Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.


13 April 2012
Kontak ons:
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046
navrae@solidariteit.co.za

diens@solidariteit.co.za
Nr. 487

Omvattende regsplan teen Korrektiewe Dienste se beleid van regstellende aksie –
tot 30 sake kan gekonsolideer word

Deur Dirk Hermann

Die vakbond Solidariteit het die week ʼn omvattende regstrategie teen die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se regstellendeaksie-plan aangekondig. Meer as 30 individuele sake kan gekonsolideer word, wat hierdie saak die grootste regstellendeaksie-saak nog in Suid-Afrika sal maak.

Solidariteit gaan ook gelyklopend met die individuele sake met ʼn regsproses begin om die regstellendeaksie-plan van die DKD ter syde te stel, aangesien die plan nie in lyn is met die Grondwet van Suid-Afrika en die Wet op Gelyke Indiensneming nie. Volgens Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is die bron van die kwaad nie individuele gevalle waar regstellende aksie buite die beleid toegepas is nie, maar die beleid self.

Lees meer. Klik hier.

 

Regstellende aksie:
Solidariteit dalk weer na die hof ná aantygings oor skokkende
ongerymdhede tydens onderhoudproses by Tshwane-munisipaliteit

Deur Moira-Marie Kloppers

Die werknemer van die Tshwane-munisipaliteit wat al vier keer aansoek gedoen het vir die pos waarin hy al sedert 2008 waarneem en elke keer weens “verteenwoordiging” nie in die pos aangestel word nie, is wéér oor die hoof gesien. Dít ten spyte van ’n hofbevel wat die Tshwane-munisipaliteit verbied om gelyke indiensneming as kriterium te gebruik om die aanstelling in die spesifieke pos te maak. Die vakbond Solidariteit het vandeesweek aangekondig dat hy wéér die arbeidshof sal nader indien die munisipaliteit nie binne sewe dae skriftelike redes verskaf waarom Marco de Sampaio, ’n Solidariteit-lid, nie in die betrokke pos aangestel is nie. Die munisipaliteit moet ook skokkende aantygings van ongerymdhede tydens die onderhoudproses weerlê.

Lees meer. Klik hier.

 

Oproep om die samewerking en die rapportering van onwettige mynaktiwiteite

 

Onwettige mynaktiwiteite is reeds sedert die begin van die mynboubedryf  aan Suid-Afrika bekend, maar  is die afgelope paar jare meer  in die kollig  as gevolg van  die drastiese toename  daarvan in veral die Welkom- en Barberton-myne, gepaardgaande met geweld, sterftes en diefstal.  Onlangs het hierdie misdadige aktiwiteite ook toenemend by myne op die Witwatersrand begin kop uitsteek, waarskynlik as gevolg van ekonomiese druk, mynwerkers wat hulle werk verloor het en   geslaagde stappe teen die onwettige mynwerkers in die Welkom- en Barberton-gebiede.  Die dood van onwettige mynwerkers  as gevolg van die ineenstorting van skagte tydens onwettige mynaktiwiteite het ook baie mediadekking geniet.

Lees meer. Klik hier.

 

Lone uitbetaal aan tuisblyers

Deur Cilleste van der Walt

Dit word beraam dat die weermag R223 miljoen in lone aan soldate uitbetaal het wat in 2009 aan die geweldadige optog na die Uniegebou deelgeneem het. Sedertdien verwyl hierdie soldate hulle tyd deur tuis rond te sit.

Die voortgaande stryd tussen die SA Nasionale Weermag (SANW) en die SA Nasionale Weermagunie (Sanwu) wat later die jaar voor die hoër appèlhof sal dien, is die rede vir die groeiende lonerekening. Die totale salarisbedrag is bereken deur die gemiddelde salaris van R6 000 betaal aan 1 200 soldate oor 31 maande te gebruik.

Lees meer. Klik hier.

 

Maak vriende by die werk

Deur Inge Strydom

Om vriende te maak is vir sommige mense makliker as vir ander. Sommige persoonlikhede is van so ʼn aard dat hulle vriende maak met enigeen wat hulle teëkom. Hierteenoor is party mense skaam en teruggetrokke, en hulle vind dit baie moeiliker om vriende te maak.

