Plaas diens@solidariteit.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 591 - 19/06/2014
Solidariteit-lid pos reeds drie keer deur SAPD weens ras geweier; vakbond verkry interdik
Deur Inge Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek 'n dringende interdik teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beteken om 'n vakante pos in die polisie se tegnologiebestuursdienste-afdeling, waarvoor een van sy lede onsuksesvol aansoek gedoen het, te vries. Lt.kol. Adolf Arendt is, ten spyte daarvan dat hy deur 'n indienemingspaneel vir twee van drie vakante poste in die departement as die beste kandidaat geïdentifiseer is, weens sy ras afgekeur omdat wit mans glo in die spesifieke departement oorverteenwoordig is.

Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die paneel wat lt.kol. Arendt vir die posisies geëvalueer het, bevind dat, hoewel sy aanstelling nie diensbillikheid sou bevorder nie, dit beslis dienslewering in die departement sou bevorder.
Lees meer. Klik hier.

Solidariteit wil afleggings by Continental Tyres keer; doen aansoek om interdik
Deur Inge Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek om 'n dringende interdik teen Continental Tyres in die arbeidshof in Port-Elizabeth aansoek gedoen in 'n poging om die maatskappy se huidige artikel 189-afleggingsproses te stuit. Dit volg nadat 'n twyfelagtige ooreenkoms sonder Solidariteit se medewete of toestemming op die vakbond van toepassing gemaak is.
Lees meer. Klik hier.

Amcu se eise bly onredelik, staking moet nou eindig – Solidariteit
Deur Paul Joubert

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek weer 'n beroep op die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) gedoen om hul jongste wenslys te laat vaar en die aanbod van werkgewers in die platinumbedryf te aanvaar om sodoende, ná 21 weke, 'n einde aan die vernietigende staking in die sektor te bring.
Lees meer. Klik hier.

Toppolisiedienaar wat deur Phiyega uitgewerk is neem SAPD na KVBA en bedingingsraad
Deur Cilleste van der Walt

Candice Bailey berig dat Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, se uitgerekte stryd met twee adjunkte wat sy eensydig probeer verskuif het, daartoe gelei het dat die twee offisiere, wat gesamentlik oor meer as 60 jaar se ondervinding beskik, die diens verlaat het. 

Lees meer. Klik hier.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF SOLIDARITEIT BLOG

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:

Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
http://blog.solidariteit.co.za/

Hou op teëstribbel en luister na die wysheid van die grysheid Inge Strydom

Kennis is belangrik, maar ervaring is belangriker. Ons verloën die waardevolle kennis van die grysbaarde. Só het Dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die Noord-Wes Universitet se Potchefstroomkampus gister op die inwyding van Sol-Tech, die vakbond Solidariteit se tegniese opleidingskollege, gesê.

Dr. Eloff was een van verskeie gassprekers op die spoggeleentheid waar nie net Sol-Tech se nuwe gebou nie, maar die kollege se uitmuntende opleiding in moedertaalonderrig, deur bekwame, geleerde en ervare lektore met behulp van wêreldklas toerusting, ten toon gestel is.

Lees meer. Klik hier.

 

Solidariteit-sake in die kollig

Ontmoet die mense agter die hofsake:


Desiree Merkeur
Werkgewer: Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)
Jare diens: 8 

Merkeur het by die departement van korrektiewe dienste (DKD) aansoek gedoen vir die pos van sekretaresse van die areakommissaris in die Breederivier-bestuursarea, Wes-Kaap. Sy is deur 'n onderhoudpaneel as die beste kandidaat vir die betrokke pos aangewys. Niemand is egter in die pos aangestel nie weens die DKD se regstellendeaksieplan.

Merkeur het op 22 Augustus 2012 'n saak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys nadat sy alle interne grieweprosedures uitgeput het. Die saak is op 12 September 2012 na die arbeidshof verwys.

Wys jou steun vir Dersiree Merkeur deur tot die Solidariteit Regsfonds by te dra. SMS die woord “Regsfonds” na 34388. Ons skakel jou binnekort terug.

Bobaas dienste benodig die nuutste inligting

Vir Solidariteit om effektiewe diens aan jou te lewer, benodig ons jou nuutste inligting! Bring jou lidmaatskapinligting tussen 19 Mei 2014 en 30 April 2015 op datum en staan die kans om 'n kar of 'n vakansie te wen!

Hersien vandag nog jou inligting en staan die kans om hierdie maand 'n bykomende prys van R2 000 kontant te wen. Jy sal steeds vir die finale trekking vir die groot pryse vroeg in 2015 in aanmerking kan kom.

R2 000 geborg deur Solidariteit Finansiële Dienste.



