Wie en wat is 'n Afrikaner?
Deur Flip Buys

Wat is 'n Afrikaner? Hierdie gelaaide vraag sê in die huidige politieke konteks dikwels meer oor die vraagsteller se politieke vooroordele as oor die antwoord. Die vraag is eintlik moeiliker as die antwoord. David Ben-Gurion het gesê die Jode is al 3 000 jaar lank Jode sónder 'n definisie. Volgens hom hóéf 'n volk nie gedefinieer te word nie, elkeen weet mos of hy of sy deel is of nie. As jy nog twyfel, is die maklikste miskien om vir enige nie-Afrikaner te vra wie nou eintlik een is!

Lees meer.


Hoofkantoor

Loononderhandelinge

Die geskilronde van vanjaar se loononderhandelinge in die nywerheidschemikalieësektor van die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) het op 21 Junie 2013 afgesluit. Die werkgewers se finale aanbod aan Solidariteit en Sacwu is 7,5%. Daarteenoor eis Ceppwawu en Giwusa steeds 'n verhoging van 10%. Die werkgewer se finale aanbod aan laasgenoemde twee vakbonde is slegs 6,5%. Solidariteit versoek nou 'n finale mandaat van sy lede ten einde 'n moontlike loonooreenkoms te bereik.

Die voorlopige vergaderings ten opsigte van vanjaar se loononderhandelinge met die Kamer van Mynwese sal op 11 Julie 2013 'n aanvang neem.  Solidariteit het reeds sy mandaat van (onder meer) 'n 10%-loonverhoging vir lede in die goudmynbedryf ingedien.

Solidariteit het op 4 Julie 2013 met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) oor die voortslepende loononderhandelinge met Telkom vergader. Telkom bied tans 'n driejarige ooreenkoms, wat 'n 6,5%-verhoging behels, aan. Daarteenoor eis Solidariteit 'n verhoging van 8,8%. Die vakbond is veral ontevrede oor sommige van die voorwaardes wat ten opsigte van jaar twee en drie van die voorgestelde ooreenkoms geld.

Witbank

Afleggings

Die afleggingsprosesse by Cato Ridge ('n afdeling van Assmang), waar 215 werkers afgelê sou word, is ná die eerste konsultasie met die werkgewer met 12 maande uitgestel.

Nelspruit

Loononderhandelinge

Solidariteit is tans in loononderhandelinge met die bestuur van die Manganese Metal Company gewikkel. Solidariteit eis 'n loonverhoging van 10% vir sy 60 lede by die maatskappy, terwyl die werkgewer tans 'n 3%-verhoging aanbied. Die tweede ronde van onderhandelinge het gedurende die eerste week van Julie plaasgevind. Die volgende ronde van onderhandelinge sal op 8 Julie 2013 plaasvind.

Boksburg

Afleggings

Duro Pressings gaan tans deur 'n konsolidasieproses waarvolgens 46 werknemers geraak word. Die vakbond is tans besig om met die werkgewer te onderhandel ten einde alternatiewe vir sy lede te bespreek om afleggings sodoende af te weer. Solidariteit verteenwoordig 20 werknemers in die betrokke afdeling wat tans gekonsolideer word. Die proses duur steeds voort.

Loononderhandelinge

Die onderhandelings in die saagmeul- en papier- en pulp-bedrywe het reeds geskilvlak bereik, terwyl dieselfde waarskynlik met die onderhandelings in die vesel- en partikelbedryf sal gebeur. Na verskeie konsultasies kon die partye steeds nie 'n ooreenkoms bereik nie. Die werkgewer bied tans 'n verhoging van 5% aan, terwyl georganiseerde arbeid 'n loonverhoging van 12,5% eis.

Solidariteit het in die eerste week van Julie met loononderhandelinge by BHP Billiton se alluminium-aanleg in Suid-Afrika begin. Die vakbond het reeds sy mandaat met die bestuur van die maatskappy bespreek en sal weer op 18 Julie die onderhandelings hervat. Die implementeringsdatum van die loonooreenskoms is 1 September 2013. Solidariteit verteenwoordig sowat 400 lede by die maatskappy.