Ten einde emosioneel en geestelik gelukkig te wees, is dit belangrik om vriende te hê. Om vriende by die werk te hê, is egter belangriker as wat die meeste mense besef. Volgens Penelope Trunk, ʼn bekende Amerikaanse beroepsvoorligter, beskou mense wat slegs een vriend by die werk het hulle werk as bloot interessant, terwyl mense wat met drie of meer kollegas bevriend is ʼn groter mate van werksvreugde ervaar.

Lees meer. Klik hier.

 

 

Skole-rugbyspeler slaan skeidsregter bewusteloos

ʼn Rugbyspeler van die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong (voorheen Naboomspruit) staar kriminele aanklagte in die gesig nadat hy ʼn skeidsregter van die Blou Bulle Rugbyskeidsregtersvereniging glo tydens ʼn toernooi bewusteloos geslaan het. Lees die hele berig hier.

Die verskil tussen ware en valse vryheid

Vandag is die individu die super-maatstaf waaraan alles gemeet word. Sonder om vir ’n sekonde daaroor na te dink, vra talle van ons daarom ook of dinge die goedkeuring van die individu geniet. Indien die antwoord daarop ‘ja’ is, kry dit ’n instemmende kopknik. Indien ‘nee’, word dit summier afgewys. Ten grondslag van die voorkeur vir die individu staan ’n bepaalde opvatting van vryheid.Klik hier om dieres van prof. Danie Goosen se artikel te lees.

Video: 9-jarige bou volledige speletjies-arkade uit kartonbokse

Caine Monroy is ʼn 9-jarige seun wat tydens sy somervakansie ʼn verbysterende speletjies-arkade uit kartonbokse in sy pa se motoronderdeel-winkel gebou het. Klik hier om dié merkwaardige video te sien, dit is moontlik die beste 10 minute in jou dag.

 

 

Implats staar strafregtelike klagte in gesig na beweerde toesmeerdery van mynongeluk
Deur Cilleste van der Walt

Die tweede grootste mynmaatskappy in Suid-Afrika, Impala Platinum (Implats), staar strafregtelike klagte, insluitend strafbare manslag, in die gesig weens aantygings dat die maatskappy ’n verdagte mynsterfte verdoesel het en groot moeite gedoen het om die fluitjieblaser wat die waarheid kan ontbloot, se mond te snoer.

Na die dood van die mynwerker en Lesotho-burger, Paulus Mosala Phethoka, het Implats laat verlede maand ’n interdik in die Pretriase hooggeregshof verkry wat sy voormalige opleidingsbestuurder, Zirk Jansen, belet om ’n dokumentêre program oor die gebeure vry te stel.

Lees meer. Klik hier.

Goeie aanduider van ekonomiese groei nou net kwartaalliks beskikbaar
Deur Cilleste van der Walt

Een van die beweerde goeie aanwysers van ekonomiese groei, die sementverkoopsyfers, sal van nou af slegs driemaandeliks bekend gemaak word.

Die aanvanklike opdrag van die Mededingingskommissie aan die Instituut vir Sement en Beton (C&CI) verlede week was om sy bekendmaking van dié syfers elke maand te staak.

Lees meer. Klik hier.

 

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

Hier is enkele uittreksels uit die afgelope week se bloginskrywings:

Sal ek steeds eendag my kinders wildtuin toe kan neem?

Dit is met ʼn swaar hart dat ek die berigte in die koerant lees oor die onaangenaamhede wat kort-kort in die wildtuin plaasvind.
Lees meer. Klik hier.


Inge Strydom

Die waarheid maak seer

Ek wens mense wil sê wat hulle bedoel en bedoel wat hulle sê.
Is dit te moeilik? Is dit te veel gevra?
Wanneer mense voorgee om iets te wees wat hulle nie is nie, kan dit my soms verstom. Veral as hierdie mense maak of hulle soos jy voel, al voel hulle glad nie dieselfde nie.
Lees meer. Klik hier.


Carina Bester

 

Carina Bester is die aanbieder van hierdie gewilde program op Solidariteit Radio. Wêreldwyd op Woensdag fokus op Suid-Afrikaners in die buiteland en bring elke Woensdag vir jou die mooi van Afrikaans, kultuur en Suid-Afrika.

