Soldeer Nr. 471 |
|---|
H/v D F Malanstraat & Eendrachtstraat Kloofsig |
Posbus 11760 |
Telefoonnommers: |
Faksnommer: |
|---|
HOOFSTORIE |
Mango |
Lindie: wag nog vir inhoud!!! Stuur sodra ek dit ontvang... Los spasie oop :-) By Bedryfsbrokkies kom daar ook nog 'n storie by wat ons nog nie het nie.
|
Solidariteit-lidmaatskap – die eenvoudige manier om jou inkomste te verseker |
Deur Ilze Nieuwoudt Wat koop jy met jou salaris? Het jy al mooi oor die waarde van jou maandelikse inkomste besin? En besef jy dat vakbondlidmaatskap die eenvoudigste en bekostigbaarste manier is om jou inkomste as’t ware te verseker? Met die betroubare diens wat Solidariteit tans aan meer as 100 000 lede in alle beroepsvelde bied, het Solidariteit die passie en kennis om na die belange van lede om te sien en te verseker dat lede se regte in die werkplek beskerm word. Om dit eenvoudig te stel: Solidariteit maak seker dat sy lede al die nodige bystand en ondersteuning kry om hul werk en dus hul inkomste te beskerm. Is jou inkomste al beskerm by Solidariteit? Teen slegs R75 per maand vir kollektiewe lede en R77 per maand vir individuele lede kry lede die volledige beskerming van Solidariteit. Gestel ene mnr. Le Roux behoort aan Solidariteit. Hy is ʼn individuele lid wat by ʼn klein maatskappy werk. Hy betaal lidmaatskap van slegs R77 per maand. Hy verdien ná belasting R10 000 per maand. Hiermee dek mnr. Le Roux die volgende uitgawes: Behuising: R3 500 Met hierdie stywe begroting het mnr. Le Roux reeds ʼn geruime tyd gelede besef dat hy sy salaris moet beskerm. Daarom het hy, soos duisende ander, by Solidariteit aangeklop om werksbeskerming te kry. Kan jy bekostig om dit nie te doen nie? Sluit vandag nog aan by Solidariteit. Klik hier.
|
Regstellende aksie: Solidariteit beskuldig |
Deur Moira-Marie Kloppers Die vakbond Solidariteit het die Tshwane-munisipaliteit vandeesweek van minagting van die hof beskuldig, nadat die munisipaliteit sonder rede ʼn werksonderhoud met die Solidariteit-lid, Marco de Sampaio, gekanselleer het. Dié onderhoud moes ingevolge ʼn bevel van die arbeidshof voor die einde van November gehou word en sou Woensdagoggend plaasvind. Dit is egter sonder enige rede gekanselleer sonder om dit te herskeduleer. Solidariteit het vroeër vandeesmaand ʼn oorwinning namens De Sampaio teen die Tshwane-munisipaliteit oor die onbillike toepassing van regstellende aksie beklink. Ingevolge die hofbevel, wat ná ʼn skikking tussen die partye gegee is, mag gelyke indiensneming nie as ʼn kriterium vir die vul van die pos waarvoor De Sampaio aansoek gedoen het, gebruik word nie. Die hof het ook beveel dat De Sampaio op die kortlys vir die vakante pos geplaas en vir ʼn onderhoud genooi moet word. Die kandidate se ondervinding, kwalifikasies en bevoegdheid is die enigste kriteria wat in ag geneem mag word. Daarbenewens het die munisipaliteit ingestem dat die pos nie langer vakant gelaat sal word nie en daar dus ʼn aanstelling ná die onderhoude gemaak sal word. Die munisipaliteit het verder ingestem dat indien De Sampaio uiteindelik nie in die pos aangestel word nie, hulle skriftelike redes hiervoor aan Solidariteit sal voorsien. “Die onderhoud sou vanoggend plaasvind, maar De Sampaio is op kort kennisgewing ingelig dat dit gekanselleer is. Die munisipaliteit het geen redes vir die kansellasie verskaf nie,” verduidelik Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se arbeidshofafdeling. Die vakbond het reeds ʼn skriftelike verduideliking vir vandag se gebeure van die munisipaliteit gevra, maar hou vol dat dié optrede op minagting van die hof neerkom. De Sampaio het in September vanjaar vir die vierde keer aansoek gedoen vir die pos van adjunkdirekteur van stelselontwikkeling in die departement van water en sanitasie by die munisipaliteit. Hy neem reeds die afgelope drie jaar in dié pos waar. Hy is egter elke keer, weens die onbillike toepassing van regstellende aksie, nie oorweeg nie en die pos is vakant gelaat.
