Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.
|
||
![]() |
||
|
![]() |
|||||||||||||||||||||||
|
Wen 'n Kar! Akademia Sakeplanwerkswinkel – KOM MAAK JOU PLAN! Het jy Akademia se Sakeplankompetisie van 2013 misgeloop, maar het ʼn besigheidsidee wat smeek om in ʼn sakeplan omskryf te word? Of jy nou ʼn nuwe entrepreneur is wat wil seker maak dat jou idee in ʼn goed omskryfde plan omgesit word, en of jy ʼn klein of mediumgrootte onderneming is wat jou sake-uitbreidingsidee aan potensiële beleggers wil voorlê – 6 September is jou kans! Akademia, waar werkendes in Afrikaans studeer! Studente wat wag vir sertifikate word nou bygestaan Studente wat al vir tot drie jaar lank vir hulle ambagsertifikate wag, word nou bygestaan nadat AfriForum Jeug met regstappe teen die Dienste-SETA gedreig het. “Van die eerste lys van 170 studente is sowat 52 reeds bygestaan. ’n Verdere 40 sertifikate is die afgelope twee maande ontvang. ’n Tweede lys met sowat 300 name geniet ook tans aandag. Dit is die eerste keer sedert 2012 dat klagtes aan die SETA resultate oplewer,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê. Bejaardes se welstand minder werd as dié van gevangenes in Suid-Afrika;
Die staat spandeer meer daaraan om gevangenes te onderhou as om na bejaardes om te sien. Die meer as twee miljoen mense wat van die toelaag vir ouer mense afhanklik is, ontvang ʼn karige R1 260 per maand, terwyl die belastingbetaler R10 000 per gevangene per maand opdok. Wat jou is gunstelingliedjie? Almal het ʼn gunsteling Afrikaanse liedjie – daardie één liedjie wat jy in jou slaap kan sing en wat jy oor en oor kan luister, sonder om moeg te word daarvoor. Maroela Media is op soek na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye! Indien jy ons help om dié liedjie te kies, kan jy boonop ʼn bootreis vir twee en talle ander pryse wen. Die veldtog word moontlik gemaak deur Virseker en kykNET. Hoe neem jy deel? Stuur 'n SMS met die woord "Virseker" en jou liedjie se titel na 48052 (SMS kos R1.50), of besoek https://diegrootste.co.za/diegrootste/ om jou nominasies in te dien. Video: Vrou rol voertuig tydens rybewystoets ʼn Vrou van Suid-Korea het moontlik in ʼn rekordtyd haar bestuurslisensietoets gedruip toe sy die motor, sewe sekondes nadat sy met haar toets begin het, gerol het. Klik hier om meer te lees en die video te sien. Daar is net te min wittes om teen te diskrimineer Die nie-aangewese groep in Suid-Afrika, naamlik wit Suid-Afrikaners, se getalle is só klein dat selfs al sou hul getalle in die werkplek verminder word sodat dit hul aandeel in die bevolking weerspieël, sal werkloosheid onder swart Afrikane met slegs 2,6 persentasiepunte daal. Regstellende aksie wat ’n rasse-uitkoms ten doel het, sal dus min verligting vir die aangewese groepe bring. |
![]() |
|
![]() |
||||||||||||||||
Hoogtepunte by die Atterbury Teater
Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub | ||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
Kontak ons | ||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
Besoek ons webblad |
[CONTENT]