Plaas diens@solidariteit.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 624 - 5/03/2015
Aurora-uitspraak reuse-oorwinning vir voormalige Pamodzi-werknemers – Solidariteit
Deur Inge Strydom

Die hooggeregshof in Pretoria se verwerping van Khulubuse Zuma se dringende aansoek rakende die uitstel van regstappe teen die direkteure en bestuurders van Aurora Empowerment Systems is 'n reuse-oorwinning vir voormalige Pamodzi-werknemers, het die vakbond Solidariteit vandeesweek gesê.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het gesê vandag se uitspraak is 'n oorwinning wat geregtigheid betref aangesien daar vir die eerste keer hoop is dat die regsgeding enduit gevoer sal word. Die uitspraak bring mee dat die Pamodzi-likwidateurs hul hofgeding teen die Aurora-direkteure op 23 Maart kan voortsit. Daarby het die hof gelas dat Zuma die koste van vandag se hofverrigtinge moet dra. “Ons is dankbaar dat die hofsaak kan voortgaan en dat die proses nie vertraag is nie. Geregtigheid kan nou uiteindelik vir die sowat 5 300 voormalige Pamodzi-werknemers geskied,” volgens Du Plessis. Lees meer. Klik hier.

Solidariteit wens Eskom-werknemers geluk met sinkronisering van Medupi se Eenheid 6
Deur Inge Strydom

Die vakbond Solidariteit het Eskom-werknemers wat by Medupi werksaam is vandeesweek gelukgewens met die suksesvolle sinkronisering van dié kragstasie se Eenheid 6. Die vakbond het dié werknemers verder sterkte toegewens met die sinkronisering van die res van Medupi se eenhede. Lees meer. Klik hier.

Nie nét 'n derde van munisipaliteite wanfunksioneel nie – Solidariteit
Deur Inge Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek gesê dat meer as een derde van Suid-Afrikaanse munisipaliteite in werklikheid op verskeie vlakke wanfunksioneel is. Dit volg nadat Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, na aanleiding van 'n parlementêre vraag gesê het dat slegs 'n derde van Suid-Afrikaanse munisipaliteite disfunksioneel is. Lees meer. Klik hier.

Nasionale tolpad-tariefverhoging
Deur Cilleste van der Walt

Die SA Nasionale Padagentskap (Sanral) het vandeesweek aangekondig dat die tolpadtarief op nasionale paaie met 6,017% gaan verhoog.

Volgens Fin24 het Sanral se uitvoerende hoof, Nazir Alli, aangedui dat die inflasiekoers as riglyn gebruik is aangesien hulle nie padgebruikkoste meer as wat billik is, wou laat styg nie.
Lees meer. Klik hier.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF SOLIDARITEIT BLOG

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:

Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog, klik hier.

Middeweg-denke en die kruipende kinderoppasserstaat - Gerhard van Onselen

Tans doen ons Staat verskeie stappe om ons samelewing te transformeer. Die stappe word bemagtig deur amptelike staatsbeleid, onderskryf deur die grondwet en die volle mag van die Suid-Afrikaanse regering. Is dié stappe reg en hoe kan ons die vraag oor regmatige staatsingryping in oënskou neem?

Dit is seldsaam dat die hedendaagse populêre openbaremenings die Staat in geheel sal bevraagteken. Die hoofstroomdebat sentreer meer om die legitimiteit van die moderne Staat se optrede: wat hy mag of nie mag doen nie, of eerder, wat hy by magte is om nog verder te doen om die samelewing na sy wil te skoei. Vrae oor hoeveel meer hy mag belas. Hoeveel meer hy mag beperk. Kortom, hoeveel meer hy mag ingryp.

Lees meer. Klik hier.

Wen 'n vakansie van jou keuse ter waarde van R25 000 indien jou eggenoot by Solidariteit aansluit


'n Groot Solidariteit-kompetisie skop op 16 Februarie 2015 af. Solidariteit-lede sal die kans staan om 'n vakansie van hulle keuse ter waarde van R25 000 te wen.

Om vir hierdie prys in aanmerking te kom, moet jy jou persoonlike inligting sowel as jou eggenoot se persoonlike inligting op 'n amptelike kompetisievorm invul en jou eggenoot moet by die vakbond aansluit.

Wat is op die spel?

Die wenner van die kompetisie sal 'n Flight Centre-geskenkbewys ter waarde van R25 000 ontvang. Die geskenkbewys kan by enige Flight Centre landswyd ingeruil word vir 'n vakansie van die wenner se keuse.

Wie mag aan die kompetisie deelneem?

Slegs lede en vakbondverteenwoordigers van Solidariteit mag aan die kompetisie deelneem. Solidariteit-personeel en hul direkte familie is van die kompetisie uitgesluit.

Hoe neem mens aan die kompetisie deel?

Die kompetisie begin op Maandag 16 Februarie 2015 en sluit op Vrydag 19 Junie 2015.