|
Suid-Afrika se suksesvolste bemagtigingsprogram betaal R2,6 miljard aan werknemers |
Deur Ilze Nieuwoudt Werknemers van Kumba Iron Ore het vandeesweek ʼn vroeë Kersgeskenk gekry met die uitbetaling van R2,665 miljard aan die maatskappy se nagenoeg 6 200 werknemers as deel van sy werknemersaandeleskema, Envision. Die skema kom neer op die uitbetaling van nagenoeg R345 000 per werknemer na belasting (afhangende van die tydperk diens by die maatskappy.) Volgens Louis Pretorius, nasionale organiseerder in Solidariteit se mynbedryf, het Envision homself bewys as een van die suksesvolste programme van sy soort in die land. Hy skryf die sukses veral toe aan die noemenswaardige styging in Kumba se aandeleprys sedert die program vyf jaar gelede ingestel is. Hy het verder beklemtoon dat die werknemers se produktiwiteit en lojaliteit en die maatskappy se bestuur die belangrikste redes vir Kumba se sukses is. “Solidariteit hoop dat die suksesvolle program werknemers sal aanmoedig om hul lojale diens by Kumba voort te sit,” het Pretorius tydens vandeesweek se aankondiging oor die uitbetaling gesê.
|
MY WERK Gewoontes van hoogs produktiewe mense |
Deur Grietjie Swanepoel Klink dit bekend? Terwyl jou kollegas elke dag ‘n tydjie afvat om saam ʼn koppie koffie te drink, is jy skaars in staat om jou foon te beantwoord. Terwyl hulle lekker iewers sit en middagete geniet, sit jy nog steeds agter jou lessenaar en sluk gou jou kos af. Maar hier is goeie nuus! Hierdie oënskynlike verskil tussen jou en jou kollegas beteken nie noodwendig dat jy ʼn groter werklading het of dat jy harder as die res werk nie. Dit beteken waarskynlik eerder dat hulle sekere tydbesparingsvaardighede en -gewoontes aangeleer het wat jy nog nie bemeester het nie. Daarom is dit raadsaam om onder meer te leer om jou werk te prioritiseer. Jy moet leer om die werk te identifiseer wat nie meer soveel verg as wat jy tans daaraan gee nie. 1. Sorg dat jy ʼn tydjie afvat 2. Begin die dag reg 3. Eet reg
|
BESTEL ONS WAS DAAR |
|
BEDRYFSBROKKIES |
Solidariteit-lede wen by Barloworld Equipment Oorwinning! Dit is wat Solidariteit-lede by Barloworld Equipment behaal het met die ondertekening van vanjaar se loonooreenkoms vroeg in November. Ingevolge die ooreenkoms het Solidariteit-lede van die maatskappy wat werksaam is in Middelburg, Limpopo en omliggende gebiede ʼn loonverhoging van 9,5% ontvang. Die verhoging is boonop terugwerkend vanaf 1 Julie vanjaar ingestel. Die ooreenkoms geld van 1 Julie vanjaar tot 30 Junie 2012. Die maatskappy en Solidariteit het intussen ook ooreengekom dat die onderhandelinge vir aanstaande jaar se loonverhogings reeds in April sal begin. Barloworld Equipment is nie net die enigste verkoper van Caterpillar-masjinerie in Afrika nie, maar word ook beskou as een van die grootste rolspelers in die bedryf in Afrika. Solidariteit beklink reuse-loonsukses by Vergenoeg-myn Die vakbond Solidariteit het vroeër vandeesmaand ʼn reuse-loonsukses by die Vergenoeg-fluorietmyn, nagenoeg 65 km noordoos van Pretoria, beklink. Ingevolge die loonooreenkoms wat hier gesluit is, sal Solidariteit-lede ʼn algehele verhoging van minstens 12% ontvang. Solidariteit verteenwoordig veral ambagslui en amptenare by die myn. Die ooreenkoms behels ʼn 8%-verhoging op werknemers se salarisse terwyl verskeie byvoordele soos die bystands-, behuisings- en reistoelae ook aansienlik verbeter is. Die bystandstoelaag is verbeter van R400 tot R1 000 per week terwyl die