Plaas diens@solidariteit.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 580 - 27/03/2014
Banke se steun versoek vir nie-stakende werkers in platinumsektor
Deur Nico Strydom

Pligsgetroue werkers wat nie aan die uitgerekte staking in die platinumsektor deelneem nie, word nietemin negatief deur Amcu se staking geraak, het Solidariteit vandeesweek gesê. Die vakbond het 'n brief aan die vier grootste handelsbanke gerig waarin die banke versoek word om begrip te hê vir die finansiële verknorsing waarin nie-stakende werkers hulself tans bevind. Hoewel nie-stakende werkers steeds hul basiese salarisse ontvang, word alle gereelde produksiebonusse verbeur aangesien bedrywighede by die myne stilstaan.

Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, sê 'n groot deel van die vergoeding van die meeste werkers in die platinumsektor bestaan uit gereelde maandelikse produksiebonusse. “Wanneer produksie by 'n platinummyn opgeskort word, is dit dus nie net die stakende werkers wat inkomste verloor nie.
Lees meer. Klik hier.

Solidariteit tree toe tot die stryd teen nuwe aanstellingsbeleid oor voorlopige likwidateurs
Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit is as applikant gevoeg tot die Concerned Insolvency Practitioners Association (Cipa) se hofgeding teen die minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling en die hoofmeester van die hooggeregshof van Suid-Afrika. Solidariteit is besorg oor die gevolge van die nuwe beleid rakende die aanstelling van voorlopige likwidateurs.
Lees meer. Klik hier.

Minister kies ras bo dienslewering met vakante senior landdrosposte
Deur Nico Strydom

Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke het namens waarnemende senior landdros Martin Kroukamp 'n saak van onbillike diskriminasie na die gelykheidshof verwys nadat hy nie bevorder is nie weens sy velkleur.

Lees meer. Klik hier.

Regering maak deur oop vir wetshervorming na aanleiding van stakings

Carol Paton berig dat die regering die weg geopen het vir die moontlikheid van verdere arbeidswetwysigings, veral dié wat long en gewelddadige stakings kan beperk, en het maatskaplike vennote uitgenooi vir ’n “gestruktureerde bespreking” van die saak.  

Lees meer. Klik hier.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF SOLIDARITEIT BLOG

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:

Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
http://blog.solidariteit.co.za/

Tradisies: nodig of nie? - Cilleste van der Walt

Koshuistradisies is die afgelope ruk erg in die spervuur. Ek het gedink hierdie oproer sou weer vinnig gaan lê soos dit gewoonlik maar doen. Almal maak 'n groot bohaai oor die tradisies en dan vergeet hulle weer so bietjie daarvan totdat die volgende, kamma, “skokkende” storie aan die lig kom.

Hierdie keer, met die PUK-debakel, lyk dit of die stryd nog lank nie verby is nie. Almal is omgeëllie, hetsy die studente, die PUK-bestuur, die media of die publiek. Daar is nog baie om uit te stryk voor hierdie onderwerp weer sal gaan lê.

Ek is van mening dat seker tradisies 'n baie goeie leerskool is. Ek was self 'n student op die PUK en ek sal nie een tradisie wat ek ook moes volg wou verander nie. Dit maak jou trots op jou koshuis en die universiteit waar jy studeer.

Lees meer. Klik hier.

Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekennings 2014

Die Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekennings word jaarliks oorhandig aan persone wat ’n besondere bydrae tot hulle gemeenskap lewer. Lede van die publiek kry die geleentheid om die sterre in hulle gemeenskap vir hierdie toekennings te nomineer.

Lees meer. Klik hier.

Beloning na inspanning

Met dankbaarheid kan ons aankondig dat Projek Inspanning voor Beloning se inspanningdeel op Sondag, 16 Maart 2014 voltooi is. Deon het toe in twaalf dae ’n totaal van 1 653,56 km gery. Soos jy bewus is, was die doel om 1 650 km te ry om fondse vir Lewensverryking in te samel. Die 1 650 km was gekoppel aan die R1 650 wat ’n vyfdag-seminaar in 2013 gekos het.

Lees meer. Klik hier.

AfriForum bemagtig vroue met opleiding teen verkragting

AfriForum begin met selfverdedigingsopleiding teen verkragting vir vroue. Die burgerregte-organisasie het aangekondig dat die eerste opleidingsessie vanaand in Vryburg, Noordwes in samewerking met Fortis Pro-Active Defence aangebied sal word. Die opleiding sal aangebied word vir alle vroue wat betrokke is by AfriForum-takke regoor die land.

Lees meer. Klik hier.

Helpende Hand bied hulpverlening in Limpopo

Solidariteit Helpende Hand het twee weke gelede ’n noodfonds op die been gebring vir Limpopo-inwoners wat deur die onlangse vloede geraak is, met spesifieke fokus op die inwoners van Bela-Bela en Lephalale.

Lees meer. Klik hier.

Groot Marico-plaasmoord: Kleinkind was ook in die huis

Koos Erasmus (59) en sy vrou, Martie (54), is Sondagoggend in hul huis op die Sumsaren-wildreservaat aangeval. Die egpaar se vierjarige kleinkind was saam met hulle in die kamer ten tyde van die aanval. Klik hier om meer te lees.

Video: As dit nie jou tyd is nie...

'n Video is op sosiale media vrygestel met verstommende beeldmateriaal oor mense wat noue ontkomings gehad het. Klik hier om die video te sien.

Volg Oscar Pistorius-moordverhoor gratis op Maroela

Oscar Pistorius se verhoor duur voort in die Pretoriase hooggeregshof nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Klik hier om al die hooftrekke van die verhoor gratis op Maroela Media volg.

 

Waar geskiedenis lewe kry!

