Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 501 - 26/07/2012



Staking in petroleumsektor afgeweer – Solidariteit
Deur Nico Strydom

Die moontlikheid van ’n staking in die petroleumsektor is na meer as drie maande se onderhandelinge afgeweer, het die vakbond Solidariteit vandeesweek gesê. Verlede jaar se staking in die brandstofbedryf het talle petrolpompe landswyd laat opdroog en grootskaalse paniek veroorsaak.

Volgens Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, is die hulp van ’n bemiddelaar ná twee onsuksesvolle rondes loononderhandelinge en ’n geskilronde in die nasionale bedingingsraad vir die chemiese bedryf (NBCCI) ingeroep. Lees meer. Klik hier.

Nuwe JSE-genoteerde platinummaatskappy op die horison
Behuisingprojekte yl gesaai
Ons vir jou terug op die planke!

Deur Cilleste van der Walt

Die eksplorasiemaatskappy, Sable Platinum Holdings, kan moontlik eersdaags as Sable Platinum op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) genoteer word. New Corpcapital wil al Holdings se aandele oorneem en hom op die JSE noteer. Lees meer. Klik hier.

Deur Cilleste van der Walt

Gedurende die eerste vyf maande van vanjaar is minder bouplanne vir wooneenhede goedgekeur, wat tot gevolg sal hê dat residensiële boubedrywighede in afsienbare tyd onder druk sal wees.

Lees meer. Klik hier.

Deur Cilleste van der Walt

Solidariteit bied met trots vanjaar die Hertzogprys-wenner, Deon Opperman, se musiekspel Ons vir jou aan. Vanjaar se speelvlak val saam met die viering van Solidariteit se 110de bestaansjaar en ons wil dit graag saam met jóú vier.
Lees meer. Klik hier.

Solidariteit Tydskrif Solidariteit Tydskrif-kompetisie

 

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:


Klik hier.

Verlede jaar kon liriekskrywers  hul trotse Afrika-stemme in die ”Basta! Ons voetspore is in Afrika”-liriekskryfkompetisie laat hoor en vanjaar is Solidariteit Tydskrif-lesers die kans gegee om ’n kamera nader te trek en bietjie met Suid-Afrika te spog in die opwindende Solidariteit Tydskrif-fotokompetisie.

Die foto’s moet met trots sê: “My huis is hier!” Hulle hoef natuurlik nie net fisieke huise of gesinne uit te beeld nie, maar kan bloot die liefde vir ons land besing.

U word hartlik uitgenooi om vir u gunstelingfoto te stem.

Hoe stem ek?
Kyk deur die foto’s en kies jou gunsteling. Elke foto het ’n spesiale nommer en die fotograaf se naam by. Vul die spesiale nommer onderaan die blad in waar jy die foto gesien het*. (Daar sal ’n opsie wees wat sê stem, dan vul jy byvoorbeeld 000 in.)

*Slegs een stem per persoon.

Sluitingsdatum
Die sluitingsdatum vir stemme vir die publiekgunsteling is 31 Augustus 2012. Die finaliste, wenner en publiekgunsteling van die kompetisie sal in die vyfde uitgawe van die Solidariteit Tydskrif (in September) bekendgemaak word.

Solidariteit Blog

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

  • Historiese Histeria – Nico Strydom
    So stap ek vandag met ʼn lied in my hart by ʼn sekere elektroniese winkel in om vir my die nuwe iPad aan te skaf. Ek wil net graag noem dat ek vroeër gebel en seker gemaak het dat hulle wel ʼn sekere kontrak aan my kan bied en dat hulle voorraad het. Die dame verseker my oor die foon dat ek die spesifieke kontrak kan kry en dat hulle voorraad het…….
    Lees meer. Klik hier.

  • Hoe vergewe mens ʼn monster? – Inge Strydom
    “Vergifnis is al wat hy wil hê” – en ook om te verstaan waarom hy dit gedoen het. Laasgenoemde is die getuienis wat Jacobus Steyn, die vermeende “Sondagverkragter” vandag in die hof gelewer het. Steyn staan tereg op 37 aanklagte van onder meer moord, aanranding, verkragting, ontvoering en poging tot ontvoering. Een van sy slagoffers, Louise de Waal, is op pad skool toe deur Steyn ontvoer waarna hy haar verkrag het en later, terwyl sy nog geleef het, aan die brand gesteek het.
    Lees meer. Klik hier.