behuisings- en reistoelae onderskeidelik met 8% en 12% verhoog is. Intussen ondersoek bestuur van die myn nou ook die moontlikheid van die instelling van ʼn bonusstelsel wat moontlik reeds aanstaande jaar toegepas sal kan word. Vergenoeg is een van die grootste fluorietmyne in die land. Fluoriet word onder meer in die vervaardiging van staal gebruik. Northam Platinum-loonsukses ʼn welkome Kersgeskenk vir Solidariteit-lede ʼn Gunstige loonooreenkoms tussen die vakbond Solidariteit en Northam Platinum se Zondereinde-myn naby Thabazimbi het ʼn sloerende loongeskil ontlont en hoop vir die Kersseisoen onder Solidariteit-lede by die myn laat posvat, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Solidariteit se lede by dié myn sal as deel van ʼn tweejaarloonooreenkoms vanjaar ʼn loonverhoging van 9% ontvang wat terugwerkend vanaf 1 Julie ingestel sal word. Volgende jaar sal die werknemers, na gelang van watter verhoging ook al die grootste is, ʼn loonverhoging gelykstaande aan die verbruikersprysindeks (VPI) óf 9% ontvang. Volgens Louis Pretorius, woordvoerder van Solidariteit, sal die kategorie 9-werknemers van die Zondereinde-myn, benewens die 9%-verhoging ook ʼn bykomende 0,5%-verhoging vir jare diens gelewer, ontvang. “Werknemers se uitleeftoelae sal ook met 9% verhoog word, terwyl ʼn aparte forum verdere verhogings op dié toelaag, in lyn met markverwante behuisingskoste, sal oorweeg aangesien mynbehuising nie meer voldoende is nie,” sê Pretorius. Intussen het die werkgewer ook die drieskofrotasietoelaag van 3% tot 4,5% verhoog, terwyl bogrondse ambagsmanne se verlof van 28 dae tot 30 dae vermeerder is. “Werknemers sal as deel van die ooreenkoms ook van nou af vir die eerste keer 2 dae gesinsverantwoordelikheidsverlof ontvang.” Solidariteit verteenwoordig 500 myners, ambagsmanne en amptenare met skaars vaardighede en hierdie loonooreenkoms is ʼn welkome Kersgeskenk ná taai loononderhandelinge wat meer as vyf maande gesloer het. “Die werkgewer het in die vorige rondte ʼn verhoging van slegs 6,6% vir 2011 en 6,8% vir 2012 aangebied. Die ooreenkoms wat nou eindelik onderteken is, het nuwe hoop vir die Kersseisoen onder Solidariteit-lede laat posvat en toon dat die maatskappy wel waarde heg aan skaars vaardighede. Daarbenewens het Northam ook sy werknemers vir hul deursettingsvermoë beloon,” meen Pretorius
|
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub |
|
Welvaartstaks vir wittes op pad? |
Deur Ilze Nieuwoudt Uitlatings deur aartsbiskop emeritus Desmond Tutu, gevolg deur opmerkings deur teoloog en anti-apartheidsaktivis dr. Allan Boesak, het talle Suid-Afrikaners vroeër vanjaar behoorlik warm onder die kraag gehad. Terwyl Tutu en Boesak reken dat ’n sogenaamde welvaartsbelasting vir wit Suid-Afrikaners ingestel moet word, meen talle kenners dat hierdie soort belasting nie net op onbillike rassebeginsels gegrond is nie, maar geen oplossing vir die toenemende Solidariteit Tydskrif het antwoorde by Piet le Roux, navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), gaan soek. Waar kom die idee van welvaartsbelasting vandaan? Tutu en Boesak het al genoem dat hulle glo wit Suid-Afrikaners en die nuwe swart elite moet hierdie vorm van belasting betaal. Wat behels hulle voorstelle? Veronderstel dat so ’n belasting wel ingestel word, watter verskil sou dit aan die armoedesituasie in ons landmaak? En, sal hierdie belasting nie net ’n verdure manier wees waardeur afhanklikheid van die staat onder Suid-Afrikaners aangemoedig word nie? Hierdie voorstelle van Tutu en Boesak fokus baie sterk op ras en hulle hou ras as gepaste maatstaf vir ’n moontlike welvaartsbelasting voor. Kom hierdie benadering nie neer op blatante rassisme nie? Sal dit net by praatjies bly of is daar werklik ’n moontlikheid dat hierdie soort belasting in die toekoms ingestel kan word? Rykdom en armoede in SA