Kraal Uitgewers is ’n klein, maar gespesialiseerde uitgewersmaatskappy wat hoofsaaklik fokus op die publisering van gehalte-boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sowel as publikasies wat die geskiedenis kan verander, regstel en sterk standpunt inneem oor, onder meer, politieke en maatskaplike kwessies in Suid-Afrika. Kraal Uitgewers publiseer slegs nie-fiksie.

Lees meer. Klik hier.

BEDRYFSBROKKIES MY WERK REGSVRAAG

Blyvoor-goudmyn in mynveld van regsgeding vasgevang

Loni Prinsloo en Jana Marais skryf dat regsmaneuvers die likwidasie van die Blyvooruitzicht-goudmyn naby Carletonville vertraag, wat die lewensbestaan van mense op die eiendom asook die toekoms van die ondergrondse skagte bedreig. 

Lees meer. Klik hier.

Verandering in die werkplek: Hoe nou gemaak?
Deur Inge Strydom

Dit is al sielkundig bewys dat die mensdom 'n inherente vrees vir verandering het. Tóg is die vermoë om aan te pas 'n oer-instink wat die mens duisende jare lank al aanwend om te oorleef.

Lees meer. Klik hier.

Diensbeëindiging (deel 1)

Vraag
Wat moet ’n werkgewer by diensbeëindiging aan ’n werknemer verskaf?

Antwoord
Een van die dokumente wat 'n werkgewer volgens artikel 42 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997) aan 'n werknemer moet verskaf, is 'n dienssertifikaat. Lees meer. Klik hier.

EKONOMIESE NUUS INTERNASIONALE NUUS MY GESONDHEID

Staking se katastrofiese gevolge
Deur Paul Joubert

Die staking deur lede van Amcu in die platinumbedryf duur nou reeds sowat nege weke. Stakende werkers het reeds meer as twee volle maande se inkomste verloor – byna 20% van hul jaarlikse vergoeding. Voordat die staking 'n aanvang geneem het, het die werkgewers 'n verhoging van 8,5% aan werkers op die laagste vlakke gebied, en op die oomblik word 'n 9%-verhoging aangebied.
Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Geheim van Malaysia Airlines se vlug 370 dalk nooit opgelos

Selfs al sou soekers op wonderbaarlike wyse vlug 370 van Malaysia Airlines se vlugopnemer (“black box”) uit die dieptes van die ontsaglike Indiese Oseaan ophaal, sê deskundiges dit sal dalk nie een van die lugvaart se grootste geheime oplos nie.

Lees meer. Klik hier.

Bly blakend gesond dié winter
Aan jou gebring deur Medihelp – kyk na ons vir sakpas mediese dekking, klik hier.

Dit raak stadig maar seker koeler en een van die dae gaan ons ons toedraai in knus komberse en ons dik wintersklere uit die kas haal. Saam met die koue wintermaande sukkel baie mense egter ook met ’n lastige verkoue of griep.

Daar is gelukkig voorkomende stappe wat jy kan doen om hierdie winter gesond te bly.
Lees meer. Klik hier.

HET JY GEWEET? SPREEKWOORD AANHALING

Wat is die verskil tussen 'n Neurochirurg en 'n Neuroloog? Neurochirurg: opereer die senustelsel en brein.
Neuroloog: behandel siektes van die senustelsel en brein.


Bron: Pharos se Feitegids. 'n Kernensiklopedie.

Varke skuur hulle modder teen pilare af. Slegte mense beklad fatsoenlikes


Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

Die man wat ek na soek, is nie die wat die minste foute maak nie, maar die wat die meeste foute regmaak.

- C.J. Langenhoven

RIDDER EN RAMPOKKER

Deur Inge Strydom

Ridder

Vandeesweek se ridder is die burgerregte-organisasie AfriForum wat vandeesweek, as deel van hul gemeenskapveiligheidsprojek, begin het om noodhulpkursusse in die gemeenskap aan te bied. AfriForum sal dié opleiding by al hul takke landwyd aanbied omdat die regering versuim om op 'n doeltreffende wyse gemeenskappe op te lei om na hulself te kan omsien in noodsituasies. “Die kursus is basies makkerhulpopleiding wat die gewone man bemagtig met kennis oor wat om te doen as hy of sy eerste op 'n ongeluks- of misdaadtoneel soos 'n plaasaanval aankom. Só kan kennis iemand anders se lewe red,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê. “Die eerste kursusse word hierdie week in Vryburg, Noordwes, aangebied.”

Rampokker

Die drie jeugdiges wat Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg erken het dat hulle die Schutte-gesin op hulle plaas in Richmond, KwaZulu-Natal, vermoor het, is vandeesweek se rampokkers. Die drie, onderskeidelik 17, 19 en 20 jaar oud, het erken dat hulle Eckard Schutte (76), sy vrou Elizabeth Schutte (66) en hul seun Lutz Schutte (33) met 'n skerp voorwerp aangeval het. Lutz is na die plaas om sy pa se 77ste verjaardag te vier. Die drie mans het openlik erken dat hulle op 1 Maart 2014 na die plaas Springvale is om die familie te beroof en te vermoor sodat hulle nie later uitgeken sal word nie. Hulle het daarom ook brandstof saamgeneem om enige bewys wat hulle met die misdaad sou verbind, insluitend die liggame van hul slagoffers, te verbrand. Hulle is egter drie dae na die misdaad in hegtenis geneem. Regter Louis Barnard het die saak tot 22 April uitgestel.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

Babalela ons kan Kinderteater

29 Maart

11:00

R80

"Broadway performance" by FADCreations.

4 en 5 April

Vrydag 19:00 en Saterdag 15:00

R120

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om 'n bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur 'n e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.

Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur 'n e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

KONTAK ONS
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

www.solidariteit.co.za

[CONTENT]