Solidariteit het op 2 Julie 'n artikel 189-kennisgewing van die bestuur van DB Thermal in Nigel ontvang. Solidariteit sal op 9 Julie vir die eerste keer met die werkgewer vergader ten einde vas te stel of enige van sy 15 lede by die maatskappy deur die afleggingsproses geraak gaan word.

Pretoria

Loonooreenkomste

Solidariteit het onlangs die volgende loonooreenkomste met maatskappye in die Pretoria-omgewing bereik:

  • Die vakbond het onlangs daarin geslaag om 'n loonverhoging van 5% namens sy lede by Onderstepoort Biologiese Produkte te beding.
  • Solidariteit het in Junie namens sy lede 'n loonooreenkoms, wat 'n 5%-verhoging inhou, met die bestuur van Gelita SA bereik. Dit volg nadat die maatskappy aanvanklik aangedui het dat hy vanweë finansiële redes nie verhogings aan werknemers sal kan toestaan nie. Die vakbond verteenwoordig ongeveer 65 lede by die maatskappy.
  • Die vakbond het na twee rondes van onderhandelinge met die bestuur van die Mynwerkerspensioenfonds daarin geslaag om 'n loonverhoging van 7,8% namens sy 50 lede by dié maatskappy te beding.

Loononderhandelinge

  • Die laaste vergadering oor die geskil tussen Sasol Mynbou en die vakbonde oor vanjaar se loononderhandelinge het op 19 Junie op 'n dooiepunt uitgeloop. Die vakbonde eis tans 'n loonverhoging van 11%, terwyl die werkgewer 'n loonverhoging van 7% aanbied. Die onderskeie vakbonde het gevolglik 'n gesamentlike geskil met die werkgewer verklaar.

Vaaldriehoek

Skikkings

Solidariteit het onlangs die volgende skikkings namens lede in verskeie dele van die Vaaldriehoek bereik:

  • ArcelorMittal: Twee skikkingsooreenkomste van onderskeidelik R122 000 en R119 000 namens lede weens onbillike ontslag;
  • Robor (vervaardiger van staal en pype): 'n Skikkingsooreenkoms van R152 000 is namens 'n lid weens onbillike ontslag bereik;
  • Machine Tool Promotions: 'n Skikkingsooreenkoms van R31 942 is namens 'n lid weens onbillike ontslag bereik.

Baie geluk!

Loononderhandelinge

Solidariteit het die volgende loonooreenkomste in die Vaaldriehoek-omgewing namens sy lede bereik:

  • Samancor in Meyerton: 'n 8%-verhoging wat deel vorm van 'n tweejaarooreenkoms wat verlede jaar bereik is. Solidariteit verteenwoordig 183 lede by die maatskappy.
  • DMS Powders: 'n Verhoging van 7,9% is na een ronde namens 80 lede bereik.
  • Stimela Rail: Solidariteit het 'n loonverhoging van 10% namens sy drie lede by die maatskappy na slegs een ronde bereik.

Solidariteit is tans besig met loononderhandelinge by ArcelorMittal in Vanderbijlpark. Die derde ronde van onderhandelings, wat betrekking het op vyf verskillende posgraderings (H – L), is reeds afgehandel. Die werkgewer bied tans loonverhogings aan wat wissel van tussen 7% en 9,9%. Solidariteit het egter nog nie die aanbod aanvaar nie en sal dus weer verder met die werkgewer onderhandel. Die vakbond verteenwoordig 3 500 lede by die maatskappy.

Port Elizabeth

Afleggings

Die afleggingsproses by General Motors SA is afgehandel. Die maatskappy het 'n totaal van 1 918 werknemers in diens, waarvan 633 maandelikse, besoldigde werknemers is. Die werkgewer moes 123 werknemers aflê, maar daar is suksesvol om vrywillige skeidingspakkette vir al die betrokke werknemers beding.