|
VENSTER OP EUROPA Afrikaners ter sprake in Nederlandse parlement |
Berig uit die Nederlandse parlement Die geskiedenis swaai soos ’n staanhorlosie se slinger. Aan die begin van die twintigste eeu het my oupa as ’n jong man tussen ’n geesdriftige menigte gestaan en Paul Kruger in Den Haag toegejuig. Ná 1950 was Nederland toenemend krities teenoor die apartheidsregering en het ’n boikot en internasionale veroordelings voorgestaan. Maar tans omhels Rosenthal ’n mosie wat dit stel dat Suid-Afrika tans worstel met “hardnekkige vorms van diskriminasie en baie geweldmisdrywe, waaronder rassistiese geweld, ook teenoor Afrikaners.” Die mosie het “groot sorge oor elementêre regte ingevolge die Grondwet, waaronder persvryheid” en dit versoek die Nederlandse regering en die Europese Unie om deur regsbystand hierdie geweld en vorms van diskriminasie te bestry. Die mosie is ingedien deur die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP), ’n ortodoks Protestantse party wat volgens sy webwerf “Bybelse politiek en die bevordering van die Christelike kultuur en tradisie in Nederland” voorstaan. Hulle kry hul steun net uit sekere behoudende dele van Nederland en sal vir die meeste mense – ook in Suid-Afrika – te eng wees. Maar hulle verbind hulle uitdruklik tot die regstaat en sy huidige leier, Kees van der Staaij, word deur vriend en vyand gerespekteer. Die party het sedert menseheugenis net twee setels in die parlement, maar omdat Nederland tans ’n minderheidsregering het, is sy invloed groter as wat mens na aanleiding van die twee setels sou vermoed. Die ander party wat onlangs onder meer in die Tweede Kamer en die Europese Parlement die aandag gevestig het op plaasmoorde en die ondemokratiese karakter van die ANC, is die PVV, die Partij voor de Vrijheid. Hierdie party is met sy 23 setels baie groter en het ooreengekom om die huidige regering te steun, sonder om egter deel daarvan te wees. Hoewel mens hier meer versigtigheid aan die dag moet lê – die party gedy op die frustrasies oor en afkeer van die politiek van ’n aansienlike deel van die Nederlandse bevolking en is nie bekend daarvoor dat hy met voorstelle vorendag kom om probleme op te los nie – moet ’n mens ook twee ander sake in gedagte hou. Op sigself is dit reeds positief dat die posisie van Afrikaans en Afrikaners op daardie vlak aandag kry. En tweedens is minister Rosenthal lid van die VVD (Volkspartij voor Vrijheid en Democratie), tradisioneel ’n gematigde sentrumparty. Dit geld in meer of mindere mate ook vir die Partij van de Arbeid (PvdA) wat in die opposie is, en sekerlik vir die Christen-Democratisch Appèl (CDA). Die mosie is intussen helaas verwerp. Die CDA, PvdA en interessant genoeg ook die VVD het daarteen gestem. Ons is dus nog lank nie terug by 1900 se geesdrif nie, maar die posisie van Afrikaans en die Afrikaner begin weer internasionale aandag geniet. En gesien die sukses van die onlangse Afrikaanse Fees, is Nederlanders weer bewus van die feit dat daar aan die anderkant van die wêreld ’n taal gepraat word wat hulle met min moeite kan verstaan.
