
|
|
 |
 |
Lilly-mynbestuur en besigheidsreddingpraktisyn moet
nou oop kaarte speel
Deur Juran van den Heever
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat die tyd aangebreek het dat die Lily-myn se besigheidsreddingpraktisyn (BRP) en mynbestuur oop kaarte met hul werkers, Solidariteit en die media moet speel.
Dit volg nadat die BRP en die mynbestuur sedert hul aanstelling in April deurlopend beloftes gemaak het rakende 'n belegger vir die myn, maar doelpale word gereeld verskuif met nuwe verskonings waarom 'n transaksie nie beklink kan word nie.
Lees meer. Klik hier. |
|

|
|

Afgradering van Eskom deur S&P
Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) se afgradering van Eskom is volgens die Demokratiese Alliansie (DA) ’n mosie van wantroue in Eskom en sy bestuur in die besonder, asook in die “relatief swak korporatiewe bestuur van staatsondernemings in die algemeen,” berig Netwerk24.
Lees meer. Klik hier. |
Die regsimplikasies van die voetstootsklousule
Wanneer jy iets koop, is daar ’n geïmpliseerde waarborg dat die merx (die ding wat verkoop word) vry van enige gebreke is. Dit is egter moontlik om by hierdie geïmpliseerde waarborg verby te kom deur ’n vrystellingsklousule in die kontrak in te voeg wat sê die verkoop is voetstoots. Lees meer. Klik hier. |
Kinder-onderhoud in Suid-Afrika: Jou vrae beantwoord
Deur Candice Eve-Friis
Volgens wetgewing is 'n kind geregtig op redelike onderhoud om voorsiening te maak vir klere, behuising, tandheelkundige en mediese sorg, onderwys en opleiding, en ontspanning (waar van toepassing).
Lees meer. Klik hier. |
|