Bellville

Loononderhandelinge

Solidariteit het onlangs 'n loonooreenkoms met die bestuur van Tronox, 'n internasionale maatskappy wat in die vervaardiging van titaanprodukte spesialiseer, bereik. Solidariteit-lede by die maatskappy sal voortaan 'n loonverhoging van 10% ontvang, terwyl hul bystandstoelaag ook met dieselfde persentasie verhoog sal word.

Die vakbond het onlangs 'n ooreenkoms met die bestuur van die Mediclinic in die Paarl bereik. Die ooreenkoms behels dat verpleegsters voortaan 'n gemiddelde verhoging van 8,3% sal ontvang. Die verhoging is egter 'n prestasiegebaseerde verhoging. Daarby sal administratiewe personeel 'n prestasiegebaseerde verhoging van 8,03% ontvang, terwyl hul bystand- en uitroeptoelaes ook met 6,5% verhoog sal word.

Klerksdorp

Afleggings

Solidariteit sal eersdaags sy maatskaplike plan aan die bestuur van Village Main Reef se  Buffelsfontein-goudmyn naby Stilfontein in Noordwes voorlê. Dit volg nadat die myn in Mei aangekondig het dat hy weens die finansiële krisis waarin die myn hom nou al 'n geruime tyd bevind, alle ondergrondse aktiwiteite moet staak. Nagenoeg 2 200 werknemers van die myn is gevolglik hul werk kwyt, waarvan 275 Solidariteit-lede is. Intussen het dit aan die lig gekom dat ongeveer 150 werknemers moet aanbly om die myn in stand te hou.

Afleggings

Shaft Sinkers, 'n konstruksiemaatskappy, het onlangs aangekondig dat hy van plan is om sy nasionale werkmag van 3 500 werknemers na 2 200 te verminder. Solidariteit het 'n erkenningsooreenkoms by die maatskappy se tak in Klerksdorp waar hy 80 lede verteenwoordig. Die vakbond sal eersdaags met die werkgewer vergader om die moontlikheid dat van sy lede deur die afleggings geraak gaan word, te bespreek.

Welkom

Afleggings

Sibanye Gold se Beatrix-Wes-myn in Virginia is, te midde van die finansiële krisis waarin die myn gedompel is, tans steeds in produksie. Die skag het in Junie 361 kg goud geproduseer. Nagenoeg 351 werknemers het reeds vrywillige skeidingspakkette aanvaar. 'n Beduidende groep werknemers het ook reeds aansoek om vervroegde pensioen gedoen. Daarby kan sowat 300 werknemers in alternatiewe poste by Sibanye in die Vrystaat aangestel word. Die hoeveelheid werknemers wat aanvanklik deur die sluiting van die myn geraak sou word, is dus aansienlik minder.

Die afleggingsproses by Star Diamonds (deel van Petra Diamonds) sal tot en met die middel van Julie voortduur, en sal na verwagting verleng word. Die myn se werkmag beloop tans 180, waarvan 30 geskoolde arbeiders en 150 gewone arbeiders is. In die stadium word 12 Solidariteit-lede deur die proses geraak. Solidariteit is egter nog besig om namens sy lede vir alternatiewe te onderhandel.

Harmonie-goudmyn in die Vrystaat het ook onlangs bekendgemaak dat die myn ongeveer 700 oortollige werknemers in alle kategorieë het. Die maatskappy bied egter die moontlikheid aan dat sommige werknemers kan aansoek doen om pakkette vir vroeë pensioen, terwyl alternatiewe poste ook aan ander personeel beskikbaar gestel sal word.

