Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.
|
Wat kan jy doen met R2,50 per dag? |
||||||
Deur Moira-Marie Kloppers In ʼn era waarin mense hulle munte een en selfs twee keer moet omdraai, tel elke sent. Maar wat van R2,50? Wat kan jy met daardie paar munte in jou beursie koop? Of meer nog, wat van werklike waarde kan jy met R2,50 koop? Die antwoord is eenvoudig – Solidariteit-lidmaatskap! Dis reg, lidmaatskap by Solidariteit beloop slegs sowat R2,50 per dag. Solidariteit-lidmaatskap is steeds die beste manier om jou ware gemoedsrus te gee dat jou inkomste beskerm is. Solidariteit is as’t ware jou eenstop-tuiste vir werksversekering en soveel meer. Lidmaatskap by Solidariteit bied aan jou ʼn wêreld van geleenthede met opwindende voordele, soos gratis hulp met arbeidsregsake, bystand met arbeidsondersoeke, kollektiewe bedinging, ʼn begrafnisplan, ʼn bevallings- en siektevoordeel en vele meer. Dit alles is beskikbaar aan lede teen slegs sowat R2,50 per dag (oftewel R75 per maand vir kollektiewe lede en R77 per maand vir individuele lede). Sluit vandag nog aan by Solidariteit. Klik hier.
|
||||||
Bogemiddelde vaardighede móét bogemiddeld vergoed word – Solidariteit |
||||||
Deur Moira-Marie Kloppers Die vakbond Solidariteit het onlangs ʼn nuwe graderings- en vergoedingsmodel by Sasol, wat bevordering volgens meriete sal verseker, verwelkom, maar gewaarsku dat die nuwe salarisskale wat deel uitmaak van die vergoedingsmodel, op ʼn salarisverlaging vir meer as 6 200 Sasol-werknemers sal neerkom. Die vakbond hou vol dat dié salarisskale sal veroorsaak dat Sasol-werknemers, wat oor bogemiddelde vaardighede beskik, met gemiddelde salarisse vergoed word.
|
||||||
Moontlike verlaging in Desember se petrolprys | ||||||
Deur Cilleste van der Walt Die vooruitsig vir dalende petrolpryse in Desember lyk tot dusver gunstig, met ʼn moontlike daling van minstens 22 sent per liter, terwyl dieselpryse die hoogte kan inskiet met ʼn styging van 36 sent. Dit is volgens die jongste syfers van die departement van energie.
|
||||||
Slegte gewoontes wat jou jou werk kan kos |
||||||
Deur Grietjie Swanepoel Kenners stem saam dat werkgewers in die huidige indiensnemingsklimaat swak gedrag al hoe minder duld - en jou swak gedrag kan hulle ammunisie wees om jou af te dank. Werkgewers kan deesdae kieskeurig wees, omdat so baie mense werkloos is en die geleentheid om te werk sal aangryp. Vermy die volgende slegte gewoontes:
|
||||||
BESTEL ONS WAS DAAR | ||||||
“Genl. Jannie Geldenhuys neem in hierdie boek die geskiedenis van die Grensoorlog terug. Saam met ander generaals, offisiere en gewone troepe, word talle mites en propagandastories oor die oorlog weerlê. “Die boek bring ook hulde en gee erkenning aan elkeen wat in die oorlog geveg het en laat die lig weer op die destydse Suid-Afrikaanse Weermag se uitsonderlike millitêre vermoë val. As jy hierdie boek klaar gelees het, sal jy weet waarom die SAW die oorlog gewen het!” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoeren de hoof van Solidariteit. Ons was daar bestaan uit 900 bladsye, verdeel in 93 kort hoofstukke en geskryf deur 62 skrywers. Bestel jou kopie vandag nog! Ons was daar kos R350 per eksemplaar (R50 posgeld uitgesluit). Om te bestel, SMS die woord “Grens” na 34388 (elke SMS kos R2), skakel 012 644 4363, stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za of stuur ’n faks na 012 664 1102.