Om vir die prys in aanmerking te kom, moet die amptelike kompetisievorm hier ingevul word. Die aanlyn vorm bestaan uit twee dele: 'n afdeling waar bestaande Solidariteit-lede hulle persoonlike besonderhede moet invul en 'n afdeling waar hulle eggenote se besonderhede ingevul moet word om hul aansluiting by Solidariteit te voltooi. Lede moet die hele vorm invul en hulle eggenote moet by die vakbond aansluit om vir die kompetisie te kwalifiseer. Indien 'n eggenoot se aansluiting nie gefinaliseer kan word nie (om welke rede ook al), sal die betrokke lid daarvan in kennis gestel word.

Alle lede wat albei afdelings van die kompetisievorm voltooi en wie se eggenote by die vakbond aansluit, kom in aanmerking vir die prys.

Die pryswenner se naam word op 23 Junie 2015 getrek. Die wenner sal op 23 Augustus 2015 in die Solidariteit Tydskrif bekendgemaak word.

Lees die bepalings en voorwaardes hier.

Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekennings 2015

Die Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekennings word jaarliks oorhandig aan persone wat 'n besondere bydrae tot hul gemeenskap lewer. Lede van die publiek kry die geleentheid om die sterre in hul gemeenskappe vir hierdie toekennings te nomineer.

Die toekenning word as 'n huldeblyk aan mense gegee wat daagliks hul landgenote se lewens op 'n positiewe wyse beïnvloed, om hulle sodoende te bedank vir hul harde werk en deursettingsvermoë.

Vanjaar se toekennings sal aan die gemeenskap se “bouers” gaan. Hulle bou aan 'n toekoms. Hulle bou vir ons kinders. Hulle bou beter werkplekke, skole en gemeenskappe.

Nominasies vir die Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekennings 2015 word nou ingewag.

Ken jy iemand wat in die afgelope jaar 'n bydrae gelewer het deur sy of haar gemeenskap op te bou? Nomineer nou daardie persoon deur sy of haar naam en 'n motivering vir jou nominasie na ansievn@solidariteit.co.za te stuur.

Verkiesing vir ’n lid vir die Noordwes-Universiteit se Raad vind tans plaas

Daar is tans ’n verkiesing aan die gang vir ’n lid van die Noordwes-Universiteit se Raad vanuit die geledere van die Noordwes-Universiteit Konvokasie.

Twee kandidate het hul vir die posisie beskikbaar gestel. Die kandidate is Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, en Karien Britz, ’n taalpraktisyn tans werksaam by die ATKV.

Buys was reeds voorheen lid van die Raad en hy het vir sewe jaar in die uitvoerende komitee gedien. Buys se volledige CV kan hier besigtig word.

Britz was ’n publikasiebeampte en later ’n taalpraktisyn by die Noordwes-Universiteit. Britz se volledige CV kan hier besigtig word.

Die verkiesing sluit op Vrydag, 6 Maart, om 12:00.

Om te kan stem, moet jy ’n lid wees van die Noordwes-Universiteit Konvokasie. Jy sal dan ’n e-pos ontvang met ’n skakel wat jou toelaat om te stem.

Die proses rondom die stemmery word soos volg verduidelik: “Let daarop dat u eenmalig d.m.v. hierdie spesifieke skakel kan stem. Indien u en u gade albei Konvokasielede is en dieselfde e-posadresse gebruik, word u vriendelik versoek om asseblief die NWU Konvokasiekantoor te kontak by izette.schouwstra@nwu.ac.za of telefonies by 018 - 285 2594 ten einde dit vir albei moontlik te maak om elektronies kan stem. Kontak asseblief vir Izette Schouwstra by izette.schouwstra@nwu.ac.za of 018 - 285 2594 indien u enige verdere navrae oor hierdie proses mag hê.”

 

NWU en die AfriForum & Solidariteit taalverslag
Deur Alana Bailey

Universiteite is veronderstel om mense op te lei tot diensbaarheid aan die gemeenskap.  Daarmee word bedoel die breër gemeenskap, want 'n onlosmaaklike deel van die idee van 'n universiteit is die konsep van akademiese vryheid, die vryheid om wetenskaplike navorsing te doen en aan die hand daarvan te kommunikeer en te onderrig sonder vrees vir vervolging van enige aard.  Akademiese vryheid het al so vroeg as 1155 of 1158 met betrekking tot die Universiteit van Bologna ter sprake gekom.

Lees meer. Klik hier.

Top Afrikaanse wiskundeskole vereer

Solidariteit Helpende Hand se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) het verlede week Afrikaanse skole vereer wat tydens die 2014-matriekeindeksamen uitstekend in Wiskunde gevaar het.

Lees meer. Klik hier.

Video: Net in Suid-Afrika!

Beurtkrag en 'n bakkuzzi en karwagte… daar is talle dinge wat Suid-Afrika uniek maak. Die versekeringsmaatskappy Santam se nuwe advertensie wys dat uitlanders soms nie hul oë of ore kan glo vir dit wat so eie aan Suid-Afrika is nie. Klik hier om dié oulike advertensie te sien.