Rustenburg

Loononderhandelinge

Solidariteit het op 28 Junie 2013 die eerste ronde onderhandelings met die bestuur van Petra Diamonds se Helam-myn in vanjaar se loononderhandelinge gevoer. Die volgende kwessies is bespreek en maak deel uit van die mandate wat van lede ontvang is en wel soos volg:

  1. 'n Verhoging van 12% op die minimumloon;
  2. Dieselfde verhoging vir alle werknemers deur die bank;
  3. 'n Beter pensioenfonds vir werknemers – dit sluit in terugvoering vanaf die maatskappy en 'n voorlegging deur Sanlam;
  4. Breuktyd vir hysmasjienoperateurs tydens hul skofte;
  5. 'n Implementeringsdatum vir die Paterson-graderingstelsel;
  6. Vergoeding vir hysmasjienoperateurs vir oortyd, werk op Sondae en vervoerkoste aangegaan vir nagskofdiens;
  7. 'n Hersiening van die maatskappy se aftree-ouderdom;
  8. Toestemming om selfone tydens werktyd te gebruik weens 'n gebrek aan landlyne.

Salarisonderhandelinge tussen Solidariteit en Marlin Granite het op 20 Junie begin. Die maatskappy het weens sy swak finansiële posisie egter besluit om die onderhandelinge tot 22 Augustus 2013 uit te stel. Solidariteit eis tans 'n algehele verhoging van 10% op lede se totale kostepakket. Die maatskappy het onderneem om Solidariteit deurentyd van enige verwikkelinge op hoogte te hou, waarna die vakbond die verwikkelinge aan sy lede sal oordra. Solidariteit is egter positief oor die maatskappy se vooruitsigte vir die res van die jaar aangesien die maatskappy se aandeelhouers in Italië tans R40 miljoen genereer om die maatskappy die nodige finansiële inspuiting te gee.

Solidariteit het onlangs looneise van sy lede by M&R.C-Platinummyn ingedien en onderhandelings sal op 9 Julie 2013 'n aanvang neem. Die looneise bestaan uit substantiewe sowel as niesubstantiewe eise en 'n algemene verhoging van 12% word geëis.

Solidariteit het sy lede se looneise by die bestuur van die Aquarius-platinummyn in Rustenburg ingedien en loononderhandelinge sal eersdaags 'n aanvang neem. Solidariteit se looneis bestaan uit substantiewe en niesubstantiewe eise, asook 'n algemene verhoging wat gelykstaande is aan vanjaar se inflasiekoers volgens die verbruikersprysindeks (5,9%), plus 'n bykomende verhoging van 4%.

Afleggings

Die vakbond staan tans 'n werknemer van Sun City buite Rustenburg wat lid van Solidariteit, is en wat tans deur 'n aflegginsproses gaan, by. Die vakbond is nog besig om namens die lid om alternatiewe te onderhandel.

 

Akademia Sakeplankompetisie

Het jy ʼn idee wat jy graag in ʼn besigheid wil omskep, maar die uitdaging lyk net vir jou te groot? Het jy dalk reeds ʼn besigheid en jy wil hom graag uitbrei, maar die kennis van hoe om dit te doen en hoe om finansiering daarvoor te kry, is vir jou ʼn uitdaging?

Dan bied die Akademia Sakeplankompetisie vir jou ʼn antwoord. Skryf jou nuwe sake-idee of idee vir die uitbreiding van jou bestaande sakeonderneming in vir hierdie kompetisie, leer hoe om dit te omskryf in ʼn goed gestruktureerde sakeplan en staan boonop die kans om ʼn prys ter waarde van R135 000 te wen!

Vir meer inligting, klik op die banier hierbo, e-pos ons by sakeplan@akademia.ac.za of SMS die woord “sakeplan”, jou naam en van na 34933.

Akademia – waar werkendes in Afrikaans studeer!

 

Julie 2013

So.

Ma.

Di.

Wo.

Do.

Vry.

Sat.

1.

Marisa
Engelbrecht

2.

3.

4.


5.

Evelina
Mkabane

Christo
van Niekerk

6.

7.

Anke
Cloete

8.


