Plaas diens@solidariteit.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 561 - 17/10/2013
Hof lewer Vrydag uitspraak in Solidariteit v DKD se regstellendeaksiesaak
Uitspraak kan gesig van regstellende aksie in staatsdiens verander
Deur Nico Strydom

Een van die belangrikste regstellendeaksie-uitsprake in Suid-Afrika gaan môre, 18 Oktober in die arbeidshof in Kaapstad gelewer word. Die vakbond Solidariteit het namens tien werknemers die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die arbeidshof gepak oor die DKD se omstrede regstellendeaksieplan. Volgens Solidariteit kan hierdie uitspraak die gesig van regstellende aksie in die hele staatsdiens vir altyd verander.

Ingevolge die DKD se regstellendeaksieplan moet die nasionale rassedemografie in elke werksplek, selfs op provinsiale en streeksvlak, weerspieël word. Gevolglik staan wit en veral bruin werknemers in die Wes-Kaap bykans geen kans meer op bevordering en aanstellings nie.

Lees meer. Klik hier.

Solidariteit wil Loftus volmaak teen ‘ras-tellende’ aksie
Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het aangekondig dat hy sy veldtog teen ‘ras-tellende’ aksie gaan verskerp. Die vakbond het tydens 'n rugbywedstryd by Loftus Versfeld plakkate met die woorde “Stop kwotas” vertoon. Solidariteit wil deur die veldtog 51 762 petisies teen ‘ras-tellende aksie’ insamel – genoeg om al Loftus Versfeld se sitplekke vol te maak. Lees meer. Klik hier.

Parlement moet teen rasbeheptheid stem
Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het ’n beroep op parlementslede gedoen om teen rasbeheptheid te stem deur nie die wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming goed te keur nie. Solidariteit meen dat die voorgestelde wysigings sal meebring dat die wet niks meer met regstelling te doen sal hê nie, maar alles met ras. Lees meer. Klik hier.

Afslag, studiehulp en soveel meer!
Deur Moira-Marie Kloppers

Solidariteit het ’n ooreenkoms met Akademia gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit beloop sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Die bedrag is gelykstaande aan sowat 11 jaar se Solidariteit-ledegeld.
Lees meer. Klik hier.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF SOLIDARITEIT BLOG


Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:

Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
http://blog.solidariteit.co.za/

Die Here voorsien
Deur Carina Bester

Soms raak ons só benoud oor die donker toekomsblik wat ons vir onsself optower. Ons voel bedruk. Ons hoop op uitkoms, maar glo amper nie dat dit wel sal kom nie. Op moedverlore se vlakte…

Lees meer. Klik hier.

Hou op verskonings maak!
Deur Inge Strydom

So dikwels hoor jy mense kla oor hul omstandighede. Almal dink mos hulle probleme is die grootste en dat hul laste die swaarste is. Daarom besluit hulle om net op te gee en nie 'n verdere poging aan te wend nie. “Wat help dit ek probeer nog?” of “Ek sal tog nooit suksesvol wees nie” – is frases wat sulke mense dikwels sê.

Lees meer. Klik hier.

 

Lewensverrykende seminare wat jou lewe sal verander!

Is jy geestelik, emosioneel en fisies uitgeput? Is jou verhoudings onbevredigend? Wil jy ’n meer vervulde, gelukkiger lewe saam met Jesus Christus leef? Dan moet jy onmiddellik 'n seminaar van Lewensverryking Seminare bywoon!

Lewensverryking Seminare wil, met God se Woord as uitgangspunt en onder leiding van die Heilige Gees, individue, huwelike, gesinne en ander belangegroepe deur middel van lewensveranderende seminare versterk en verryk tot eer van God.

Lewensverryking Seminare is ’n niewinsgewende organisasie wat sedert 1980 die lewens van verskeie Suid-Afrikaners verryk. Verskeie gesinne en individue het al getuig hoedat hul lewens in ’n positiewe rigting gestuur is sedert hulle in aanraking met Lewensverryking Seminare gekom het. Gaan lees meer hieroor by www.lewensverryking.co.za. Lewensverryking Seminare se fokus is mense – heel mense en stukkende mense, volwassenes en tieners, oud en jonk, getroud of enkel.

Hou Soldeer elke week dop en besoek die webwerf www.lewensverryking.co.za om op hoogte te bly van alles wat by Lewensverryking Seminare gebeur. Hulle kan ook by 012 456 8098 geskakel word.

Akademia – die pad na 'n suksesvolle loopbaan!

Wil jy graag 'n verskil aan jou toekoms maak? Is jou loopbaan in 'n doodloopstraat omdat jy nie die regte kwalifikasie het nie?

Dan is Akademia jou antwoord!