|
EKONOMIESE NUUS Goeie en slegte nuus vir die vakansietyd |
Deur Paul Joubert In verlede week se artikel is die kwessie van Sasol se brandstofpryse uiteengesit. Daar word hierdie week steeds by die onderwerp van brandstofpryse gehou. Met die vakansieseisoen wat op pad is, is dit belangrik om vir vervoerkoste te kan begroot. Die goeie nuus is dat die kleinhandelprys van petrol op Woensdag, 7 Desember na alle waarskynlikheid met 25 of 26 sent per liter sal daal. Die slegte nuus is dat die groothandelprys van diesel met sowat 36 tot 39 sent (afhangende van die swawelinhoud) sal styg. Hierdie syfers kan nog met ʼn sent of twee aangepas word voordat dit eerskomende Vrydag gefinaliseer word, afhangende van wat intussen met die wisselkoers en internasionale petroleumprodukpryse gebeur, maar enige afwyking sal nie groot wees nie. Hierdie veranderinge sal die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng dan op R10,35 per liter te staan bring, met 95-oktaan wat aan die kus R10,21 sal kos. Diesel met ʼn 0,05%-swawelinhoud se groothandelprys sal styg na sowat R10,38 in Gauteng, wat die kleinhandelprys tot bokant R11 per liter kan laat styg, afhangende van die vulstasie. Dit mag vreemd voorkom dat diesel se prys kan styg terwyl petrol se prys daal, aangesien beide van ruolie gemaak word, maar die rede daaragter is die Noordelike Halfrond se winter. Hulle gebruik daar diesel en soortgelyke brandstowwe vir verhitting en om addisionele krag op te werk gedurende die winter. Daarom styg die vraag na diesel wêreldwyd elke jaar tydens die Noordelike Halfrond se wintermaande. Weens die groter vraag na diesel styg die prys dan natuurlik ook. Daar word soms beweer dat die regering altyd brandstofpryse oor die vakansietyd hoër maak, omdat hulle weet dat mense oor Desember en Januarie meer rondry. Met die hoër prys kan die gierige regering dan oor die vakansietyd meer belasting deur die heffings op brandstof insamel. Hierdie bewerings is vals. In die eerste plek is dit nie waar dat brandstofpryse altyd in die vakansietyd styg nie. Die historiese data toon geen buitengewone bewegings in die pryse vir Desember en Januarie vergeleke met ander maande se pryse nie. In die tweede plek is dit nie waar dat die regering meer belasting deur brandstofheffings insamel soos die brandstofprys hoër word nie. Die heffings op brandstof is vasgestelde bedrae per liter, wat slegs een keer per jaar verander word. Dit is nie ʼn ad valorem-belasting soos BTW, wat saam met die algemene prysvlak styg, nie. Die hoeveelheid belasting wat die regering uit brandstofheffings insamel, word dus slegs beïnvloed deur die fisiese hoeveelheid wat verkoop word. Wanneer brandstofpryse hoër word, is mense juis geneig om hul brandstofverbruik ietwat in te kort. Hoër brandstofpryse veroorsaak dus eintlik dat die regering minder belasting insamel as wat die geval sou gewees het indien die prys per liter laer was. Indien die regering wel direk mag gehad het oor veranderinge in die brandstofprys (wat hulle nie werklik het nie), sou mens hulle dus eintlik van gerigheid moes beskuldig wanneer die brandstofprys daal, nie wanneer dit styg nie. Lees gerus ook ʼn paar van die vorige blog-artikels oor brandstofpryse: http://www.solidariteit-blog.co.za/petrolpryse-en-die-wisselkoers/
|
REGSVRAAG |
| Deur Phil Davel