9.

Lee
Coetzee

Paul
Joubert

Manie
Lourens

10.

 


11.

Marlindie
Booyens

Michelle
Saayman

12.

13.

Jahni
Cowley

14.

Nicole
Harmse

15.

Paulize
Horn

16.

Gideon
du Plessis


17.

18.

 

 

 

19.

Jan
du Plessis

20.


21.

22.

Hennie
de Wet

Hanlie Janse
van Vuuren

23.

Caroline
Oberholzer

24.

 

25.

Debbie
Bekker

Johan
Fernandes

Willie
Marais

26.

Kobus
Strydom

Petro
Watson

27.

Harry
Mole

Charity
Rasello

28.

 

29. 30.

31.

Marlize
van der Merwe

 

 

 

 

 

 

 

Leed

Ons wil graag ons innige meegevoel met die volgende personeellede en hul families betoon:

Mag die Here se liefde en genade almal wat geliefdes aan die dood afgestaan het of wat swaar kry deur hierdie tyd dra.

  • Roelf Pretorius van Sol-Tech is oorlede.
  • Christine Breedt se ouma is oorlede.
  • Hennie Nel van Sol-Tech se broer is oorlede.
  • Elize du Plooy en Annika Labuschagne se oupas is oorlede.
  • Antoinette Steyn van Kraal Uitgewers se skoonpa is oorlede.
  • Connie Badenhorst, organiseerder in die KCP-bedryf, was in ʼn motorongeluk en herstel van ʼn rugbesering. Sy is reeds terug by die werk. Haar oupa is ook intussen oorlede.
  • Schalk de Bruin, organiseerder in die KCP-bedryf, het ʼn rugoperasie ondergaan.
  • Johan Boning van die BGV-afdeling se vrou het ’n operasie ondergaan.
  • Talishia Brand van Kraal Uitgewers het haar arm gebreek voor haar eksamens. Sy skryf gelukkig met haar ander hand!
  • Marisa Engelbrecht se seuntjie is geopereer en ons dink aan hulle terwyl hy aansterk.
  • Sue-Ann de Wet het ʼn operasie ondergaan en sterk tans by die huis aan.
  • Willie Marais, organiseerder in die MLMS-bedryf, het ʼn galblaasoperasie ondergaan en sterk tans by die huis aan.
  • Neels Rabe van IT se oupa was in ʼn motorongeluk.
  • Ons dink ook aan Anke Cloete van die Pretoria-dienskantoor wie se pa oorlede is.
  • Manie Lourens, organiseerder in die Mynbou-, Landbou-, Medies-, en Sementberdyf, se pa is oorlede.
  • Piet Veldtman, organiseerder in die Metaal- en Ingenieursbedryf, se seun is oorlede.
  • Riana Greyvensteyn, ontvangsdame by hoofkantoor, se kleinseun is op die ouderdom van twee maande oorlede.

Lief

Baie geluk aan die volgende personeellede:

  • Caroline Oberholzer van Regsdienste is verloof.
  • Tania Pienaar by Helpende Hand is verloof.
  • Adele Venter by Akademia verwag ʼn baba
  • Joey Lotter by Helpende Hand verwag ʼn baba.
  • Adri van Dyk van die kommunikasie-afdeling is ʼn kleinseun ryker.
  • Esti Bester van die dienssentrum se seun, Etienne, is op 2 Mei gebore.
  • Judy Prinsloo se dogter, Kaylie, is op 3 Mei gebore.
  • Dit gaan goed met Ria Jacobs na haar heupvervanging.
  • Anesta van Eeden, taalpraktisyn in die kommunikasie-afdeling, is swanger.
  • Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers is ook swanger.


Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter


Klik op een van die skakels hieronder en bly op hoogte van die nuutste gebeure by Solidariteit:

Stuur alle bydraes vir die Distriksflits na inge.strydom@solidariteit.co.za
Besoek die Solidariteit webblad

[CONTENT]