Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 524 - 31/01/2013

Solidariteit eis moratorium op regstellendeaksie-aanstellings weens spandering op konsultante
Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het verledeweek die regering gevra dat ’n moratorium op die toepassing van regstellende aksie geplaas word om te keer dat kundigheid vir die staatsdiens verlore gaan. Dít volg nadat die ouditeur-generaal se prestasie-ouditverslag uitgewys het dat staatsdepartemente miljarde rande op konsultante spandeer het.

Lees meer. Klik hier.

Lugmag moet lig op sy toekomstige planne vir vliegtuiginstandhouding werp
Ons werk aan die droom!
Deure nog toe by Baragwanath Verpleegkollege

Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) gevra om lig op sy planne vir die toekomstige instandhouding van sy vliegtuie te werp ná een van dié vliegtuie vandag glo ʼn noodstop weens enjinprobleme moes maak. Die SALM se kontrak vir vliegtuiginstandhouding met Denel Lugvaart/AMG kom op 31 Maart tot ʼn einde.

Lees meer. Klik hier.

Verhoging van ledegeld – Maart 2013

“Hoop kom nie vanself nie. Skep jou eie hoop.” Hierdie woorde van Flip Buys in ’n onderhoud met Rapport is aan die kern van die diens wat Solidariteit aan sy lede bied. Daar kan nou gevra word hoe hierdie hoop geskep word. Die antwoord: deur duisende maandelikse bydraes van Solidariteit-lede en -ondersteuners word kleingeld groot geld en so kan onmisbare bydraes gemaak word om hoop en ’n toekoms te skep.
Lees meer. Klik hier.

By Cilleste van der Walt

Die provinsiale gesondheidsowerheid het twee weke gelede aangekondig dat hy die Chris Hani-Baragwanath Verpleegkollege vir ’n onbepaalde tyd sluit. Die situasie bly onveranderd en ’n departementele woordvoerder het gesê dat geen samesprekings aan die gang is nie en dat die kollege gesluit sal bly.

Lees meer. Klik hier.

Solidariteit Tydskrif Solidariteit Blog

 

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:


Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

Die ANC se Groot Vervreemding – Eugene Brink
Suid-Afrika se politieke landskap lyk op die oog af ongelooflik steriel en vervelig. Sedert die ANC se bewindsaanname in 1994 het die party konsekwent bo 60% steun in verkiesings en meeste meningspeilings gekry. Hoe kon dit dan anders wees met ‘n geskiedenis soos ons s’n? Lees meer. Klik hier.

Wil jy dalk ’n Mars-iaan word? – Inge Strydom
“Aansoekers wat deel wil wees van die eerste groep van vier ruimtevaarders wat in 2023 die eerste kolonie op Mars wil begin, kan hul CV’s eersdaags instuur. Volgens die webblad van Mars-One moet kandidate ouer as 18 jaar wees, intelligent, geestelik en liggaamlik gesond en bereid om agt jaar opleiding te ondergaan. Hulle kan van enige ras wees en moet besef dit is net ’n eenrigtingvlug, wat beteken as jy vertrek, is dit die laaste sien van die aarde. Jy kom nie terug nie.” Lees meer. Klik hier.

Wat ʼn voorreg! – Carina Bester
Liefde wat aan jou toevertrou is, is te heilig om met enigiemand oor te praat, behalwe met dié een wat deel van jou is en wat dit voel soos jy dit voel – Olive Schreiner.
Die huwelik is ʼn wonderlike instelling deur ʼn liefdevolle God. Ek kan nie genoeg dankie sê vir die man wat Hy vir my gegee het nie!
Elke dag het ek die wonderlike wete dat ons lief is vir mekaar. Dat ons mekaar se laste dra. Dat ons paaie saam loop. Lees meer. Klik hier.

Geskenkbewyskompetisie

Baie dankie aan almal wat reeds vir die kompetisie ingeskryf het. Die eerste week van die kompetisie is amper verby en was tot dusver ʼn groot sukses.

Baie geluk aan Peet Botha en Diederich Viljoen! Hulle stap elkeen met ʼn R1 000-geskenkbewys by ʼn supermark van hulle keuse weg.

Moedig ook jou vriende en familie aan om by Solidariteit aan te sluit en aan die kompetisie deel te neem.