|
||||||
Ons was daar – ʼn Vuurwarm debat ʼn Warm debat is tans aan die gang oor die boek Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika. Dié boek wat deur genl. Jannie Geldenhuys saamgestel is, is onlangs deur Kraal-Uitgewers uitgegee. Klik hier om meer inligting oor die boek te lees. ʼn Debat het aanvanklik in Beeld begin, en word nou op Dié Groot Debat op Maroela Media voortgesit. Om dit vir jou maklik te maak om die debat te volg, kan jy hier klik om ʼn uiteensetting van die bydraes soos dit ontvang is, te lees. Die moord op Chanelle Henning: só verloop gebeure
Die moord op die 26-jarige Chanelle Henning het die land se verbeelding aangegryp en die verloop van die gebeure verloop soos die draaiboek van ʼn rolprent. Volg die hele verhaal – net op Maroela! Klik hier om die artikels stuksgewys te lees. Niklaas van Rensburg: Die Siener “In verband met Engeland se krediet by Amerika teken Anna in daardie tyd op: “Die varke hardloop oor ’n damwal. Die dam is vol [massas geld in Amerika, volgens die Siener]. As ons weer sien, is die dam leeg. Die vloerklippe maak die dam vol [Amerika se staatskas is vol skuldbewyse, volgens die Siener].” Niklaas van Rensburg: Die Siener is Maroela Media se boek van die maand. Kom lees ʼn paar uittreksels uit die boek hier en hier en lees meer oor die boek hier. Help kies Suid-Afrika se sewe natuurwonders!
Help ons om SA se sewe natuurwonders aan te wys! Is een van Suid-Afrika se sewe natuurwonders in jou omgewing? Of het jy al daar gekuier? Dis nou jou kans om Maroela Media te help om op ʼn informele manier Suid-Afrika se sewe natuurwonders te kies. Nomineer die natuurverskynsel of gebied wat jy meen op die plaaslike lysie hoort! Kom skryf op Maroela Media se Facebook-bladsy, of lewer kommentaar onderaan die artikel op Maroela. Oor ʼn week of wat sal jy die geleentheid hê om vir die finaliste te stem!
Kuier saam op Maroela Media! Wil jy 'n stuiwer in die armbeurs gooi? Wil jy ook 'n stem in die kapittel hê?
|
||||||
Afrika se grootste soninstallasie op ‘n dak - Dube TradePort Afrika se grootste fotovoltaïese (PV) stelsel, op die dak gemonteer, sal eersdaags deel uitmaak van die Dube TradePort net noord van Durban in KwaZulu-Natal, en sal 600 kWp (600 kilowatt-piek) lewer. Netcare maak reg vir NGV Netcare se geriewe vir primêre gesondheidsorg is sodanig dat dit hom tot dusver in ‘n beter posisie plaas as sy eweknieë. Dit kan dus ʼn beter bydrae lewer tot nasionale gesondheidsorg.
|
||||||
Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
|
||||||
Lindie vertel elke Maandag stories van hoop. By Solidariteit se maatskaplike inisiatief, Solidariteit Helpende Hand is ons nie net téén dinge soos kindermishandeling, armoede en nood nie. Ons is vír praktiese oplossings vir hierdie probleme. Vír liefde en hande vat. Luister na:
|
||||||
Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter |
||||||
|
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub |
Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.
|
Solidariteit Fietsryklub |
Trap-trap saam met die Solidariteit Fietsryklub Vir meer inligting besoek die Klub se blad op Facebook, volg die tweets op Twitter by solfiets@twitter.com, stuur ʼn e-pos na solfiets@gmail.com of mariusc@solidariteit.co.za of skakel 083 454 6018.
|
Atterbury Teater |
Hoogtepunte by die Atterbury Teater
Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.
|
Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif se nuutste weergawe.
|
Onsekere tye vir finansiële adviseurs? Nie met Solidariteit aan jou sy nie! |
Deur Cilleste van der Walt Wat doen Solidariteit vir jou?
Wat kan jy doen?
|
Saamstaan help armoede keer |
Deur Ingrid Scholtz “Beste meester de Bruyn: Vanoggend het ek nie vir Jan skool toe gestuur nie. Hy loop kaalvoet rond en ek het nie onderklere nie. Ek moes al voedselkaarte verkoop om klere aan te skaf vir Bert en Coba. Ek weet u hou nie daarvan nie, maar watter ma kan met hierdie paar sente haar huishouding bestuur?” Hierdie brief is in 1946 deur ’n wanhopige Nederlandse ma geskryf. Sy het in die Schilderswijk gewoon, ’n groot agterbuurt in Den Haag. Die brief was gerig aan meester de Bruin, ’n man wat sy hele lewe daaraan gewy het om armoede en agterstand op te hef. Oor hom en die jeugklub wat hy opgerig het, het onlangs ’n boek verskyn.