Vraag: Antwoord: Maar die feit dat ‘n werknemer bó hierdie plafon verdien, maak die werkgewer nie geregtig op gratis oortyd nie. Eerstens, die rede hoekom ‘n werkgewer nie sonder meer oortyd kan afdwing nie, verskyn in artikel 48 van die Wet: Artikel 48: Verbod op dwangarbeid
Tweedens, wat die reëling van werksure betref, is die werkgewer ook verplig om artikel 7 van die Wet in ag te neem. Artikel 7: Reëling van werktyd
Hoewel ʼn werknemer dus nie ingevolge artikel 10 oortyd kan eis nie, is ʼn werknemer wel geregtig om daaroor te onderhandel. Daarom is dit belangrik dat ‘n werkgewer en werknemer vooraf ooreenkom oor hoeveel normale ure en hoeveel ure oortyd gewerk sal word. Hulle moet ook ooreenkom oor wat die tarief vir die ure oortyd of werk op Sondae is, en dit kan heeltemal verskil van die tariewe soos in die WBDV genoem. In die werksplek is dit algemeen dat dienskontrakte baie wyd opgestel en dienooreenkomstig vertolk kan word. Klousules soos: “Die werknemer kom hiermee ooreen om van tyd tot tyd oortyd asook op Sondae en openbare vakansiedae te werk”, of “...soos die operasionele vereistes dit kan vereis” kom algemeen voor en moet liefs omsigtig benader word. Dit is dus raadsaam dat voorwaardes in ʼn dienskontrak duidelik en spesifiek gestel word voordat dit bekragtig word - veral wat oortydbepalings en werk op Sondae aanbetref indien ʼn werknemer meer as die verdiensteplafon verdien. Om kortliks op te som, die volgende:
|
AFRIFORUM |
Inligtingswet: Publiek kan nou e-posse vir president Zuma persoonlik stuurAfriForum het vandeesweek ’n webblad in werking gestel waarop lede van die publiek boodskappe aan die staatspresident se persoonlike e-posadres kan stuur om hulle beswaar teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting aan te teken. Hierdie stap en die webblad – www.thebillstopshere.co.za – vorm deel van ’n vyfpuntplan waarmee AfriForum lede van die publiek wil aanmoedig om by die stryd vir vryheid van inligting in Suid-Afrika betrokke te raak. “Aangesien dit ’n wetgewende proses is, was die stryd teen hierdie wet tot nou toe grootliks in die hande van opposisiepartye. Die status quo is egter besig om te verander en die groot geveg begin nou eers,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê. “Al beteken dit dat ons by die Verenigde Nasies teen hierdie wet moet baklei, sal ons nie stop tot ons geslaag het nie.” Die e-posse word in die vorm van ’n petisie aan pres. Jacob Zuma se persoonlike e-posadres, sowel as dié van sy assistent gestuur. Lede van die publiek hoef net hulle besonderhede op die webblad in te vul om aan hierdie protesaksie deel te neem. AfriForum beoog om hierdie petisie as deel van ’n regsgeding teen die wetsontwerp te gebruik en om dit na die Verenigde Nasies te neem indien dit nodig sou wees. Die publiek kan ook R10-00 tot die koste van die regsgeding skenk deur die woord “Forum” na 38655 te SMS. “I, the undersigned South African citizen, would hereby like to state my concerns about the so-called “Protection of State Information Bill”. I am of the opinion that the Bill in its current form will be detrimental to the principle of accountability and effective government in South Africa; that it will have a negative impact on the fight against corruption; and that it will severely curtail the role of the media as watchdog. I hereby request that you prevent this Bill