Akademia bied bekostigbare, geakkrediteerde universiteitsvlakkwalifikasies nauurs in Afrikaans! Dit beteken jy kan die regte kwalifikasie teen die regte prys in Afrikaans kry – terwyl jy werk!
Skryf aanlyn vir een van die volgende kursusse in:

  1. BCom-graad in Ondernemingsbestuur (drie jaar)
  2. Diploma in Bemarking (drie jaar)
  3. Diploma in Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap (drie jaar)
  4. Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde (een jaar)
  5. Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (en Projekadministrasie) (een jaar)

Vir meer inligting, besoek www.akademia.ac.za, of SMS die woord “Soldeer”, jou naam en van na 34933 en ons sal jou bel! ('n SMS kos R2.)

Akademia – waar werkendes in Afrikaans studeer.

 

AfriForum tree op ná wrede plaasmoord in die Oos-Kaap
Deur Esmarie Prinsloo

Die gemeenskap van Barkly-Oos in die Oos-Kaap het AfriForum genader om in te gryp nadat ’n bejaarde egpaar vandeesweek wreed op hulle plaas in die distrik vermoor is. AfriForum het opnuut ’n beroep op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gedoen om plaasmoorde te laat prioritiseer, maar ook aangedui dat die organisasie self inisiatief sal neem deur plaaslike veiligheidstrukture ook in die Oos-Kaap te vestig.

Lees meer. Klik hier.

 

Expatcares – gee om vir jou mense
Deur Juanita du Preez

Suid-Afrikaners in die buiteland wat steeds wil 'n bydrae wil lewer om die probleme in die land op te los, kan dit nou met die klik van 'n muis doen.

Solidariteit Helpende Hand het so pas 'n webwerf bekendgestel wat dit vir expats moontlik maak om by te dra om volhoubare oplossings vir hulle geboorteland te bewerkstellig. Expatcares.com gee meer inligting oor al die dienste wat Helpende Hand bied. Dié organisasie werk om armoede te voorkom, te verlig en te verbreek deur in kwaliteit onderwys en opleiding te belê.

Lees meer. Klik hier.

 

Grootste Afrikaanse Liedjie van AlleTye: Nog net 'n paar dae oor om te stem!

Die kategoriewenners is aangewys en die liedjie wat in dié ronde die meeste stemme ontvang, word uiteindelik gekroon as Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye. Jy kan elke dag jóú gunsteling kom ondersteun en onthou, daar is steeds hope pryse, insluitend 'n bootreis vir twee op die spel! Klik hier om te stem (teken in met jou Facebook-rekening of e-posadres) en onthou om op “Stuur my stemme” te klik sodra jy jou stem uitgebring het. Dankie aan kykNET en Virseker wat dié veldtog moontlik maak.

Video: Vrou klou vir haar lewe aan brug ná kanker-staptog

'n Vrou van Florida in Amerika moes Saterdag 20 minute lank vir haar lewe klou nadat sy op 'n spoorweg-valbrug beland het nadat die brug oor New-rivier in Fort Lauderdale oopgemaak het. Klik hier om meer te lees en 'n video van die voorval te sien.

 

Spesiale aanbiedings vir Oktober

Oktober is volgens die digter C. Louis Leipoldt “die mooiste, mooiste maand”. Maak dit vir jou ook die mooiste maand deur jouself met een van Kraal se Oktober-boekpakkette te bederf.

Pakket 1: Koop die twee koffietafelboeke Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902 en De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid teen slegs R600 en betaal GEEN posgeld nie. (Normale prys vir die totale pakket: R920)

Pakket 2: Koop die FAK Sangbundel Volume II (met bekende musiek van legendes soos Steve Hofmeyr, Mimi Coertse, Chris Chameleon en Anton Goosen) teen R450 (R50-posgeld uitgesluit) en ontvang dr. Dirk Hermann se boek Basta! Ons voetspore is in Afrika GRATIS. (Normale prys vir die totale pakket: R620)

Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting.

BEDRYFSBROKKIES MY WERK REGSVRAAG

Lanbou, vakbonde moet mekaar vind
Deur Cilleste van der Walt

 Die landbousektor en vakbonde moet mekaar “binnekort” vind, anders gaan sake rondom arbeid versleg, het Tony Ehrenreich, streeksekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, tydens 'n lewendige debat by Agri SA se jaarkongres gesê.
Lees meer. Klik hier.

Die uitdagings van innovasie
Deur Inge Strydom

Enige hoof van 'n organisasie of maatskappy wat sy/haar sout werd is, sal vir jou sê dat 'n mens voortdurend moet groei en ontwikkel om te sorg dat die dienste en produkte wat jy lewer by die veranderde tye aanpas en dus relevant bly.
Lees meer. Klik hier.