Luister na:
ToetenTaal
Kinderwêreld
Op reis

 

Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter


Klik op een van die skakels hieronder en bly op hoogte van die nuutste gebeure by Solidariteit:

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

 

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

 

Atterbury Teater

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

  • ANDRA CILLIERS "Twenty Seven". 13 April, 20:00. Kaartjies beloop R127.
  • BABALELA Kinderteate (Nuwe vertoning!). 14 April, 11:00 & 15:00. Kaartjies beloop R70. Die Babalela het amper geen voorstelling nodig nie. Hierdie oulike, pers karaktertjie het al diep in die harte van heelwat maatjies ingekruip en elke dag is daar nog iemand wat die avonture van die Babalela meeleef.
  • CHRIS CHAMELEON "Klank van jou oë". 17 en 18 April, 20:00. Kaartjies beloop R130 en R140. Met "Klank Van Jou Oë" bring Chris Chameleon die verhaal van Ingrid Jonker se magiese woorde (en die pragtige musiek wat dit inspireer) op die planke. Met Adriaan Brand (Springbok Nude Girls) en Riaan van Rensburg (Noot vir Noot).

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

 

Monumente in ons land: Paardekraal-monument

Deur Ilze Nieuwoudt

Wat sê die geskiedenis?

Nadat die ZAR in April 1877 deur Engeland geannekseer is, volg ʼn tydperk van verset deur die inwoners van dié Boere-republiek. Ten spyte van pogings deur president Paul Kruger om die saak te beredder, misluk alle onderhandelings en op 8 Desember 1880 word  ʼn massavergadering  uiteindelik by Paardekraal byeengeroep, wat deur nagenoeg 6 000 burgers bygewoon is. Die gevoel onder die burgers was dat dit tyd geword het om tot gewapende verset oor te gaan. Die gelofte word gevolglik op 13 Desember al hier afgelê en Kruger en die burgers pak ʼn reuse-klipstapel om die geleentheid te gedenk. Die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog klap drie dae later in Potchefstroom. Kort hierna volg onder meer die Slag van Majuba, wat uiteindelik op 27 Februarie 1881 weer tot die vryheid van die ZAR lei. Vanaf 13 tot 16 Desember 1881 word ʼn fees op die terrein by Paardekraal gehou.

Lees meer. Klik hier.

 

 

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif se nuutste weergawe.


Klik hier
.

 

Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 2)

Deur Paul Joubert

(Hierdie artikel is ʼn vervolging van verlede week se artikel wat hier beskikbaar is.)

Mense se onwilligheid om te glo dat kospryse gedaal het, spruit uit verskillende foute wat maklik begaan kan word.

Iemand wat tussen die winkelrakke loop en verwag om stygende pryse te sien, is daartoe geneig om slegs na die produkte met stygende pryse op te let. Die produkte waarvan die pryse dieselfde gebly of gedaal het, word dan maklik misgekyk. Die verwagting van stygende pryse word dan “bevestig” deur die waarneming, maar die waarneming word uit die staanspoor skeefgetrek deur die verwagting.

Lees meer. Klik hier.

 

Deur Inge Strydom

Afghanistan

Nege mense is dood en 22 ander is beseer tydens ʼn selfmoordbomaanval in Afghanistan se Herat-provinsie. Die aanval was glo gerig op die regering se hoofkwartier in die Guzara-distrik. Daar word berig dat ʼn voertuig met twee passasiers by die kompleks ingebars het nadat die bestuurder ʼn bevel van die polisie om by die hek stil te hou,  verontagsaam het. Die voertuig het ontplof, en volgens die polisie het ses burgerlikes en drie polisiebeamptes in die aanval omgekom.

Turkye

Die voortslepende oorlog in Sirië het Maandag vir die eerste keer na Turkye oorgespoel toe Siriese soldate op ʼn vlugtelingkamp hier losgebrand het. Twee Siriese vlugtelinge en ʼn Turkse tolk is tydens die aanval gewond. Die soldate het na wat verneem word op rebelle geskiet wat na die kamp gevlug het nadat hulle ʼn militêre beheerpunt aangeval het. Intussen is nagenoeg 30 mense, wat agt vroue en 17 kinders insluit, dood toe Siriese soldate Maandag ʼn dorp in Sentraal-Turkye gebombardeer het. Daar word berig dat sowat 24 000 Siriese vlugtelinge in Turkse kampe bly om hul regering se gewelddadige onderdrukking te ontvlug.

Pakistan

Twaalf mense is dood toe ʼn reuse-sneeustorting Maandagoggend ʼn militêre basis met 124 soldate en 11 kontrakteurs aan Pakistan se kant van die Himalaja-gebergte toegeval het. Die sneeustorting het glo vroegoggend plaasgevind terwyl die slagoffers nog geslaap het. Soldate het Maandagmiddag nog deur sneeu van sowat 30 meter diep gegrawe om mense te probeer red. ʼn Span dokters en paramedici het gereed gestaan om enige oorlewendes te behandel.