from becoming a law by refraining from signing it.” “Dit lyk of die meeste lede van die regerende party hulle eenvoudig aan die publiek se pleidooi in hierdie verband wil afsmeer. Sodra die staatspresident sy handtekening op hierdie dokument plaas, sal dit die mees vernietigende stuk wetgewing van die afgelope 20 jaar wees. As dit nodig is om die president se rekenaar met klagtes van die publiek te oorstroom, doen ons dit met graagte,” het Roets gesê. Meer inligting oor AfriForum se veldtog teen die Inligtingswet, wat skrywes aan die Parlement, ’n regsmening oor die grondwetlikheid daarvan en ’n uiteensetting van die negatiewe impak wat die wet op die samelewing sal hê, insluit, is ook op die webblad beskikbaar. Die webblad is só opgestel dat dit eenvoudig en maklik van ’n selfoon af toeganklik is. Mense wat dus met vakansie is, kan steeds twee minute neem om ’n e-pos aan die staatspresident te stuur. “Die regerende party het ’n verwronge beeld van demokrasie. Demokrasie gaan primêr oor beskerming. Wanneer vernietigende en ongrondwetlike wetsontwerpe ten spyte van die publiek se heftige beswaar daarteen, deur die Parlement gestoomroller word, is dit anti-demokraties, ongeag of dit deur die meerderheid van die Parlement aanvaar is,” het Roets gesê. Om AfriForum se vyfpuntplan teen die inligtingswet te steun, kan die publiek:
|
HELPENDE HAND |
Helpende Hand se werknet.co.za brei uit om unieke diens aan Afrikaanse werkgewers te bied Solidariteit Helpende Hand se werksoekportaal, werknet.co.za, bied van hierdie week ʼn unieke diens wat Afrikaanse werkgewers in staat stel om poste in Afrikaans te adverteer. Werknet.co.za is die eerste Afrikaanse werksoekportaal van sy soort in Suid-Afrika en is sedert Mei 2011 gratis vir werksoekers beskikbaar.Sedert werknet.co.za se bekendstelling in Mei het meer as 3 000 werksoekers reeds hul CV’s geregistreer en die getal groei met bykans 150 CV’s per week. Die behoefte het ontstaan vir werkgewers om hul poste ook in Afrikaans te adverteer en werknet.co.za is verder ontwikkel om Afrikaanse werkgewers te akkommodeer. Dit is die eerste aanlynruimte waar werksoekers en werkgewers mekaar in Afrikaans kan ontmoet. Daar is werkgewers wat Afrikaanse mense in diens wil neem, maar hulle weet nie altyd waar om gekwalifiseerde of bekwame Afrikaanse mense op te spoor nie,” sê Marietjie Smit, die hoof van WerkNet. “Werkgewers kry hier toegang tot CV’s van ʼn wye verskeidenheid Afrikaanse werksoekers – van skoolverlaters tot mense in die buiteland wat wil terugkeer na Suid-Afrika en mense wat hul werk weens regstellende aksie verloor het.” Hoewel die diens gratis vir werksoekers beskikbaar is, is daar ʼn koste verbonde vir werkgewers wat poste wil adverteer. Die helfte van die koste word aan Helpende Hand geskenk om dié diens aan Afrikaanse werksoekers verder te ontwikkel. WerkNet, ʼn diens van Solidariteit Helpende Hand, het ten doel om Afrikaners aktief in die arbeidsmark te integreer. “Deur werksoekers net met beskikbare geleenthede in aanraking te bring, kan daar reeds ʼn noemenswaardige verskil aan werkloosheid onder Afrikaanse mense gemaak word,” sê Smit. “Werknet.co.za doen juis dit.” Werkgewers wat poste wil adverteer, kan www.werknet.co.za besoek en die skakels vir werkgewers volg. Werksoekers kan ook na www.werknet.co.za gaan en hul CV’s gratis registreer.
