af te betaal, sal nakom. Witbank Loononderhandelinge Solidariteit sal op 7 Junie 2013 met loononderhandelinge by Coal of Africa se Mooiplaats Myn begin. Die vakbond se huidige mandaat behels die volgende:
Die myn ontgin hoëgraadsteenkool vir die uitvoermark, maar verkoop ook plaaslik steenkool aan kragstasies. Loononderhandelinge tussen Solidariteit en Everest Highveld Steel en Columbus Stainless Steel onderskeidelik, sal in Junie 'n aanvang neem. Die vakbond verteenwoordig 150 lede by elk van die maatskappye en het reeds sy onderskeie mandate ingedien. Afleggings Daar is tans afleggingsprosesse onderweg by Cato Ridge ('n afdeling van Assmang), waar 60 werknemers (waarvan 5 Solidariteit-lede is) se poste in gedrang is en Everest Highveld Steel, waar 23 werknemers (waarvan 4 Solidariteit-lede is) se poste in gedrang is. Die werkgewer het egter vrywillige skeidingspakkette vir die werknemers aangebied. Die pakkette behels dat werknemers twee weke se salaris vir elke voltooide diensjaar sal ontvang, tesame met kennisgewinggelde gelykstaande aan agt weke se salaris. Sou werknemers nie die vrywillige skeidingspakkette aanvaar nie en daar gedwonge afleggings is, sal werknemers egter vergoeding gelykstaande aan een week se salaris ontvang. Die konsultasieproses sal weer in Junie voortgesit word. Boksburg Afleggings Die afleggingsproses by Bateman Engineering, 'n afdeling van Tenova Mining and Minerals in Edevale, is afgehandel. Ongeveer 29 werknemers en 2 Solidariteit-lede is deur die afleggings geraak. Een lid is in 'n alternatiewe pos geplaas terwyl die tweede lid afgelê is. Dié lid het egter 'n standaardpakket ontvang wat behels dat die lid een week se salaris vir elke voltooide diensjaar ontvang. Die lid ontvang ook pro rata verlof en vier weke se kennisgewing. Solidariteit kon egter ook namens die lid om addisionele vergoeding gelykstaande aan ses weke se salaris beding, wat by die standaard pakket gevoeg sal word. Solidariteit is op 14 Maart 2013 formeel van die afleggings in kennis gestel. Duro Pressings ondergaan tans 'n konsolidasieproses waardeur 46 werknemers geraak word. Die vakbond is tans besig om met die werkgewer te onderhandel ten einde alternatiewe vir sy lede te bespreek om sodoende afleggings af te weer. Solidariteit verteenwoordig 20 werknemers in die spesifieke afdeling wat tans gekonsolideer word. Die proses duur steeds voort en daar sal op 11 Junie 2013 'n opvolgvergadering plaasvind. Die afleggingsproses by DB Thermal in Nigel is afgehandel. Van die 12 werknemers wat deur die afleggings geraak is, is geen Solidariteit-lede afgedank nie. Loononderhandelinge Solidariteit het op 22 Mei 2013 ‘n loonooreenkoms van 7,5% met Iveco Suid-Afrika bereik. Dit volg na drie rondes van onderhandelinge en bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Dit kom nadat die vakbond vroeg in Mei 'n geskil met die maatskappy verklaar het omdat die maatskappy sedert verlede jaar nie loonverhogings konsekwent aan werknemers aangebied het nie. Die werkgewer wou aanvanklik vir werknemers op laer posvlakke, ongeag hul werksprestasie, 'n 7%- óf 8%-verhoging aanbied, terwyl die werknemers op hoër posvlakke, wat juis oor skaars vaardighede beskik, slegs 'n 6%-verhoging aangebied is. In sommige gevalle is dié werknemers 'n 2%-verhoging, of selfs geen loonverhoging nie, aangebied. Loononderhandelinge in die saagmeulbedryf het op 14 Mei 2013 in Kemptonpark 'n aanvang geneem. Die vakbonde eis tans 'n verhoging van 15% en 'n minimumsalaris van R6000 