Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 516 - 15/11/2012

Stakings en afleggings veroorsaak grootskaalse onsekerheid in mynbedryf – Solidariteit
Deur Inge Strydom

Die Suid-Afrikaanse mynbedryf is in 2012 deur gewelddadige stakings en afleggings geteister wat tot grootskaalse onsekerheid onder werknemers en buitelandse beleggers gelei het. Volgens die vakbond Solidariteit moet daar in die volgende jaar spesiale aandag aan hierdie kwessies geskenk word om ʼn herhaling daarvan te voorkom. Dit volg nadat ʼn werknemer van Amplats se voormalige Amandelbult-myn, nou die Tugela- en Dishaba-myne, op 12 November 2012 tydens nóg ʼn gewelddadige staking met ʼn klip doodgegooi is.
Lees meer. Klik hier.

Solidariteit en SAPD se regstelsaak uitgestel, wag op uitsluitsel in Renate Barnard-saak
Mosie van wantroue in regering oor misdaad – Solidariteit
Die rol van Racheltjie de Beer staan oop vir die publiek 

Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het verlede week in die arbeidshof in Braamfontein ooreengekom om ’n saak oor regstellende aksie tussen die twee partye uit te stel totdat ʼn finale uitspraak in die Renate Barnard-saak gekry is.
Lees meer. Klik hier.

Deur Nico Strydom

Solidariteit het vandeesweek met skok verneem van die moord op ds. Willem Brits van Harrismith. Die vakbond sê as daar een aspek is waaroor alle Suid-Afrikaanse burgers ’n mosie van wantroue teen die regering kan indien, is dit die misdaadsituasie in die land.
Lees meer. Klik hier.

Deur Cilleste van der Walt

Die verhaal van Racheltjie de Beer is eersdaags op die planke in die Staatsteater in Pretoria sowel as op die silwerdoek, waartydens daar nuwe lewe in hierdie eg Suid-Afrikaanse volksverhaal geblaas word. Lees meer. Klik hier.

Klik hier vir inligting oor die oudisies

Solidariteit Tydskrif Solidariteit Blog

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:


Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

  • Veiligheid vir vrouensInge Strydom
    Tot my bittere teleurstelling lees ek op die aanlyn mediahuis, Maroela Media, se webtuiste van die 28-jarige dame wat deur polisiemanne van die Silverton-polisiestasie geïntimideer en gedreig is. Dit is egter een van vele gevalle waar persone sy of haar outoriteitsposisie misbruik om ander te na te kom. Dit blyk ook dat vrouens die teiken van hierdie kwaaddoeners is. Lees meer. Klik hier.

  • “Sparklers” in jou hartNicolien Welthagen
    Dit reën lekker en ek voel  sό gelukkig en werk so lekker vandag, dat ek nie meer lus voel om oor “stres in die werkplek” te skryf soos wat ek beplan het nie. Gebeur dit soms met julle ook, dat jy ʼn diep gevoel van geluk beleef, maar dat daardie gevoel jou net so vinnig weer kan ontwyk? Ek wonder altyd wat ek kan doen om daai “gevoel” te hou! Lees meer. Klik hier.

  • Swaar dra al aan die een kantCarina Bester
    Dit gaan al hoe swaarder met ons mense. Die petrolprys is hoog, die kospryse styg, mediesefonds-tariewe en versekeringspremies skiet die hoogte in. Werkloosheid is ʼn realiteit waarmee al hoe meer mense gekonfronteer word.
     Oral waar mens gaan kla almal oor die stygende pryse. Al hoe meer mense sukkel om kop bo water te hou. Lees meer. Klik hier.

Hoekom vroue aan ʼn vakbond moet behoort
Deur Cilleste van der Walt

As ʼn vrou, is dit regtig nodig om aan ʼn vakbond te behoort? Wat steek daarin vir my? En hoekom is dit so belangrik om aan ʼn vakbond te behoort? Jy het jouself dalk al hierdie vrae afgevra. Die antwoorde is almal hier.

Mans het vir ʼn lang tyd die grootste gedeelte van die werksmag verteenwoordig, maar vroue het sedertdien hulle stempel in die werksplek afgedruk en speel ʼn belangrike rol in elke industrie. Die werksplek asook die vakbond Solidariteit het ook vir vroue ontwikkel. Dit is net so belangrik vir vroue om by ʼn vakbond aan te sluit as wat dit vir mans is – net omdat ʼn geliefde ʼn lid is, beteken dit nie dat jy as ʼn vrou by jou werksplek beskerm sal word nie. 

Lees meer. Klik hier.

Elke vrou verdien die beskerming wat Solidariteit sy lede in die werkplek bied. Die Lid vir Lid Voue-veldtog begin op 20 November.

Besoek www.solidariteitverwysings.co.za/beskerm-jou-werk vir ‘n 1 minuut aansluiting.