|
 |
 |

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe: Klik hier.
|
Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog, klik hier.
Kommunisme moet saam met Castro begrawe word
Deur Eugene Brink
Fidel Castro se dood is as’t ware die einde van ’n era. Of altans, dit behoort te wees. Die era waarvan ek praat verwys inderdaad enersyds na sy lang bewind in Kuba sedert die laat 50’s – maar wat sedert circa 2006 buitendien nie meer deur hom persoonlik behartig is nie – maar ook andersyds na kommunisme as ’n regeringsvorm.
Castro was ’n eiesoortige, verdelende figuur wat die kommunisme vir dekades verpersoonlik het. Lees meer. Klik hier. |
|
 |
 |
 |
Suid-Afrikaanse wiskunde- en wetenskappunte steeds power
Deur Mariska Batt
Die burgerregte-organisasie AfriForum spreek hul misnoeë uit oor Suid-Afrikaanse skole se power resultate in die Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS).
Lees meer. Klik hier. |
 |
|
 |
Suid-Afrika vinnig op pad om nommer een in mensehandel te word
Deur Marlien van der Westhuizen
Tans is Suid-Afrika 27ste op die globale slawe-indeks met 'n geraamde 248 700 slagoffers. Dit het astronomies gestyg vanaf slegs 106 000 slagoffers in 2014 toe Suid-Afrika 126ste op die wêreldlys was. Verder is Suid-Afrika wyd bekend as is ’n bron, transito- en eindbestemming-land.
Lees meer. Klik hier. |
 |
|
 |
Hoe duur is universiteitstudie werklik?
Die koste om aan openbare universiteite te studeer het die afgelope jaar onder die soeklig gekom. Op verskeie kampusse het studente in opstand gekom teen hoë klasgeld. Die vraag ontstaan of hoër onderwys in Suid-Afrika te duur is. 'n Mens sou egter ook kon vra wat 'n billike prys sou wees om 'n graad te kon behaal.
Lees Marthinus Visser se volledige rubriek. |
 |
|
 |
Maak dít jou volgende stop
Die volgende stop-bordspel is die afdraaipad na pret vir die hele gesin. Met dié gewilde Afrikaanse bordspel sal die hele gesin vir ure kan saamspeel, hul kennis van Suid-Afrika, ons taal, mense en plekke toets en selfs spotlike stomstreke speel. Vul die pret aan met 'n tweede stel speelkaarte en siedaar – ure se pret! Die bordspel en ekstra stel speelkaarte is nou beskikbaar teen R400 (posgeld uitgesluit). Klik hier om van dié spesiale aanbieding gebruik te maak. |
 |
|
 |
MY WERK |
MY GESONDHEID |
MY SPORT |
Jaareindfunksie: Sluit die jaar af op ’n hoë noot
Deur Wilmarie Brits
Jaareindfunksies is verseker die werk se sosiale hoogtepunt van die jaar. Dit is ’n geleentheid om van al die jaar se bedrywighede en stres te vergeet en om die jaar op ’n hoё noot af te sluit. Die probleem met ’n jaareindfunksie is dat alhoewel jy daagliks saam met jou kollegas werk en hulle goed ken in werksverband, jy nie heeltemal seker is hoe jy teenoor hulle en jou bestuurders moet optree by ’n sosiale funksie nie.
Lees meer. Klik hier. |
Suid-Afrika staar uitdagings in die gesig om bekostigbare mediese hulp in 2017 te bied
Saamgestel deur Medihelp
(Vir be-kostigbare voordele-opsies, SMS “solidariteit” na 32291.)
Alhoewel baie sosio-ekonomiese veranderinge suksesvol in ons land geïmplementeer is, het Suid-Afrika se welvaartgaping ’n baie relevante kwessie gebly (ten spyte van die vordering met verskeie regeringsingrypings).
Lees meer. Klik hier. |
Van 18-20 teen Nieu-Seeland tot 18-20 teen Italiё – waar gaan ons eindig?
Francois Redelinghuys
Herhaling
In Heyneke Meyer se voorlaaste wedstryd aan die stuur van die Springbokke, so ’n rapsie meer as ’n jaar gelede, het die Springbokke op 24 Oktober 2015 teen die All Blacks in die halfeindronde van die 2015 Wêreldbekertoernooi met 18 punte teenoor 20 vasgeval.
Lees meer. Klik hier. |
 |
BEDRYFSBROKKIES |
RIDDER EN RAMPOKKER |
REGSVRAAG |
Exxaro vol vertroue dat Eskom-kontrakte veilig is ondanks verlaging van SEB-eienaarskap tot 30%
Die gediversifiseerde mynmaatskappy, Exxaro Resources, het beleggers verseker dat, ten spyte daarvan dat sy swart eienaarskap tot onder die 51% gaan daal, dit nie sy bestaande leweringskontrakte met Eskom, die staatsbeheerde kragverskaffer, sal raak nie. Lees meer. Klik hier. |
Deur Wilmarie Brits
Ridder
Jacques Papenfus, ons ridder van die week, is 'n man wat besluit het om bo sy omstandighede uit te styg en sy vaardighede en energie aan te wend om 'n verskil te maak in die lewe van mense wat sukkel met verslawing en armoede.
Lees meer. Klik hier. |
Wat is 'n handelsbeperkings-ooreenkoms?
Deur Phil Davel
'n Handelsbeperkingsooreenkoms is basies 'n kontrak waarin een party ooreenkom om sy handelsvryheid te beperk – vir 'n vasgestelde tydperk in 'n vasgestelde gebied – ten gunste van die ander party.
Lees meer. Klik hier. |
 |
RESEP VAN DIE WEEK |
HET JY GEWEET? |
SPREEKWOORD |
Smullekker driegangmaal vir Kersdag
Deur Wilmarie Brits
Kersdag is ’n familiedag; bederf dus jou geliefdes met dié smullekker driegangmaal. Al drie geregte is genoeg vir ses mense, dis lekker maklik om voor te berei en dit beloof om al die smaakkliere te prikkel. Lees meer. Klik hier. |
Die taal van ’n gemeenskap verander stadig maar seker met die gevolg dat ’n opgevoede persoon nie woorde in sy eie taal wat 500 jaar tevore geskryf is, sal kan lees of verstaan nie.
Bron: funology.com/facts-about-language/
|
Bokveld: Bokveld toe gaan
(doodgaan, dood wees)
Die Bokveld, volgens een bron, was vroeër ’n verwysing na die hel, na aanleiding van die laaste oordeel beskryf in Mattheus 25 waar die bokke na die ewige vuur gaan. Later sou die betekenis dan uitgebrei het tot die algemene "doodgaan".
Bron: Prinsloo, A. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (2004) |
|

|
 |
“Daar is niks wat 'n mens so in staat stel om sy probleme te oorbrug en te oorleef, as die wete dat hy 'n unieke taak het om te vervul nie.” – Viktor Frankl
Bron: andiquote.co.za/onderwerpe/Werk%20en%20werkers.html
|
|
 |
 |
Hoogtepunte by die Atterbury Teater
Vertoning/ geleentheid |
Datum |
Tyd |
Prys |
Guitar Legends by Nathan Smith |
December 6 |
20:00 - 22:30 |
R160 - R200 |
A Colour-ed Krismis story |
December 15 |
19:30 - 22:00 |
R120 |
Kiekies – Lucas se Liedjies |
Januarie 22, 2017 |
16:00 - 17:15 |
R140 - 160 |
Beurtkrag |
Februarie 3, 2017 |
20:00 - 21:00 |
R140 |
Beurtkrag |
Februarie 5, 2017 |
15:00 - 16:00 |
R140 |
Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om 'n bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur 'n e-pos na info@atterburytheatre.co.za. |
|
 |
 |
 |
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub
Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.
Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur 'n e-pos na atletiek@solidariteit.co.za. |
|
 |
 |
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23 |
Faksnommer:
012-664-6493 |
H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig |
Posbus 11760
Centurion
0046 |
diens@solidariteit.co.za |
|
|
 |
 |