SMS die woord “lid” en jou naam na 34388 en staan ʼn kans om een van die oorblywende R1 000-geskenkbewyse te wen. SMS’e kos R2.

Word deel van Solidariteit, word deel van die droom.

Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekennings 2013

Die Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekennings word jaarliks oorhandig aan persone wat ’n besondere bydrae tot hulle gemeenskap lewer. Lede van die publiek kry die geleentheid om die sterre in hulle gemeenskap vir hierdie toekennings te nomineer.

Lees meer. Klik hier.

AfriForum stuit lewering van helikopters aan Zimbabwe in hof
Nantes Kelder

Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het verledeweek ʼn dringende tussentydse hofbevel aan AfriForum toegestaan, wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verhoed om Alouette III Lugmag-helikopters aan die Zimbabwiese weermag te lewer.  Die bevel bly staan totdat die hoofaansoek op 19 Februarie aangehoor word.

Lees meer. Klik hier.

Helpende Hand betrokkenheid skep beter skoolresultate by Laerskool Bredell
Deur Juanita du Preez

Die betrokkenheid van Solidariteit Helpende Hand se Kempton Park-tak by Laerskool Bredell het bygedra dat leerlinge se resultate heelwat verbeter het.
 
Die tak is reeds die afgelope twee jaar by hierdie skool se huiswerkklas betrokke. Helpende Hand en SALF Upliftment dra by tot die onderwyseres, Anne-Marie van der Merwe, se vergoeding van ongeveer R1 000 per week.

Lees meer. Klik hier.


Vendetta – radiodrama soos in Springbok Radio se dae

Luisteraars van gemeenskapsradiostasies landswyd is gaande oor die nuwe radiodramareeks, Vendetta, wat deur Draadloos, Maroela Media se radioproduksiehuis, aan hulle verskaf word. Vendetta is ʼn regte-egte radiodrama soos dié van ouds, en word vervaardig deur die uiters bekwame Bettie Kemp. Die storie is vol intrige en spanning. Bekyk gerus jou gunsteling Afrikaanse gemeenskapsradiostasie se programskedule om vas te stel in watter daaglikse tydgleuf Vendetta uitgesaai word. Wil jy hoor wat het tot nou toe in Vendetta gebeur? Besoek Draadloos se webwerf hier  om na vorige episodes te luister.

Video: Nuwe beeldmateriaal oor Marikana-bloedbad

ʼn Britse nuuskanaal het vroeër vandeesweek beeldmateriaal uitgesaai van die bloedbad by die Marikana-myn op 16 Augustus wat glo nog nie voorheen uitgesaai is nie. Die video-opname is glo gemaak deur twee polisiebeamptes wat dié dag op die toneel was. Sien die video hier. Dit het intussen ook aan die lig gekom dat van die persone wat dood is, snitte met “muti” in op hul liggame gehad het. Die “muti” moes hulle glo beskerm. Lees dié storie hier.

Nuuskommentaar: Wat gaan dit nóg kos om regering oor plaasaanvalle te laat luister?

Die land is hierdie week weer geruk deur nóg ʼn bloedige plaasaanval. Tog is beriggewing daaroor in die media verstommend min en klop die aantal nuuswaardige aanvalle glad nie met die hoeveelheid beriggewing in gesaghebbende publikasies nie. Het verslagdoening oor plaasmoorde dalk in ʼn politieke skaakspel ontaard? Herman Toerien gee sy mening.

20% afslag op topverkoper – nou beskikbaar met GRATIS bylaag
Deur Ilze Nieuwoudt

Kraal Uitgewers se topverkoper oor die Grensoorlog, We were there: Winning the war for Southern Africa (deur genl. Jannie Geldenhuys), is nou beskikbaar teen 20% afslag vir net R170 (posgeld uitgesluit). Deur van hierdie spesiale aanbod gebruik te maak, ontvang lesers ook ’n gratis kompendium How the Soviets and the Cubans lost the war in Southern Africa. Met meer as 7 000 kopieë van dié boek wat reeds verkoop is, is We were there ’n moet-hê item wat by elke oudgrensoologsoldaat tuishoort.

Lees meer. Klik hier.

Bedryfsbrokkies My werk Regsvraag

Moontlike prysbeheer vir skrootmetaal
Deur Cilleste van der Walt

Die departement van ekonomiese ontwikkeling poog om die kwynende metaalgieterysektor met nuwe voorstelle te beskerm.  Die plan is om plaaslike gebruikers van skrootmetaal nie net eerste reg daarop te gee voordat dit uitgevoer word nie, maar ook om afslag op internasionale skrootmetaalpryse te bied. Lees meer. Klik hier.

