Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.


Uitgawe 5 - September 2013

Ons mag nie stilbly nie

Die staat is verantwoordbaar aan sy burgers en indien dit nie so is nie, moet die regering tot verantwoording geroep word. Gebrekkige of geen dienslewering het nou al so deel van ons lewe geword dat 'n mens nie eers meer energie wil mors om daarop te reageer nie. Ons mag egter nie ophou om daarop aan te dring dat die staat sy werk moet doen nie. Daarsonder sal dinge net vinniger agteruitgaan. Dit is vir ons as vakbond en Beweging noodsaaklik dat belastinggeld vir ons lede werk. Juis om hierdie rede sal jy in hierdie uitgawe lees van die Leefbaarheidsmonitor vir Gauteng wat onlangs deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) bekendgestel is. Die monitor meet die leefbaarheid binne munisipaliteite in 'n bepaalde provinsie. Aan die hand van 'n reeks meetbare maatstawwe word punte aan munisipaliteite toegeken. Die belang van so 'n monitor is dat burgers, gewapen met goeie navorsing, munisipaliteite nou tot verantwoording kan roep. As Beweging het ons dit ook ten doel om soveel druk as moontlik op die staat te plaas om sy werk te doen, hetsy by wyse van litigasie of petisies of ander vorme van protes.

In hierdie volgepakte uitgawe kyk ons ook na ander belangrike veldtogte waarmee ons as Beweging besig is. AfriForum se “Hoe lank nog?”-veldtog raak weer die krisis van plaasmoorde en plaasaanvalle aan. Ook op hierdie terrein moet ons deurgaans ons stem laat hoor en nie ophou om die regering tot verantwoording te roep nie. Dit is nie goed genoeg dat die regering eenvoudig skouers optrek en aanvoer dat plaasaanvalle nie spesiale aandag en oplossings verg nie. Nee, die staat het 'n verpligting om die kwesbare boerderygemeenskap te ondersteun en te beskerm, en ons kan dit nie genoeg sê nie.

Lees meer, klik hier.

Solidariteit pak groot opbouprojekte aan


Dit is lankal algemene kennis dat arbeidsverhoudinge in die land baie onstuimig is sedert die Marikana-krisis 'n jaar gelede. Hierdie is sekerlik die moeilikste salarisonderhandelingsjaar in die afgelope twee dekades. Ons standpunt bly dat mense wat die ekonomie wil benadeel, die regte van alle werknemers en hul gesinne ondermyn en brood uit mense se monde wil vat. Ons lede het by talle brandpunte weer bewys dat Solidariteit meer weeg as wat ons tel, omdat ons lede goed opgelei, hardwerkend en lojaal is.

Ons het 'n belangrike deurbraak behaal toe ons standpunt dat die meerderheidsbeginsel in die Wet op Arbeidsverhoudinge ondemokraties en uitgediend is, deur die regering, sakeleiers en die meeste ander vakbonde aanvaar is. Hierdie belangrike beleidskuif is vervat in 'n raamwerkooreenkoms wat tussen al die belangrikste rolspelers op die arbeidsterrein onderteken is.

Dit volg ná lang onderhandelings onder leiding van adjunkpresident Kgalema Motlanthe. Daarom gaan Solidariteit nie huiwer om die sterkste stappe moontlik te neem teen maatskappye soos Lonmin wat die raamwerkooreenkoms onderteken het maar nou slegs die meerderheidsvakbond wil erken nie. Dit was juis hierdie beleid wat in die eerste plek tot die moeilikheid daar aanleiding gegee het. Lees meer, klik hier.

Are municipalities
ready to serve?

Municipal services almost never cross our mind… except when they are absent. During the past few years, municipal services – or rather, the lack thereof – often let South Africans down due to poor management, writes Cilleste van der Walt.
Read more. Click here.

Wat verkort die leeftyd
van SA se myne?

Die Suid-Afrikaanse mynboubedryf is 'n onderwerp wat deesdae op al meer mense se lippe is. Met die Marikana-slagting nog vars in die geheue, hou almal asem op vir die uitkoms van die loononderhandelings vir werknemers in die goud- en steenkoolsektore van die Kamer van Mynwese. Dít terwyl Suid-Afrikaanse myne die een na die ander in die stof byt. Inge Strydom het meer hieroor gaan uitvind.
Lees meer. Klik hier.

Stem vir jou
gunsteling en wen!

Maroela Media is op soek na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye, en jy staan die kans om selfs 'n bootreis vir twee te wen as jy aan dié veldtog deelneem! Suné van Heerden vertel meer oor dié opwindende kompetisie. Lees meer. Klik hier.

Worries about retirement
can age you instantly

Dreaming about everything you are going to do and see when you finally retire are what pulls most people through the difficult, busy days at work. But what if that retirement age is your downfall at the end of the day? What if your employer unexpectedly dismisses you based on your age? No doubt not the type of retirement anyone has in mind, writes Cilleste van der Walt.
Read more. Click here.

Retrenchment:
The very last option

The number of companies experiencing severe financial difficulties is increasing every year due to the current international and South African financial climate. Job losses are sometimes inevitable with budget cuts, dwindling profits and cash flow problems, writes Cilleste van der Walt.
Read more. Click here.

Honderde sit hand by en brei

Deur Juanita du Preez
Solidariteit Helpende Hand se ondersteuners het die organisasie oorval met versoeke om pakkies wol vir handtoffels aan te koop. Die organisasie het boonop van heinde en ver foto’s ontvang van mense wat met hul handtoffels pronk.
Lees meer. Klik hier.

SAAT:
Is dit regstellendesanksie?

“Dit is vir ons duidelik dat die hele SAL-groep vasbeslote is om rassekwotas links en regs in te stel, sonder om die meriete van elke kandidaat te oorweeg.” Só meen Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke. Inge Strydom berig. Lees meer. Klik hier.

Klik hier en blaai
aanlyn deur.

My Family My geld My work

Co-operating while co-parenting

One of the biggest challenges facing divorced parents is to raise their children after the marriage has failed. Protracted court cases, hostility from exes, and confused and displaced children are just some of the many difficulties that come with divorce. Nadia Pinto reports.

Read more, click here.

Beleggings:
Oorweeg gerus verhuureiendom

Deur Appie Pienaar
Eiendom word deurlopend as een van die belangrikste bateklasse onder beleggers beskou. Soos aandele met dividende, is eiendom een van die min bates wat met inflasie groei én steeds 'n gereelde kontantuitbetaling oplewer.
Lees meer, klik hier.

Fixing your faults
in the workplace

“Everyone makes mistakes”, as the saying goes. And while this may be true, making mistakes can cause many inconveniences, especially in the workplace, where mishaps cannot be overlooked that easily.
Nadia Pinto reports.

Read more, click here.

Die Solidariteit Tydskrif is omgewingsbewus en moedig sy lesers aan om hul tydskrif elektronies te ontvang. Indien jy jou tydskrif steeds in die pos wil ontvang, klik hier.
Kontak ons
Telefoonnommer:
012-644-4300
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

tydskrif@solidariteit.co.za

Besoek ons webblad

[CONTENT]