  • Soek mekaar – Carina Bester
    Deesdae sien mens op bykans enige webblad skakels na mense se persoonlike advertensies toe. Hulle maak profiele oop op webblaaie waar mense wat maats soek iemand kan ontmoet. Daar is talle van hierdie webblaaie.
    “Ware heer” of “Alleen wolf” is maar net sommige van die name wat op Beeld se soek-hoek gelys word. Selfs al wil jy net vinnig op hoogte bly met die dag se nuusgebeure, sien jy hierdie advertensies raak.
    Lees meer. Klik hier.

Ouers en alumni kan nou ook hulle stemme laat hoor om koshuistradisies by Tuks te beskerm

AfriForum Jeug het vandeesweek ’n aanlynpetisie vir die beskerming van die Koshuis van die Jaar-titel by die Universiteit van Pretoria (UP) geloods asook vir die beskerming en uitbou van gesonde koshuistradisies. Die petisie is geloods na aanleiding van ʼn besluit deur TuksRes om die Koshuis van die Jaar-titel, wat as puntestelsel dien vir koshuise wat aan verskeie kultuuraktiwiteite by Tuks deelneem, af te skaf.

Lees meer. Klik hier.

Bekendes steun Helpende Hand se eetstaking ten bate van Kosblikkieprojek
Deur Juanita du Preez

Nianell, Hykie Berg, Chris Vorster, Bobby en Karlien van Jaarsveld en Pieter Koen is van die bekendes wat op 27 Julie gaan honger bly as deel van Solidariteit Helpende Hand se massa-eetstaking ten bate van die Kosblikkieprojek.

Helpende Hand daag mense oor die hele land uit om ook deel te neem aan ’n eetstaking om met behoeftige en honger kleuters te identifiseer. In 2011 het Helpende Hand met die eerste massa-eetstaking binne agt ure R65 000 ingesamel.

Lees meer. Klik hier.

Kerk en privatisering dalk antwoord op onderwyskrisis
Deur Isak Burger

Die afgelope maand of twee was die toestand van ons land se onderwys (weer) sterk in die nuus met die handboek-chaos in Limpopo asook die situasie in die Oos-Kaap. Daar is met goeie reg rede vir kommer en onsteltenis oor die onderwyssituasie. Selfs die oënskynlike verbeterde matriekuitslae van 2011 is deur baie met ʼn knippie sout geneem – terwyl die onderwysdepartement vir ʼn wyle glorieryk in die sonskyn daarvan gebaai het.
Klik hier om die res van dié artikel te lees.

Video: Blitsbende verander Rosebank Arch-plein in Jamaika
Deur Suné van Heerden

ʼn Bemarkingsveldtog van Tropika-koeldrank het onlangs omstanders in Rosebank Arch, Johannesburg, na hul asems laat snak. Die bemarkingspan het op 5 Julie 2012 ‘n tafeltjie in Rosebank Arch-plein met ʼn glasie koeldrank gedek. Hulle het in spanning gewag vir die eerste persoon wat sou waag om ʼn slukkie te kom neem.
Klik hier om die verstommende resultaat te sien.

Wie is die Grootste Afrikaner van Alle Tye?

Paul Kruger, Anton Rupert, M.E.R., Pik Botha, Piet Byleveld, Danie Craven, Katinka Heyns, Evita Bezuidenhout... Wie is die Grootste Afrikaner van Alle Tye? Dít is die vraag wat Maroela Media wil beantwoord. Ons wil by jou, Afrikaner, hoor wie jy wil nomineer vir die gesogte titel, die Grootste Afrikaner van Alle Tye, en waarom dié persoon verdien om as ʼn Afrikaner-ikoon gesien te word.
Klik hier om nou jou nominasie in te dien en meer oor die kompetisie te lees.

Onthou!

Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding is die vyfde boek in Kraal-Uitgewers se Erwe van ons vaad’re-reeks. Die boek is deur AWG Raath van die Universiteit van die Vrystaat en Elria Wessels van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein geskryf en saamgestel. Die Erwe-reeks sluit gesogde titels soos Bannelinge in die vreemde, De la Rey – ʼn stryd vir vryheid en Bittereinde vrede in.

Kraal-Uitgewers is die uitgewershuis van die Solidariteit Beweging.

Die koste van die boek beloop R520 (R60 posgeld uitgesluit).