Groot tekort aan opleidingsgeleenthede

Luidens die onlangste matriekverslag van die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI), wil ongeveer 85% van Afrikaanse skoolverlaters graag gaan studeer. Van die ongeveer 550 000 leerders wat jaarliks inskryf vir graad 12, slaag ongeveer 350 000 met toelating om verdere studies by ʼn hoëronderwysinstelling (universiteite, universiteite van tegnologie en privaatinstellings) te onderneem. Openbare universiteite kan egter slegs sowat 160 000 van dié studente inneem.

Akademia is die  oplossing

Die Akademia-model bied aan werkende mense (of jy ʼn skoolverlater of 60 jaar oud is) die geleentheid om hulself verder te bekwaam. Boonop is die koste baie mededingend en het ons reeds studiesentrums in Pretoria, Centurion, Boksburg, Roodepoort, Vanderbijlpark en Stellenbosch. Ons nuutste toevoeging, Bellville, open sy deure vroeg in 2013!

Lees meer. Klik hier.

AfriForum eis Zuma en Mthethwa se ingryping by De Doorns opstande

AfriForum het vandeesweek  ʼn dringende beroep op president Jacob Zuma en die minister van polisie, Nathi Mthethwa gedoen om in te gryp by die werkersopstande in die Wes-Kaap, nadat dié organisasie verneem het dat ʼn skietery vandag daar uitgebreek het. Op sosiale media word daar wyd beweer dat ʼn boer vandag in Wellington deur betogers vermoor is. Die beweerde moord kon egter nog nie bevestig word nie.

Lees meer. Klik hier.

Kan jy jou eerste skooltassie onthou?
Deur Juanita du Preez

Kyk watter bekendes onthou hulle eerste skooldag saam met Helpende Hand

Bobby van Jaarsveld het gehuil en wou glad nie sy eerste skooldag aanpak nie, maar sus Karlien was baie opgewonde oor al die nuwe maatjies.

Helpende Hand het al die bekendes wat die Skooltassieprojek ondersteun, gevra om hulle eerste skooldag te onthou. Bobby en Karlien, Jay, Liani, Kurt, Riana Nel, Jak, Pieter Koen en Ghapi, Jan Harm van Ontbytsake, Hettie Brittz en Joe Niemand en nog vele meer het almal ingestem! Gaan loer gerus op Helpende Hand se webwerf vir interessante stories oor die skooltassie.

Lees meer. Klik hier.

Raai wie is hierdie bekendes op hulle eerste skooldag?


Hettie Brittz en Jan Harm Schutte

 


Hofmakery op pad na Mangaung
Deur James Kemp

Die vakbond Cosatu se onlangse kritiek op president Jacob Zuma se welige woning in Nkandla is bes moontlik ʼn poging om oud-vakbondstryder, Kgalema Motlanthe, die hof te maak. Wat die arme sosialistiese vakbond egter nog nie geleer het nie, is dat hul pogings om kandidate vir Suid-Afrika se presidentskap met vleitaal en kritiek op opponente om te koop, nie veel aftrek kry sodra die verkiesing verby is nie. Klik hier om die artikel te lees.

Video: Barbie in lewende lywe en nou kan jy ook só lyk!
Deur Suné van Heerden

Daar is tans ʼn neiging onder jong meisies wêreldwyd om soos Barbie te lyk en vroue spandeer glo miljoene aan plastiese sjirurgie om soos dié plastiese pop te lyk. Die 21-jarige Valeria Lukyanova van Oekraïne het glo talle sjirurgiese operasies ondergaan om soos Barbie te lyk. Haar Facebook-blad met foto’s van haar is een van die gewildste bladsye in Rusland.  ʼn YouTube-video wat meisies wenke gee hoe om soos Barbie te lyk is reeds deur meer as 35 miljoen mense gekyk. Klik hier om foto’s van Lukyanova te sien en die video te sien wat jou wys hoe om soos Barbie te lyk.

Belhar geweeg
deur Piet Theron (redakteur)

Uitgegee deur Kraal-Uitgewers

(Prys: R150, R20-posgeld uitgesluit)

In Belhar geweeg ondersoek 18 skrywers – onder wie prominente kerklui soos die voormalige moderator van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, prof Piet Strauss, en bekendes soos die voormalige polisiehoof, genl Johan van der Merwe – die waardigheid van Belhar as belydenisskrif. Belhar geweeg praat oor die Belhar waarvan daar nie in die media en populêre gesprekke gehoor word nie. Is Belhar die enigste weg tot ʼn verenigde kerk of staan dit juis in die pad van nouer bande tussen kerke? Is Belhar nie dalk net ʼn tydgebonde protesskrif wat in die hedendaagse bestel uitgedien en oorbodig geraak het nie? Belhar geweeg bied ʼn nugtere benadering tot dié debat.

Lees meer. Klik hier.

Aandag alle voornemende Sol-Tech-studente!