Is 'n werknemer geregtig op 'n bonus?
Deur Coenie Rheeder

Vraag: Ek werk al vier jaar by dieselfde maatskappy en het die afgelope drie jaar elke jaar ’n bonus gekry. My werkgewer het my pas ingelig dat ek nie vanjaar ’n bonus gaan kry nie. Mag die werkgewer my bonus weerhou of weier? Lees meer. Klik hier.

EKONOMIESE NUUS INTERNASIONALE NUUS BOBAASBEROEPE

Die arbeidsmarkstatus van Suid-Afrika se bevolking
Deur Paul Joubert

Dat Suid-Afrika al vir dekades lank 'n probleem met werkloosheid ervaar, staan soos 'n paal bo water. Die arbeidsmark in Suid-Afrika is 'n veelbesproke onderwerp, maar nietemin is daar dikwels wanpersepsies oor wat die werkloosheidskoers of ander arbeidsmarkaanwysers nou eintlik beteken.
Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Stormloop eis 111 lewens in Indië

Die dodetal van 'n stormloop naby 'n Hindoe-tempel in sentrale Indië het Maandag tot 111 gestyg. Die voorval het by 'n brug oor die Sindh Rivier naby 'n tempel in die dorp Ratangarh, wat in die Madhya Pradesh-provinsie geleë is, plaasgevind. Volgens die polisie was die meeste slagoffers vroue en kinders.
Lees meer. Klik hier.

Bedryfsingenieur

Bobaasberoepe is insetsels oor skaars en kritieke vaardighede, verskillende beroepe en belangrike kwessies rondom opvoeding. Die insetsels kan ook afgelaai word om in 'n voorligtingsklas gebruik te word of om op sosiale medianetwerke gedeel te word.

Karin Venter van Helpende Hand gesels vandeesweek met Andre van Eeden, 'n bedryfsingenieur wat reeds 10 jaar in die bedryf is. Kom luister saam.

HET JY GEWEET? SPREEKWOORD AANHALING

Suid-Afrika is die sewende grootste wynprodusent ter wêreld.


Bron: Pharos se Feitegids. 'n Kernensiklopedie.

Dis beter om jou uit te slyt as om vas te roes. Dis beter om jou moeg te werk as om jou moeg te rus.


Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

Moenie versuim om jou brief nog 'n slag oor te lees nie. Miskien weet die man nie dat jy beter is as die foutjies wat jou ontglip het nie.~ C.J. Langenhoven.

RIDDER EN RAMPOKKER

Deur Inge Strydom

Ridders

Vandeesweek se ridders is die nege Suid-Afrikaanse skoolleerders wat onlangs genooi is om aan die Intel International Science and Engineering Fair in Phoenix, Arizona in die VSA deel te neem. Uit die nege gekose leerders, is drie van Pretoria en gaan al drie dié leerders aan die Hoërskool Waterkloof skool. Volgens Wendy Hawkins, uitvoerende direkteur van die Intel-stigting, is die uitvindings, wat die ongeveer 1 600 leerders van oor die wêreld uitgestal het, nie noodwendig op die wetenskap gerig nie, maar eerder op skole wat vernuwende denke aanmoedig en/of leerders inspireer. Om aan die skou te kon deelneem, moes leerders eers verskeie plaaslike, streeks-, provinsiale en nasionale kompetisies wen.

Rampokker

Die kabeldiewe wat veroorsaak het dat verskeie vlugte vanaf die O.R. Tambo-lughawe oor die afgelope naweek vertraag is, is vandeesweek se rampokkers. Volgens Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder van die Airports Company SA (Acsa), is drie kragkabels beskadig wat meegebring het dat brandstof nie aan sommige vliegtuie voorsien kon word nie. Sy meen die kabels is beskadig weens 'n poging om dit te steel. Intussen moes tegnici spartel en spook om die kabels te herstel en, hoewel bedrywighede op die lughawe nie heeltemal tot stilstand geruk is nie, was ongeveer 20 vlugte reeds Saterdagoggend teen 10:00 vertraag.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

Pimp my Piano – Charl du Plessis

19 & 20 Oktober

Op aanvraag verkrygbaar

Op aanvraag verkrygbaar

Atterbury Nasionale Klavierkompetisie – finaal

18 Oktober

Op aanvraag verkrygbaar

Op aanvraag verkrygbaar

The Science Of Our Times Lecture 2: The Human Genome

29 Oktober

Op aanvraag verkrygbaar

Op aanvraag verkrygbaar

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om 'n bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur 'n e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.

Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur 'n e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

KONTAK ONS
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

www.solidariteit.co.za

[CONTENT]