|
SOL-TECH |
Sol-Tech se toekoms op dié pilare gevestigDeur Moira-Marie Kloppers Gemotiveerde, goed gekwalifiseerde personeel met ’n passie vir opleiding, toerusting van hoogstaande gehalte en toegewyde studente. Dít, meen Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is die pilare waarop Sol-Tech se sukses en toekoms gebou word. SOL-TECH DROOM GROTER “Danksy die Solidariteit Groeifonds kon Sol-Tech reeds meer as R30 miljoen aan moderne toerusting van hoogstaande gehalte bestee sodat ons studente ten volle voorbereid vir die werkplek is,” verduidelik Van Deventer. “Geld kan toerusting en geboue koop, maar nie mense nie. Daarom ag ons onsself as geseën om hoogs gekwalifiseerde en passievolle personeel met jare se praktiese ondervinding te hê.” “Iets waaroor ons baie opgewonde is, is dat Sol-Tech se nuwe opleidingsmodel ons in staat gaan stel om volgende jaar selfs meer studente op te lei. Dit beteken dat ons volgende jaar die saadjie van hoop vir ’n beter toekoms in honderde studente en hulle gesinne se lewens kan saai,” sê Van Deventer. “Ons het die afgelope paar jaar hard gewerk om Sol-Tech te vestig en te ontwikkel en vandag spog ons met wêreldklas-opleidingsgeriewe en die beste kundiges om ons jongmense op te lei. Sol-Tech beleef nou ’n groeifase soos nog nooit vantevore nie,” voeg hy by. MÉÉR AS NET ’N AMBAG Volgens Van Deventer is die jongmense wat aan die begin van hulle studieloopbaan by Sol-Tech instap, meestal nog kinders, maar wanneer hulle hier uitstap, is hulle nie net kenners met ’n uiters gesogte kwalifikasie nie, hulle is ook toegerus vir die wêreld van werk en vol selfvertroue om ’n bydrae in Suid-Afrika te lewer. Sol-Tech-studente is gesog. “Talle groot maatskappye versoek spesifiek dat Sol-Tech-studente daarheen uitgeplaas word vir hulle indiensopleiding en die meeste studente word daarna by dieselfde werkgewer aangestel. Die aanvraag het so gegroei, dat Sol-Tech nou ook besig is om sy kurrikulum uit te brei sodat studente tussen ’n groter verskeidenheid ambagte kan kies.” MAAK OPLEIDINGSDROOM WAAR Talle studente wat nooit andersins die geleentheid sou hê om hulle ná skool in ’n gesogte rigting te bekwaam nie, kry elke jaar só ’n geleentheid danksy duisende mense wat deur hulle betrokkenheid by die Solidariteit Beweging bydraes lewer vir Sol-Tech-beurse. Gee dié jaar ’n geskenk wat ’n lewe drasties kan verander. • Dra by tot een van Solidariteit Helpende Hand se beursfondse. Skakel Solidariteit Helpende Hand by 0861 25 24 23.
|
RIDDER EN RAMPOKKER |
Deur Estella Boshoff Ridder: Vandeesweek se ridder is die Noord-Kapenaar Hennie Otto wat met slegs een hou oor die Oostenryker Bernd Wiesberger geseëvier het om die Suid-Afrikaanse Ope Gholftoernooi te wen. Rampokker: Vandeesweek se rampokkers is die persone wat ʼn vermoedelike bom in ʼn aktetas buite ʼn juwelierswinkel by die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview gelaat het. Werknemers van die juwelierswinkel het ʼn brief ontvang wat hulle oor die bom gewaarsku het. Die bom is opgespoor en onskadelik gestel en niemand is in die voorval beseer nie.
|
VOLGENDE WEEK IN ONS GESKIEDENIS |
Vir die week van 1 Desember tot 7 Desember:
|
|
[CONTENT]