Saam is ons sterker!
“Uit Afrika kom daar altyd iets nuuts”. Bykans 2000 jaar gelede het ʼn Romein genaamd Plinius hierdie waarheid oor ons vasteland raakgevat. Afrika het mos ʼn manier om altyd met iets nuuts vorendag te kom. Die eerste hartoorplanting in die geskiedenis wat deur ʼn kind van Suid-Afrika gedoen is, is ʼn goeie voorbeeld.
Deesdae beleef ek in Suid-Afrika hierdie waarheid effens anders. Eerder as om nuut te doen en te dink, trek ons regering telkens ’n nuwe baadjie aan vir ou foute wat al elders in Afrika en die wêreld gemaak is. Nasionalisering, grondonteiening, onwerkbare regstellendeaksie-maatreëls, sosialisme, onwerkbare ekonomiese beleid – om maar ʼn paar te noem. Uitgediende ideologieë wat telkens weer opgedis word en teen wil en dank deurgevoer wil word, is aan die orde van die dag.
Te midde van hierdie omstandighede is daar vir Solidariteit en sy lede die geleentheid om te verseker dat daar ten minste uit Suid-Afrika altyd iets nuuts kom. Die Solidariteit Beweging is een voorbeeld van hoe daar nuut gedink en gedoen word om te verseker dat daar vir ons ʼn volhoubare toekoms in Suid-Afrika is. Te midde van ʼn knellende omgewing gekenmerk deur magsbeheptheid en magsmisbruik, is dit vir Solidariteit noodsaaklik om sterk, onafhanklike instellings te skep waardeur sy lede en hul gemeenskappe kan lewe.
Lees meer, klik hier.
Krisis skep geleentheid vir Solidariteit
Die afgelope maand het Suid-Afrikaners oor iets begin saamstem: Die land is in ʼn krisis. Dit is iets wat Solidariteit lankal sien kom het. Vir die eerste keer sedert 1994 het politieke, sake-, ekonomiese, akademiese, media- en gemeenskapsleiers hulself openlik oor hierdie nasionale krisis begin uitspreek. Terselfdertyd het hulle sterk daarop begin aandring dat iets daadwerkliks gedoen moet word, skryf FLIP BUYS.
Dit is veral betekenisvol dat hierdie uitsprake nie uit ʼn bepaalde hoek uit kom nie, maar dat leiers regoor die spektrum begin standpunt inneem het. Skerp stellings is gemaak van die gerespekteerde goewerneur van die Reserwebank, die minister van finansies en Biskop Tutu tot by kerk-, opposisie- en sakeleiers regdeur die bank. Dit is insiggewend dat die regering verantwoordelik gehou word vir die gebrek aan leierskap en die omvang van die krisis, en openlik gekritiseer word deur dieselfde mense wat hulle vroeër ondersteun het.
Swak regering
Hierdie krisis is omvattend, en behels brandpunte soos arbeidsverhoudinge, die ekonomie, staatsbestuur, elektrisiteitsvoorsiening, politieke konflik, vaardighede, buitelandse beleid, die staatsdiens, korrupsie en geweldsmisdaad. Die krisis is te groot om net tydelik van aard te wees of beperk te wees tot ʼn sekere veld, gebied of enkele oorsaak. Dit raak vir al meer mense duidelik dat die wese van die krisis oor swak regering gaan – wat veral spruit uit die president en die ANC-leierskap se klaarblyklike onvermoë om ʼn moderne land met groot probleme suksesvol te regeer.
Solidariteit en die Solidariteit Beweging se reaksie op hierdie krisis behoort veeldoelig en veelvlakkig te wees. In kort behoort ons die volgende te doen:
Lees meer, klik hier. |
AfriForum ondersoek drinkwater, riool
ʼn Radikale verbetering in water-gehaltebestuur en waterinfrastruktuur is nodig in Suid-Afrika. Ons land is ’n waterskaarsland met ’n beperkte hoeveelheid vars water wat daagliks bedreig word, skryf Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum. Lees meer, klik hier.
Sol-Tech vereer sy topstudente
Sol-Tech het onlangs sy beste teoretiese en praktiese studente by ’n spoggeleentheid op die skouer geklop. Moira-Marie Kloppers het die geleentheid bygewoon.
Lees meer, klik hier.
Die Flooze maak
tjommas én brei!
Deur Juanita du Preez
“Op skool, as lid van die Landsdiens, het ons ’n leuse in Latyn gehad, Facta Non Verba, wat beteken: ‘Dade, nie woorde nie’. Dis waarom ek by Helpende Hand se Ouma en Oupa-projek betrokke geraak het.”
Lees meer, klik hier.
Legal breakthrough for Zimbabwe farmers
Two important developments have now taken place in the legal campaign to ensure that Zimbabwe is unable to escape its international-law obligations arising from its land seizure programme. Lees meer, klik hier.
Omkeerstrategie by Vergoedingsfonds maak vordering
Deur Nico Strydom
Die departement van arbeid se Vergoedingsfonds het die afgelope ruk goeie vordering gemaak met die inhaal van ʼn reuse agterstand in die registrasie van eise nadat ʼn omkeerstrategie in werking gestel is.
Lees meer, klik hier.
'n Nuwe e-tuiste
vir Solidariteit-verteenwoordigers
Aktiewe en doeltreffende verteenwoordigers is ʼn baie belangrike deel van die vakbond Solidariteit. Verteenwoordigers is die vakbond se primêre kontak met die werkgewer en ʼn baie belangrike skakel met ons lede. Lees meer, klik hier.
Affirmative action must
be abolished in the
public service
By Nico Strydom
Affirmative action must be abolished in the public service. Solidarity made this call following public service and administration minister Lindiwe Sisulu’s response to a parliamentary question, stating that the public service as a whole has been transformed and reflects the country’s demographic composition. Lees meer, klik hier. |