Plaas bestelling só:

  • SMS: SMS “Onthou” na 34388 en ʼn Kraal-agent sal jou skakel. (’n SMS kos R2.)
  • Faks:  086 593 2882
  • Tel: 012 644 4329
  • E-pos: kraal@solidariteit.co.za
Bedryfsbrokkies My werk Regsvraag

Denel toon wins vir tweede opeenvolgende jaar
Deur Cilleste van der Walt

Die staatsbeheerde verdedigingsgroep Denel het vir die tweede opeenvolgende jaar ’n wins behaal. Denel het die afgelope boekjaar ’n wins van R41 miljoen gemaak, ’n teken dat hy op die herstelpad is ná meer as ʼn dekade van verliese.
Lees meer. Klik hier.

Hoe gemaak as jou kollegas jou misbruik of manipuleer?
Deur Inge Strydom

Mense word dikwels in die werkplek deur kollegas en/of hul seniors misbruik. Indien jy voel dat jou baas of kollegas jou misbruik, is dit belangrik om eers vas te stel of dit werklik die geval is.

Lees meer. Klik hier.

Deur Johan Roos

Vraag: Watter inligting moet op my salarisstrokie aangedui word?

Antwoord: Ingevolge artikel 33 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995) moet die volgende inligting op ʼn salarisstrokie aangebring word: Lees meer. Klik hier.

Ekonomiese nuus Internasionale nuus My geld

Leidende aanwyser daal ’n derde keer
Deur Paul Joubert

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se leidende aanwyser vir ekonomiese aktiwiteit het in Mei vir die derde agter-eenvolgende maand gedaal. Waar dit in Februarie ’n piek van 134,5 bereik het, het dit deur die loop van Maart, April en Mei tot 130,8 gedaal.

Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Londen
Kommer heers oor Londen se openbare vervoerstelsel nadat die hoofspoorweë wat na die Olimpiese Park lei reuse-vertragings in die week voor die aanvang van die Olimpiese Spele ondervind het. Talle verkeersopeenhopings het ook op verskeie hoofpaaie wat na dié stad lei, voorgekom. Dit blyk dat die ondergronde spoorwegstelsel die swaarste gaan trek.

Lees meer. Klik hier.

Rentekoerse: Vriend of vyand?
Deur Ruan Schroder
 
Talle koerantopskrifte, nuusberigte en artikels het onlangs een onderwerp gedeel: die verbasende verlaging van die repokoers.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee het Donderdag, 19 Julie 2012 die koers waarteen kommersiële banke geld leen (die repokoers) met 0,5% verminder tot 5%.
Lees meer. Klik hier.

Het jy geweet Spreekwoord Aanhaling

Die eerste lokomotief word in 1859 in Suid-Afrika afgelaai. Dis tans ʼn besiens-waardigheid op die Kaapstadse stasie.

Bron: Pharos se Feitegids. ʼn Kernensiklopedie.

Lelik rondspring. Verontskuldigings maak en uitvlugte soek.

Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.- Christiaan de Wet

Ridder en Rampokker

Deur Inge Strydom

Ridder

Hierdie week se ridder is kaptein Freddie Hicks wat vyf inbrekers Sondag in hul spore laat trap het. Hicks, ʼn polisiekaptein in die Valke, was in sy gewone klere en besig om te stap in Monument, Krugersdorp toe hy die mans gewaar waar hulle besig was om ʼn plasmatelevisie en vier skootrekenaars by ʼn huis uit te dra. Toe die mans vir Hicks sien het hulle weggehardloop. Hy het die mans daarna met sy motor gaan soek. Hulle het naby die Lanseria-afrit stilgehou waarna een van die mans ʼn wapen op Hicks gerig het. Hicks het op die boewe geskiet en vier van hulle het terug in die bakkie gespring. Die bestuurder het kort daarna beheer oor die voertuig verloor waarna dit gerol en vlamgevat het. Vier van die mans is gearresteer.

Rampokker

Siphosezwe Masango, LUR vir huisvesting in Mpumalanga, en sy lyfwagte is hierdie week se rampokkers. Dít volg nadat Gert van der Merwe (38) verlede week ʼn saak van aanranding teen Masango se lyfwagte gemaak het nadat hulle hom by ʼn tolhek aangerand het. Die voorval het reeds kilometers voor die Nkomazi-tolhek ʼn begin toe die bestuurder van Masango se voertuig  ʼn sperstreep oorgesteek het en teen ʼn hoë spoed ander motors verbygesteek het. Van der Merwe het by sy venster uit vir die bestuurder geskree dat hy ʼn gevaar vir ander motoriste is. Masango se lyfwagte het hom hierna by die tolhek voorgekeer en hom met ʼn voorwerp teen die kop geslaan en met pepersproei gesproei. Masango het glo sélf ook vir Van der Merwe rondgeruk.

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Koste

Nianell

29 Julie

20:00

R150 of R175

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6498

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]