Help! Ek verdrink onder al die werk!
Deur Inge Strydom

Jou tafel kreun reeds onder al die werk wat jy moet doen en boonop moet jy weer op datum kom ná jou verlof. Jou telefoon hou aan met lui en die e-posse stroom onophoudelik in. Om alles te vererger, kruip jou sterdatums al nader. Soos wat die sperdatums al nader kom, begin die hol kol op jou maag al groter word.

Lees meer. Klik hier.

Eerstehulpwerkers
Deur Nikki Prinsloo

Vandag kyk ons na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (No. 85 van 1993) se algemene veiligheidsregulasies (regulasies (3)(1)-(4)) wat handel oor eerstehulpwerkers by die werkplek.

Lees meer. Klik hier.

Ekonomiese nuus Internasionale nuus Raai-raai-riepa

Hoër opleiding verklein inkomsteverskille
Deur Paul Joubert

ʼn Aanhoudende tema in die Suid-Afrikaanse openbare diskoers is die verskil tussen die gemiddelde wit persoon se inkomste en dié van die gemiddelde swart persoon. Die tema word dikwels heeltemal in isolasie aangehaal en voorgehou as ʼn aanduiding van die uiters negatiewe en onregverdige uitwerking wat rassisme deur wit mense teenoor swart mense steeds in Suid-Afrika het. Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Brasilië

Meer as 230 mense is dood in ’n brand wat Sondagoggend in ’n stampvol nagklub in suidelike Brasilië uitgebreek het. Paniekbevange partytjiegangers het in die rookgevulde lug na asem gesnak en na die enkele uitgang gestorm wat deels geblokkeer was deur die liggame van diegene wat reeds omgekom het.
Lees meer. Klik hier.

 

Wat kan ons uitwas wat die son nie kan droogmaak nie?

Antwoord: Botter

Het jy geweet Spreekwoord Aanhaling

Teen ʼn snelheid van 18 90 000km/h sal dit 250 jaar duur om vanaf die aarde die naaste ster te bereik.

Bron: Pharos se Feitegids. ʼn Kernensiklopedie.

ʼn Kafsak met ʼn kaartjie. ʼn Groot kêrel met ʼn klein vrou/nooi.

Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

Ek is so arm so 'n luis op 'n kam. Ek is die Verlore Seun se bloedbroer, as ek nie die Verlore Seun self is nie. - Boerneef

Ridder en Rampokker

Deur Inge Strydom
Rampokker

Vandeesweek se rampokker is president Jacob Zuma. Dit volg nadat hy onlangs ontken het dat hy bewus was van die R206 miljoen-verbeteringe wat aan sy privaat woning in Nkandla aangebring is. Dit het intussen aan die lig gekom dat Zuma met die voormalige minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde, oor die vebeteringe gekorrespondeer het en dat hy deeglik van die koste bewus was. Hoewel die huidge minister van openbare werke, Thulas Nxesi, ontken dat Zuma van die omvang van die vebeteringe bewus was, het ’n brief wat deur Zuma onderteken is onlangs uitgekom waarin die koste van die verbeteringe aan sy huis uiteengesit word.

Ridder

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) is vandeesweek se ridder aangesien hulle onlangs verlof om appèl teen die regering se planne om ’n e-tolstelsel in Gauteng op te rig, toegestaan is. Die Pretoriase hooggeregshof het verlof tot appèl toegestaan teen ’n vorige uitspraak en die kwessie van die hofkoste na die appèlhof verwys. Outa het egter gesê dit beteken nie dat die e-tolstelsel van die baan is nie. Die genootskap benodig boonop steeds miljoene rande om die saak voort te sit.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

"Groet die grotman" met Hannes Muller

2 & 3 Februarie

Sat 20:00 / Son 15:00

R100 – R150

Mariette Labuschagne "Wat sien jy? / Wat do you see?"

4 Februarie

20:00

R140

Jak de Priester "N1 van my hart"

6 Februarie

20:00

R130 / R150

"Visage – Revealing the Sectrets of the Mind" deur Michael Abrahamson

7 Februarie

20:00

R140 / R180

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.


Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.

Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]