 
|
Oktober 2016 |
Topverkopers – kry joune vandag!
Bederf jouself ʼn slag met een van Kraal Uitgewers se gewildste boeke en produkte. |
Begrond
Deur Dirk Hermann
Prys: R130 (posgeld uitgesluit)

’n Plaasmoord ruk ’n gemeenskap en familie tot stilstand. Die jong Faan Venter keer terug na sy oupa se plaas en dit krap wonde oop, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.
Koop hier! |
Kruispaaie: Afrikanerkeuses
in die 19de en 20ste eeu
Deur Leopold Scholtz
Prys: R230 (posgeld uitgesluit)

Die Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ʼn sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil om oorlewing sou beklemtoon.
Koop hier! |
Mafekeng-pad
Deur Herman Charles Bosman
Illustrasies deur Fred Mouton
Prys: R110 (posgeld uitgesluit)

Hier kom Herman Charles Bosman se bekende Mafeking Road soos wat jy hom nog nooit vantevore gesien het nie – in Afrikaans én met treffende illustrasies deur die “Rembrandt van Suid-Afrikaanse spotprenttekenaars,” Fred Mouton.
Koop hier! |
|



|
Maak gereed vir ʼn opwindende 2017 met dié dagboek
Hoe lyk jou dagboek? Is daar net hier en daar ʼn vergadering aangeteken saam met ʼn paar sketse wat getuig van ʼn vervelige vergadering waaruit jy net wou ontsnap? Vertel dit enigsins van al die borrelende idees en inspirerende planne waarmee jy in jou kop rondloop?
Indien jou dagboek die gewone, vervelige trekke van die meeste ander dagboeke toon, is jou dagboek só laasjaar en benodig jy Kraal Uitgewers se nuwe VANDAG-aktiwiteitsdagboek vir 2017.
Lees verder. Klik hier.
|



|
Koos én Nonnie de la Rey – twee boeke, een spesiale prys
Koos de la Rey, die legendariese Leeu van die Wes-Transvaal, en sy eggenote, Nonnie de la Rey, het albei uitsonderlike lewensverhale: Koos, as Boeregeneraal wat veral gedurende die Anglo-Boereoorlog as dappere leier na vore getree het, en Nonnie, as pioniersvrou en moeder wat vir agtien maande lank gedurende dieselfde oorlog met haar kinders in die veld rondgeswerf het. Albei se biografieë is by Kraal Uitgewers beskikbaar en is nou teen ʼn spesiale prys as ʼn pakket beskikbaar. De la Rey: ʼn Stryd vir vryheid (die derde boek in Kraal Uitgewers se gewilde Erwe van ons vaad’re-reeks) en Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 is beskikbaar teen slegs R500 (posgeld uitgesluit). Bestel jou pakket hier (of indien jy die boeke afsonderlik wil bestel, klik hier vir De la Rey: ʼn Stryd vir vryheid of hier vir Nonnie de la Rey.
|

 |

|

|
Generaal Beyers nou ook deel van nuwe driemanskap
Eers was daar generaal Koos de la Rey, daarna generaal Christiaan de Wet en nou is Kraal Uitgewers se driemanskap van generaals volledig met die koms van die generaal Christiaan Beyers-koffiebeker. Nou kan jy jou koffie in die geselskap van drie van die grootste name in die Afrikanergeskiedenis geniet met die De la Rey-, De Wet- en Beyers-koffiebekers. Beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R60 elk (posgeld uitgesluit). Klik hier om jou bestelling te plaas of hier vir meer inligting oor dié legendariese man.
|

|
Die wonder van ʼn nuwe taal in Afrika
Die geskiedenis van die soetste taal, Afrikaans, en die mense wat haar praat is nou beskikbaar op ʼn dubbel-DVD. Verskeie taalkenners, skrywers en joernaliste praat oor die ontstaan en prestasies van dié taal. Ondersoek word ingestel na die eerste Afrikaanse publikasies, radiostasies en selfs die eerste briewe wat in Afrikaans geskryf is. Met teks deur prof. Jaap Steyn en prof. Hermann Giliomee as eindredakteur is dié DVD-stel ʼn indrukwekkende minireeks. Prys: R190 (posgeld uitgesluit) Klik hier om joune te bestel.
Die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
Die uitmergelende oorlog, wat vanaf 1899 tot 1902 tussen die twee Boererepublieke en die magtigste ryk in die wêreld gewoed het, het die geskiedenis van Suid-Afrika onherroeplik verander. Herontdek die verloop van dié oorlog wat onder meer tot die verwoesting van die republieke en die dood van meer as 27 000 Boerevroue en -kinders gelei het. Teks en aanbieding word gedoen deur prof. Fransjohan Pretorius met die medewerking van talle ander prominente ABO-historici, insluitend proff. Andries Raath, André Wessels, Hermann Giliomee en dr. Jackie Grobler. Prys: R150 (posgeld uitgesluit). Klik hier om jou bestelling te plaas.
Treurgrond: Die rolprent
Treurgrond vertel die pynlike verhaal van ’n plaasgemeenskap in Suid-Afrika wat probeer om te oorleef ten spyte van bykans daaglikse aanvalle op boere. Hierdie aanvalle hou boonop nie net gevolge in vir die mense wat direk daardeur geraak word nie, maar het ook ʼn kettingreaksie wat verskeie ander mense raak, tot gevolg. Te midde van druk probeer die boer Lukas van Staden (gespeel deur Steve Hofmeyr) sy familie, vriende en plaas beskerm. Treurgrond bring die speeltalent van verskeie van die grootste name in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf (insluitend Steve Hofmeyr, Shaleen Surtie-Richards en Jana Strydom) byeen om dié verhaal tot in die hart van kykers te bring. Klik hier om jou bestelling te plaas.
|

|
Reis saam na die Krugerwildtuin
Die jaar staan einde se kant toe en te midde van die laaste spertye, stres en werkslading is dit dalk nie moontlik om self jou tasse te pak en die rustigheid van die natuur te gaan opsoek nie. Ruim daarom tyd in om saam met André Christof op sy reise deur die Krugerwildtuin te ontspan. Twee publikasies uit sy pen is tans by Kraal Uitgewers beskikbaar, naamlik Op vlerke in die Krugerwildtuin (R220*) en die opvolg daarop Op vlerke: Roep van die visarend (R230*). In dié boeke maak die leser onder meer kennis met bobbejaanstreke langs die Vurhamirivier, leeuromanse, buffels in Onder-Sabie, suikerbekkies in die Mopani-kamp en talle ander wildtuin-episodes. Elke verhaal getuig van Christof se fyn aanvoeling vir die natuur en elke beweging, geluid en kyk van die Krugerwildtuin se diereryk. *Prys sluit posgeld uit. |

 |
Kontak ons |
Telefoonnommers:
012-644-4329 |
Faksnommer:
086-714-1100 |
Besoek ons kantore:
H/v DF Malanlaan & Uniestraat
Kloofsig
Centurion |
Stuur per slakkepos:
Kraal Uitgewers,
Posbus 11760,
Centurion, 0046 |
E-posadres:
ilze@kraaluitgewers.co.za
Besoek ons webblad. |
|
|