Ná ’n suksesvolle opedag op 20 Oktober 2012 is Sol-Tech slaggereed om in Januarie 2013 nog studente te verwelkom. Die aansoeke stroom in, maar daar is nog ’n paar plekke vir studente wat ’n wenloopbaan in ’n tegniese rigting deur Sol-Tech wil aanpak.

Hierdie plekke is nog beskikbaar:

Inname by die N-skool: 7 Januarie 2013

  • 10 dieselwerktuigkunde-studente
  • 10 meulmaker-studente
  • 10 gereedskapmaker-studente

Lees meer. Klik hier.

Bedryfsbrokkies My werk Regsvraag

Registrasie van maatskappye ’n kopseer
Deur Cilleste van der Walt

Die aandag is hierdie week gevestig op die frustrasie wat talle plaaslike en buitelandse maatskappye ervaar wanneer hulle aansoek doen om registrasie voordat hulle kan sake doen.
Lees meer. Klik hier.

Die voordele van humor in die werkplek
Deur Inge Strydom

Die meeste van ons neem ons werk ernstig op en ag produktiwiteit hoër as enigiets anders. Daarom raak ons so verdiep in ons werk dat ons dikwels vir niks anders tyd kry nie, nie eens vir ʼn grappie of twee nie.
Lees meer. Klik hier.

Deur Johan Roos

Vraag
My werkgewer voorsien my van verblyf, maar ek het bedank en nou wil hy hê ek moet dadelik die perseel verlaat. Wat kan ek aan die aangeleentheid doen?

Klik hier vir die antwoord.

Ekonomiese nuus Internasionale nuus My geld

Beledigings van die president en slegte ekonomiese geselskap
Deur Paul Joubert

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) in KwaZulu-Natal, Jacob Zuma se tuisstreek, het by hul mees onlangse vergadering besluit om hulle daarvoor te beywer dat ’n wet ingestel word om die “waardigheid van die amp van die president” te beskerm.
Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Italië
Die grootskaalse vloede waarmee Italië sedert die naweek geteister word, het sedert Dinsdag begin daal. Die vloede het meegebring dat die grootste gedeelte van Venesië tans onder water is, terwyl vier mense in Toskane in sentraal-Itallië verdrink het.
Lees meer. Klik hier.

Verstaan jou salarisstrokie
Deur Francois Smit

Het jy al aandagtig na jou salarisstrokie gekyk? Wat sien jy?

Ek is seker die meeste van ons sien net die netto salaris onderaan, en doen slegs iets daaraan as dit nie dieselfde as verlede maand is nie. Die res van die inligting traak ons nie regtig nie. Lees meer. Klik hier.

Het jy geweet Spreekwoord Aanhaling

Gholf is in 1885 die eerste keer amptelik in Suid-Afrika gespeel, op Waterloo Green in Wynberg, Kaapstad.

Bron: Pharos se Feitegids. ʼn Kernensiklopedie.

Iemand onder vier oë spreek. Iemand alleen sien om hom te berispe.


Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

Ek kan nie nié skryf nie. Sedert ek nege was, het ek geweet ek moet 'n skrywer wees.
- André P. Brink

Ridder en Rampokker

Inge Strydom

Ridder
Hierdie week se ridder is die maatskappy Industrial Design Solutions (Ideso). Dié maatskappy het onlangs stof in die oë van internasionale vervaardigers van verskeie produkte geskop toe die Red Dot ‘Best of the Best 2012’-toekenning onlangs aan hom toegeken is vir sy PowerPac-uitvindsel. Die PowerPac stoor energie wat tydens fietsry gegenereer word. Die energie kan dan later krag voorsien vir die gebruik van huishoudelike of persoonlike elektriese toestelle.

Rampokker
Die stakende plaaswerkers wat tans chaos in die Witzenberg-streek saai, is hierdie week se rampokkers. Die staking het verlede week begin toe plaaswerkers by De Doorns begin staak het. Hulle eis ’n dagloon van R150, wat dubbeld hul huidige loon is. Die betogers het winkels en stoorfasiliteite geplunder. Hulle het ook drie polisievoertuie omgekeer en aan die brand gesteek en ’n satellietpolisiestasie in Ceres aan die brand gesteek.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

"Hoe ʼn man se kop werk" met Altus Theart

15 November

20:00

R100 / R150

A Capella-koor

18 November

16:00

Besprekings: Hannetjie Weyers: 082 879 4477

"Vuur seisoene/Seasons of Fire" met Mel Botes & band.

19 November

20:00

R120 / R180

"Old Friends – A tribute to Simon & Garfunkel" met Marcato.

20 November

20:00

R120 / R180

Mathys Roets

21 November

20:00

R120 / R140

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

Besoek www.atterburyteater.co.za vir meer inligting oor vertonings en om vir die nuusbrief in te teken.


Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6498

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]