per maand (tans R1910 per maand). Die proses is nog onderweg. Loononderhandelinge tussen Solidariteit en Barloworld Equipment in Limpopo en Mpumalanga het einde Mei 'n aanvang geneem. Solidariteit sal eis dat die implementeringdatum reeds 1 Julie moet wees. Solidariteit sal in Julie met loononderhandelinge by Aluminium Suid-Afrika begin. Die vakbond het reeds sy mandaat by die werkgewer ingehandig. Die implementeringsdatum van die loonooreenkoms is 1 September 2013. Kathu Loononderhandelinge Solidariteit is sedert April 2013 in salarisonderhandelinge met die bestuur van die KLK Landbougennootskap gewikkel. In hierdie stadium bied die werkgewer die volgende prestasiegebaseerde loonverhogings aan:
Die gemiddelde verhoging wat die werkgewer in dié stadium aanbied, is 8,22%. Solidariteit is tans besig om 'n mandaat van sy lede te bekom en sal eersdaags weer met die werkgewer vergader. Skikkings Solidariteit het onlangs namens 'n lid wat onbillik ontslaan is, 'n skikking van R90000 bereik. Baie geluk! Afleggings TrenTyre in Kathu het onlangs aangedui dat hy 'n groot kontrak vir werk verloor het en gevolglik gedwing is om 23 werknemers af te lê. Sover word een lid deur die afleggings geraak. TrenTyre is een van die grootste motorbanddiensmaatskappye in die land. Tau Mining Consultants in Kathu het ook aangedui dat hulle 'n kontrak met BHP Billiton se Hotazel-myn verloor het. Gevolglik is 144 mense se poste in gedrang, waarvan 14 Solidariteit-lede is. NUM het reeds versoek dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) die proses verder moet hanteer. Port-Elizabeth Afleggings Solidariteit beraadslaag tans met die volgende maatskappye wat almal by die vervaardiging van motoronderdele betrokke is, ten opsigte van die afleggingsprosesse wat tans daar aan die gang is: Schnellecke Logistics: Die maatskappy wil 58 van sy 933 werknemers aflê. Vier konsultasiesessies het al plaasgevind, maar daar is egter nog geen eenstemmigheid oor die nodigheid van die afleggings nie. Daarbenewens was die werkgewer nie deursigtig oor die nodigheid van die afleggings nie. Solidariteit is tans nog besig om met die werkgewer te onderhandel, en sou die onderhandelings nie na wense verloop nie, sal Solidariteit die saak na die KVBA verwys. General Motors SA: Die maatskappy het 'n totaal van 1 918 werknemers in diens, waarvan 633 maandeliks besoldigde werknemers is. Die maatskappy beplan om slegs die laasgenoemde kategorie werkers te herstruktureer. Die werkgewer was aanvanklik van plan om 123 werknemers af te lê, waarvan 105 werknemers reeds vrywillige skeidingspakkette aanvaar het. Dus is 18 poste nog in gedrang, maar die werkgewer oorweeg tans alternatiewe vir diegene wat moontlik afgelê kan word. Spicer Axle South Africa: Die maatskappy het tans 357 werknemers in sy diens en beplan om van hierdie werknemers af te lê as gevolg van Toyota se besluit om 'n groot kontrak vir die vervaardiging van motoraste wat hulle met die maatskappy gesluit het, te kanseller. Die konsultasieproses sal in Junie, in samewerking met die KVBA, 'n aanvang neem. Formex Engineering: Die maatskappy is van plan om 40 van sy 279 werknemers af te lê. Laasgenoemde kom nadat die bestuur van die maatskappy besluit het om een van sy twee werkswinkels te sluit. Dit is nog onbekend hoeveel Solidariteit-lede deur die afleggings geraak gaan word. Die eerste konsultasie, waartydens Solidariteit addisionele inligting aangevra het sodat hy konstruktief aan die konsultasieproses kan deelneem, is reeds