Solidariteit Tydskrif Fotokompetisie

Lewensverryking: Plek van verandering, verryking en vernuwing

Ontelbare kere het ek al die ervaring gehad dat ek mense by 'n seminaar ontvang en laat tuis voel. En so baie keer het dit al gebeur dat nog voordat die program begin, iemand al by my sal kom staan en vertroulik met my deel dat hulle die einde van hul huwelikspad bereik het. Jy sal hoor hoe die een die lewe en die huwelik vir die ander absoluut ondraaglik maak; of van vreeslike konflik en konfrontasie; of dalk van huweliksontrou. In my bediening het dit ook al baie gebeur dat iemand my bel en dringend hulp soek want die huwelik dreig om op die rotse te loop.

Lees meer. Klik hier.

AfriForum meen staatsrede getuig van gebrek aan insig in Suid-Afrika se uitdagings

Na vandeesweek se staatsrede het AfriForum die kommer uitgespreek dat president Jacob Zuma nie in voeling met die realiteite in Suid-Afrika is nie.

“Dit wil voorkom of die president radikale ingryping op al die verkeerde plekke wil toepas, terwyl die areas waar radikale ingryping benodig word, grotendeels geïgnoreer word,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê.

Lees meer. Klik hier.

Helpende Hand bring dringende hofaansoek om Môrester-staatstoelae aan te vra
Deur Mariné Jacobs

Solidariteit Helpende Hand staan volgende week vir Môrester, 'n niewinsgewende organisasie en plek van veiligheid in Rustenburg, by om 'n dringende hofaansoek voor die Mafikeng hooggeregshof te bring. Die hof word gevra dat Môrester onmiddellik sy maandelikse staatstoelae vir al die kinders in sy sorg moet ontvang wat sedert sy ontstaan nie op 'n gereelde basis betaal word nie. Die regspan sal ook versoek dat Môrester onmiddellik herregistreer word, nadat die instansie vir die afgelope ses maande geen terugvoer oor sy aansoek om herregistrasie ontvang nie. Ten spyte hiervan plaas die hof steeds kinders by die instansie.

Lees meer. Klik hier.

Jou gratis nuus-app is hier!

Maroela Media se splinternuwe gratis nuus-app is hier! Jy kan hom nou vir jou Android-slimfoon of iPhone aflaai. Ons hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure, maak seker jy weet watter boeke om te lees, hoe om vanaand se kos gaar te maak, waar 'n idioom vandaan kom  en wie die rugby gaan wen. Kyk ook na stories wat jou na jou asem gaan laat snak, jou tot trane gaan dryf of jou laat skaterlag van lekkerkry en plesier. Kom gesels kopstukke in Dié Groot Debat en lees ons Nuuskommentaar.  Loer gerus sommer ook na ons toneomkrullekkerkry-advertensie onderaan die berig.

Jagtragedie: Tienerseun skiet per ongeluk sy boetie dood

Die Noordwes-polisie het Woensdag gesê dit is standaardprosedure om 'n saak van moord te ondersoek teen die 17-jarige seun wat glo in 'n fratsongeluk die 22-jarige Barnie Bamberger op 'n plaas naby Ottosdal tydens 'n jaguitstappie doodgeskiet het. Klik hier om meer te lees.

Video: Egpaar fnuik hul vriende

Daar is twee tipes mense, diegene wat luuksheid verkies en diegene wat nie omgee vir die buitelewe nie. Dié advertensie met sy verrassende einde bewys jy kan 'n draadsitter wees. Kyk gerus dié oulike advertensie!

 

Nuut by Kraal Uitgewers: Weerskant van die Rubicon: 'n Onderwysman oor Afrikanerpolitiek
Prys: R300 (R50-posgeld uitgesluit)

Weerskant van die Rubicon bied 'n unieke blik op Suid-Afrika se oorgang na 'n nuwe bedeling, soos gesien deur die oë van 'n senior amptenaar. Die skrywer Henry Stone se betrokkenheid as professor in opvoedkunde aan drie universiteite strek oor meer as 'n kwarteeu. Hy word nie net gereken as kenner op die gebied van onderwysstelsels, -bestuur en -reg nie, maar hy is ook 'n vooraanstaande opinieleier in onderwysfilosofie. Gedurende sy tyd as nasionale hoof van blanke onderwys was hy onder meer verantwoordelik vir die bestuur van die onderwysdepartement deur die oorgangstydperk en later ook vir die vestiging van die nuwe nasionale en provinsiale departemente van onderwys. Die boek plaas gebeure weerskante van Suid-Afrika se “Rubicon” in perspektief; ondersoek swart Afrika-nasionalisme; die opkoms van Afrikanernasionalisme; die mislukking van apartheid; die val van kommunisme en plaas selfs die kollig op die sukses of mislukking van die Kodesa-onderhandelinge. Dié en verskeie ander elemente is vervat in Weerskant van die Rubicon – uitgegee deur die FAK. In Weerskant van die Rubicon word F.W. de Klerk se profetiese woorde van 2 Februarie 1990 duideliker as ooit: “Suid-Afrika sal na vandag nooit weer dieselfde wees nie.”