 

Deur Phil Davel

Vraag:
Ek werk vir ’n maatskappy en wil weet hoeveel siekverlof ek volgens wet kan neem.

Antwoord:
Artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat elke werknemer geregtig is op siekverlof.

Indien die werknemer vir minder as ses maande vir die werkgewer werk, is die werknemer geregtig op een dag se betaalde siekverlof vir elke 26 dae wat gewerk is. ’n Werkgewer mag ’n werknemer se aanspraak op siekverlof verminder dienooreenkomstig die getal dae wat as siekverlof geneem is.

Lees meer. Klik hier.

 

 

AfriForum en Nersa span kragte saam

AfriForum het met ʼn afvaardiging van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) vergader oor die gereelde kragonderbrekings wat in die Mookgophong/Naboomspruit-gebied voorkom. Dit volg nadat AfriForum ʼn klag by Nersa ingedien het oor die toenemende druk wat kragonderbrekings en die gevolglike onderbrekings in watertoevoer op die gemeenskap plaas. Munisipale werkers se weiering om kragtoevoer oor naweke te herstel, is ook by die klag ingesluit.

AfriForum het Nersa genader nadat dié organisasie (AfriForum) ʼn brief aan mnr Frans Modise van die munisipaliteit van Mookgophong gestuur het, waarin hy gevra is om die probleem aan te spreek. Dit wil egter voorkom of die munisipaliteit se bestuur nie gretig is om die probleem aan te spreek nie, aangesien AfriForum geen antwoord van die munisipaliteit ontvang het nie.

Lees meer. Klik hier.

 

 

Neem ʼn Kind Werk toe op 25 Mei saam met Solidariteit Helpende Hand
Deur Juanita du Preez

Solidariteit Helpende Hand versoek alle werksplekke landswyd om op 25 Mei hulle deure oop te maak sodat hoërskoolleerlinge ʼn besoek daar kan aflê. Sodoende kan hulle meer leer oor ʼn spesifieke beroep en meer voorbereid wees op die wêreld van werk.

“Helpende Hand volg ʼn beleid van opheffing deur opleiding, wat ʼn langtermynoplossing vir die armoedeprobleem bied,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. “Ons uitgebreide Beroepsleidingdiens lei jongmense om die regte vakkeuses te maak wat hulle in staat sal stel om goeie beroepe te hê en finansieel onafhanklik te funksioneer. Met die Neem-ʼn-Kind-werk-toe-veldtog kan kinders eerstehands ervaar hoe hulle toekoms eendag kan lyk.”

Lees meer. Klik hier.

 

Deur Inge Strydom

Ridder

Dié week se ridders is almal wat vanjaar betrokke was by Operasie Clean Sweep. Volgens Ashref Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het die getal ernstige ongelukke op die land se paaie oor die Paasnaweek drasties afgeneem vergeleke met verlede jaar. Ismail het daarop gewys dat hierdie sukses hoofsaaklik toegeskryf kan word aan Operasie Clean Sweep waarin daar vanjaar op ongeveer 300 taxi’s en busse beslag gelê is. Operasie Clean Sweep is sedert 2010 in werking met die doel om onpadwaardige voertuie van die land se paaie te verwyder.

Rampokker

Die metropolisielid wat teen 192 km/h op die N4-hoofweg met sy motorfiets gejaag het, is dié week se rampokker. Arthur William King het Maandag vlugtig in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose bestuur. King was tydens sy arrestasie nie aan diens nie en is op borgtog van R1500 vrygelaat. Die saak is tot later vandeesmaand uitgestel.   

 

 

Die bekende Wonderboom naby Pretoria het ʼn kroondeursnee van 53,3 m maar bestaan uit 74 verskillende stamme wat gesamentlik ʼn enkele kroon vorm.

(Bron: Pharos se Feitegids. ʼn Kernensiklopedie)

 

 

God verwarm Sy hande by die hart van 'n biddende - John Masefiel.

 

 

Elke dag ʼn  draadjie is ʼn hempsmou in die jaar.
Deur elke dag ʼn bietjie te doen, word ʼn groot taak spoedig afgehandel.

(Bron: Pharos se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)

 

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]