afgehandel. Skikkings Solidariteit het namens 'n lid by die GEA-ingenieursgroep in Port Elizabeth ‘n skikking gelykstaande aan R52028 bereik. Baie geluk! Solidariteit het namens 'n lid by East Cape Steam 'n beter skeidingspakket beding nadat die lid se dienskontrak verstryk het. Die lid het aanvanklik die minimum pakket plus R3 000 ex gratia van die werkgewer ontvang. Die lid se dienste het op 31 Mei 2013 geëindig, maar die lid sal tot en met 30 Junie 2013 betaling ontvang. Die lid het die pakket vrywillig aanvaar en is suksesvol deur Solidariteit bygestaan tydens die proses. Loononderhandelinge Loononderhandelinge tussen Solidariteit en verskeie maatskappye in die nuwemotorbandbedryf het einde April 'n aanvang geneem. Continental Tyre, Goodyear, Bridgestone/Firestone en Apollo Tyres (Dunlop) vorm almal deel van die onderhandelinge. Dié maatskappye bied tans 'n inflasieverwante verhoging aan, terwyl Solidariteit 'n loonverhoging van 14% eis. Daarbenewens eis Solidariteit ook die volgende:
Die partye het op 14 en 15 Mei 2013 vergader waartydens Solidariteit motivering vir sy mandaat aan die werkgewer voorgelê het. Die volgende kosultasie vind eersdaags plaas. Skikkings Solidariteit het namens 'n lid by Continental Tyre in Port-Elizabeth, wat onbillik deur die werkgewer ontslaan is, 'n skikkingsbedrag van R107700 bereik. Baie geluk! Pietersburg Loononderhandelinge Solidariteit is tans met loononderhandelinge by Consolidated Murchison-myn in Gravelotte besig. Die eerste ronde het reeds vroeg in Mei plaasgevind. Tydens dié ronde het Solidariteit 'n loonverhoging van 14% geëis. Hierteenoor het die werkgewer 'n loonverhoging van 2,5% aangebied. Die volgende ronde van onderhandelinge sal binnekort plaasvind. Klerksdorp Afleggings Die bestuur van Village Main Reef het in Mei die sluiting van sy Buffelsfontein-goudmyn naby Stilfontein in Noordwes aangekondig. Dit volg nadat die myn al 'n geruime tyd in 'n finansiële krisis gedompel is. Alle ondergrondse aktiwiteit is gevolglik by dié myn gestaak. Tans is sowat 2200 werknemers van die myn moontlik hul werk kwyt, waarvan 275 Solidariteit-lede is. Konsultasies met die werkgewer duur voort. Bloemfontein Loononderhandelinge Solidariteit sal vroeg in Junie met die bestuur van Koffiefontein-myn buite Kimberley, 'n afdeling van Petra Diamonds, oor lede se loonverhogings konsulteer. Solidariteit het reeds 'n mandaat vir 'n 10%-verhoging van sy lede ontvang. Die looneis sluit egter ook ander voordele in. Solidariteit verteenwoordig 100 lede by dié maatskappy. Richardsbaai Afleggings Daar is tans 'n artikel 189-afleggingsproses by SilvaCell, 'n afdeling van Mondi in Richardsbaai, onderweg. Aanvanklik was 18 lede se werk in gedrang, waarvan 10 reeds vrywillige skeidingspakkette aanvaar het en 6 in alternatiewe poste aangestel is. Slegs een lid is tot dusver deur 'n gedwonge aflegging geraak. Die proses, wat reeds in Maart 'n aanvang geneem het, duur voort. Rustenburg Loononderhandelinge Solidariteit het op Woensdag 22 Mei 2013 die eerste vergadering met die bestuur van Petra Diamonds-myn rakende vanjaar se loononderhandelinge gehad. Die volgende kwessies is bespreek en maak soos volg deel uit van lede se mandate:
Die maatskappy sal eersdaags met Solidariteit vergader waartydens die onderhandelinge formeel 'n aanvang sal neem.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Stuur alle bydraes vir die Distriksflits na inge.strydom@solidariteit.co.za |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[CONTENT]