Plaas jou bestelling op een van die volgende eenvoudige maniere:

BEDRYFSBROKKIES MY WERK REGSVRAAG

'n 122,52 blou prag ontdek by Cullinan
Deur Cilleste van der Walt

'n Uitsonderlike blou diamant van 122,52 kar. is by Petra Diamonds se Cullinan-myn in Gauteng ontdek. Die waarde van die steen moet nog vasgestel word en verdere ontleding sal die steen se waarde en die optimale roete om dit te bemark, bepaal.
Lees meer. Klik hier.

Klim die suksesleer treetjie vir treetjie
Deur Moira Etsebeth

Laat aande. Ure voor die rekenaar. Vroegoggend verkeer. Laatmiddag verkeer. Elke greintjie energie word dag na dag in elke werkprojek gestort. Hierdie eindelose strewe na sukses en bevordering hoef nie verniet te wees nie.
Lees meer. Klik hier.

Vrywillige diens en arbeidswetgewing
Deur Hendrik van der Hoven

Vraag
Word 'n persoon wat 'n dokument onderteken wat bepaal dat hy in die vrywillige diens van 'n kerk is ingevolge die Suid-Afrikaanse arbeidsreg as 'n werknemer gedefinieer?

Klik hier vir die antwoord

EKONOMIESE NUUS INTERNASIONALE NUUS MY GESONDHEID

'n Jaar se swak rand – hoe doen vervaardiging?
Deur Paul Joubert

Nie te lank gelede nie was talle ander vakbonde, asook talle stemme uit die geledere van werkgewers in die vervaardigingsektor in Suid-Afrika dit eens dat die wisselkoers van die rand teenoor die Amerikaanse dollar naastenby R10,50 moet wees. Dit sou die Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor laat floreer het.

Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Irak se olieproduksie nie onder druk weens nasionale krisis nie; altans nog nie

Alhoewel onrus nie uitgesluit kan word nie, sal die risiko vir Irak se olie-uitset beperk bly ten spyte van die verslegtende krisis in die land – aldus Bob Dudley, BP se uitvoerende hoof.

Lees meer. Klik hier.

Wees 'n held – skenk bloed
Geskryf deur Medihelp
(Vir sakpas mediese dekking SMS “Solidariteit” na 32291)

Wêreld Bloedskenkerdag word jaarliks op 14 Junie gedenk om wêreldwyd bewustheid te skep van die behoefte aan veilige bloed, om dank en eer te betuig aan diegene wat bloedoortappings moontlik maak, en om gereelde bloedskenkings aan te moedig.

Lees meer. Klik hier.

HET JY GEWEET? SPREEKWOORD AANHALING

Die aarde is onder meer saamgestel uit 35,9% yster, 28,5% suurstof en 14,3% silikon.


Bron: Pharos se Feitegids. 'n Kernensiklopedie.

Jou biesiepol! Uitroep van bewondering.

 


Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

Met gehoorsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

- C.J. Langenhoven

RIDDER EN RAMPOKKER

Deur Moira Etsebeth

Ridder

Russel McMicken is vandeesweek se ridder. McMicken, 'n aktiewe lid van die Amandasig Aksiegroep, 'n gemeenskaps-polisiëringsforum in Pretoria, is verlede Sondag doodgeskiet toe hy op 'n noodoproep oor sy handradio reageer het. 'n Onbekende getal rowers het hom egter ingewag en hom doodgeskiet. 'n Moontlike verdagte is later in die Mooiplaas-plakkerskamp vasgetrek waar hy deur polisiebeamptes doodgeskiet is. 

Rampokker

Die talle tronkbewaarders wat hulle aan korrupsie en misdaad skuldig maak, is vandeesweek se rampokkers. Benewens die probleem van 'n groot getal misdadigers wat in Suid-Afrika se oorvol tronke gehuisves moet word, is tronke ook 'n misdaadnes waar korrupsie en smokkelary hoogty vier. Eugene Viljoen, 'n gevangene in 'n Suid-Afrikaanse tronk, is vroeër die week in Beeld aangehaal waar hy sê dat bewaarders enigiets vir geld sal doen. Video’s wat hy op ingesmokkelde, onwettige selfone geneem het, toon dat die selle 'n hutspot van dwelms en geweld is. Inwoners kan enigiets op 'n spyskaart kies, wat die tronkbewaarders dan met graagte, en natuurlik teen 'n vet fooitjie, vir hulle insmokkel.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

Annalise Wiid & Elise Bosch "Kyk haar oë, Hoor haar hart"

20 Junie

19:00

R150

Lukas de Beer "Storm op JupiTOER"

24 Junie

-

R120

Old Friends – Tribute to Simon & Garfunkel Marcato (aka Ben van Zyl & Pieter Smit) Storm Produktionz

25 Junie

20:00

R120 / R180

Dozi Unpluged

26 Junie

20:00

R120

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om 'n bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur 'n e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.

Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur 'n e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

KONTAK ONS
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

www.solidariteit.co.za

[CONTENT]