|
Waarom is Sasol se brandstof nie goedkoper nie? |
Deur Paul Joubert Talle Suid-Afrikaners is dikwels ontevrede daarmee dat die voertuigbrandstof wat Sasol uit steenkool en gas vervaardig, nie goedkoper is as die res van die brandstof wat uit ingevoerde ruolie vervaardig word nie. Sasol – eintlik Sasol se aandeelhouers – word erg daarvoor kwalik geneem dat hulle voordeel daaruit trek. Daar is twee redes waarom Sasol se brandstof nie goedkoper is as ander brandstof nie, ondanks die feit dat Sasol se insetkoste per liter brandstof volgens alle aanduidings tans veel laer is as dié van maatskappye soos Shell, BP, Engen, Caltex en Total wat ingevoerde ruolie raffineer of klaarvervaardigde brandstof invoer.
|
Deur Ilze Nieuwoudt Duitsland: Die Europese Unie het vandeesweek Duitsland en Pole as die Unie se grootste besoedelaars aangewys. Die Europese Omgewingsagentskap het hierdie bevindinge gebaseer op data vir ʼn studie oor onder meer koolstofdioksiedbesoedeling wat in 2009 ingesamel is. Luidens die studie is die meeste van die besoedeling te wyte aan groot kragstasies, raffinaderye en staalwere. Japan: ʼn Aardbewing wat 6 op die Richterskaal gemeet het, het vandeesweek weer die Fukushima-provinsie in Japan getref. Die streek is in Maart vanjaar deur ʼn verwoestende aardbewing en daaropvolgende tsoenami getref. Daar is luidens mediaberigte geen werklike skade deur vandeesweek se aardbewing aangerig nie. Die aardbewing het omstreeks 04:30 plaasgevind en die episentrum was sowat 30 km onder die seebedding. Volgens amptenare van die nou berugte Fukushima Daiichi-kernkragstasie is geen probleme by die kragstasie vanweë die jongste voorval aangemeld nie. Die aardbewing is egter tot sover as Tokyo, sowat 260 km verder, gevoel. Libië: Die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, het vandeesweek die VN se steun aan die tussentydse regering in Libië toegesê. Die regering wat onder leiding van eerste minister Adbel Rahim al-Keib staan en die inwoners van Libië sal deur die VN bygestaan word, het Ban gesê. Die doel van die bystand is hoofsaaklik om te help toesien dat vrede en vooruitgang in Libië bewerkstellig word. Die bystand aan Libië, wat oorspronklik aan die einde van die jaar sou verstryk, is intussen vir ʼn verdere drie maande verleng. Volgens Ban het Libië op die langer termyn internasionale bystand nodig.
|
Deur Phil Davel Vraag: Antwoord: Indien die werknemer minder as R172 000 per jaar verdien en nie in ʼn bestuursposisie is nie, is hy of sy op oortydbetaling geregtig. Indien die werknemer in ʼn bestuursposisie is of meer as R172 000 per jaar verdien, moet daar na die persoon se dienskontrak gekyk word om te bepaal of hy of sy op oortydbetaling geregtig is.
|
AfriForum gereed vir Konstitusionele hofaansoek teen GeheimhoudingswetAfriForum se regspan is gereed om die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting in die Konstitusionele Hof ongeldig te laat verklaar, sou dié wetsontwerp hierdie week in die parlement ingestem word. In die lig hiervan het AfriForum opnuut ’n beroep op die staatspresident gedoen om ingevolge artikel 84(2)(c) van die Grondwet, die wetsontwerp na die Konstitusionele Hof te verwys vir ’n bevel oor die grondwetlikheid daarvan, voordat dit as wetgewing afgedwing word.
|
Bok van Blerk en Liani May onthou eerste skooldag tydens Skooltassieprojek Die gewilde sangers Bok van Blerk en Liani May se eerste fliek saam, Platteland, begin Vrydag landswyd in teaters wys.Dié fliek is beide se eerste verskyning in hoofrolle onder regie van Sean Else, wat ook hierdie sangers hulle eerste kans op roem gegee het nadat hy hulle “ontdek” het. Bok – bekend om liedjies wat die Afrikaner-hart aangryp – het tydens ʼn besoek aan die Laerskool Generaal Nicolaas Smit in Claremont in die weste van Pretoria onthou hoe hy aangedring het op ʼn BMX-skooltas vir sy eerste skooldag.
|
Deur Grietjie Swanepoel Ridder: Vandeesweek se ridder is Randall Abrahams wat onlangs aangewys is as die nuwe uitvoerende hoof van die MTN Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Samas). Rampokker: Vandeesweek se rampokker is die omstrede Nieu-Seelandse rugbyskeidsregter Bryce Lawrence wat sê hy sal nie die fluitjie in ʼn wedstryd in Suid-Afrika hanteer as hy bedreig voel nie.
|
|
|
[CONTENT]