Onverwagse ryloper verskaf groot plesier

'n Merkwaardige foto van 'n wesel wat agterop 'n houtkapper se rug 'n “saamrygeleentheid” gekry het, het sosiale media gaande. Klik hier om te sien waaroor die bohaai gaan

Boek: Feite en geite: seediere-reeks

Sê nou ’n haai kom kuier… Braai vleis saam met ’n witdoodshaai en kyk hoe ski hy en doen gimnastiek. Jy sal sien hoe ontsaglik groot en sterk hy is, en hoe baie tande hy het! Die Feite en geite: seediere-reeks is humoristies en prettig en jong lesers leer terselfdertyd allerhande interessante feite oor seediere. Klik hier om meer uit te vind.

 

Waar geskiedenis lewe kry!

Kraal Uitgewers is 'n klein, maar gespesialiseerde uitgewersmaatskappy wat hoofsaaklik fokus op die publisering van gehalte-boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sowel as publikasies wat die geskiedenis kan verander, regstel en sterk standpunt inneem oor, onder meer, politieke en maatskaplike kwessies in Suid-Afrika. Kraal Uitgewers publiseer slegs nie-fiksie.

Lees meer. Klik hier.

BEDRYFSBROKKIES MY WERK REGSVRAAG

Nóg 'n poskantoorstaking dreig
Deur Cilleste van der Walt

SABC News berig dat die administrateur van die SA Poskantoor (Sapo), dr. Simo Lushaba, die huidige stand van sake by die staatsinstelling as “uiters sleg” bestempel het. Lushaba het na berig word 'n vermaning gegee aan diegene wat beoog om te staak en aangedui dat die organisasie nie nog 'n staking kan bekostig nie. Lees meer. Klik hier.

Vyf wenke vir beginners in die werkplek
Deur Inge Strydom

Die eerste dag van 'n nuwe werk kan een van die opwindendste – of miskien mees stresvolle - dae van jou loopbaan wees. Verna Doyle gee in haar artikel “Planning my future: A strategy for a successful career”,wat op die webtuiste www.quintcareers.com gepubliseer is, die volgende wenke vir nuwelinge in die werkplek: Lees meer. Klik hier.

Weiering om oortyd te werk

Vraag:

Kan my werkgewer dissiplinêre stappe teen my neem indien ek weier om oortyd te werk?

Klik hier vir die antwoord

EKONOMIESE NUUS INTERNASIONALE NUUS MY GESONDHEID

Brandstofheffings – sagte belastingteiken styg meer as in 2009
Deur Paul Joubert

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het 'n gesamentlike styging van 80,5c per liter in die regering se heffings op petrol in sy begrotingsrede aangekondig. Hierdie styging sal op 1 April geïmplementeer word, maar dis geen Aprilgek-grap nie!
Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Honderde word verwag by Brusselse konferensie oor die stryd teen Ebola

Meer as 600 mense, insluitende topamptenare van Europa en Afrika, word Dinsdag in Brussel verwag vir 'n konferensie oor die stryd teen Ebola en steun vir 'n heropbouprogram in die lande wat die ergste geraak is.
Lees meer. Klik hier.

Beskerm jou vel terwyl jy in die buitelug oefen
Saamgestel deur Medihelp
(Vir bekostigbare voordele-opsies, SMS “solidariteit” na 32291.)

Buitelug oefeninge is dalk die beste manier waarop jy fiks kan bly terwyl jy jou kop sommer ook skoonmaak. Draf of fietsry in die buitelug kan jou ongelukkig ook blootstel aan die son se skadelike strale.
Lees meer. Klik hier.

HET JY GEWEET? SPREEKWOORD AANHALING

Antibiotika help nie vir verkoues en griep nie. Dit kan slegs bakterieë vernietig, en verkoues en griep word deur virusse veroorsaak. Dit kan wel gebruik word om komplikasies te bestry.

Bron: Pharos se Feitegids. 'n Kernensiklopedie.

Oplet hoe die garing deur die naald steek. Oplet hoe sake staan.

 

Bron: Pharos se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Die prys van vrede is vooruitbetaalbaar, dié van twis agterna. - C.J. Langenhoven

RIDDER EN RAMPOKKER

Deur Inge Strydom

Ridders

Die Eskom-werknemers wat toegesien het dat Medupi se Eenheid 6 vandeesweek gesinchroniseer word, is vandeesweek se ridders. Maroela Media het berig dat Eenheid 6 Maandag vir die eerste keer elektrisiteit opgewek het. Dit sal egter sowat drie maande duur voordat dié eenheid die volle 794 MW aan die nasionale kragnetwerk sal lewer. Medupi sal uiteindelik sowat 4 764 MW aan die kragnetwerk lewer.

Rampokkers

Vandeesweek se rampokkers is die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat steeds 271 Gautengse polisielede wat aan misdade skuldig bevind is, in hul diens het. Netwerk24 het boonop vandeesweek berig dat 248 van die genoemde polisielede aan ernstige misdade skuldig bevind is.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

Dan Patlanskt “Dear Silence Thieves

11 Maart

20:00

R140 / R160

Sultans of Swing – A tribute to Dire Straits

12 Maart

20:00

R140 / R180

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om 'n bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur 'n e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.

Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur 'n e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.



KONTAK ONS
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

Besoek ons webblad, klik hier.

[CONTENT]