“Doen wat reg is as die regter weg is”
“Gee my 'n man
Wat sê wat waar is
As die duiwel daar is
Wat doen wat reg is
As die regter weg is
Wat trou by sy gewete bly
As hy straf in plaas van beloning kry.”
Hierdie treffende woorde van C.J. Langenhoven was selde so toepaslik in Solidariteit se geskiedenis as juis nou. In die afgelope paar weke het ons gesien hoe die hoogste hof in Suid-Afrika teen Renate Barnard en Solidariteit beslis het. Die Konstitusionele Hof se regters het eenparig beslis dat die Hoogste Hof van Appèl verkeerd was in sy uitspraak dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens onbillik teen Barnard gediskrimineer het. Hiermee het die hof duidelik te kenne gegee het dat dit nie bereid is om teen die politieke heersers van die dag se vernietigende en verstikkende rasse-ideologie op te staan nie.
Barnard het inderdaad in die woorde van Langenhoven straf in plaas van beloning gekry. Na 'n nege jaar lange stryd in vier verskillende howe is sy uiteindelik die kans op geregtigheid deur die Konstitusionele Hof ontsê. In stede daarvan dat die Konstitusionele Hof haar beloon het vir haar moedige stryd teen die staat se ooglopend verkeerde regstellende-aksie-ideologie is sy inderwaarheid gestraf. Die 11 regters het die kern van die regstellende-aksiedispuut op tegniese punte omseil ten einde nie 'n polities ongewilde uitspraak hoef te maak nie. Solidariteit glo dat die uitspraak verkeerd is en dat die geskiedenis dit as sodanig sal bewys. 'n Mens sou inderdaad kon sê dat die regters weg was.
Die goeie nuus is dat die uitspraak nie die einde van die pad is nie. Die uitspraak het geen wesenlike invloed op Solidariteit se meer as 30 ander sake teen onbillike regstellende aksie in die Arbeidshof en Arbeidsappèlhof nie. Die kern van ons dispuut teen die ideologie van rasseverteenwoordiging is nie deur die Konstitusionele Hof bereg nie. Die hof het nog nie reggespreek oor die onregmatigheid al dan nie van die staat se ideologie dat elke werkplek op elke vlak die nasionale rassedemografie moet weerspieël nie. Solidariteit se ander sake staan in die ry om hierdie kwessie voor die gereg te beslis.
Lees meer. Klik hier.
Passasiers
tot pro-aktiewe planters
Die dae van bloot saamry as passasiers na 'n vry, veilige en voorspoedige toekoms, is vir goed getel. Dit is ons plig en voorreg om vir ons kinders iets beter op te bou as wat ons van ons ouers gekry het. Dit vra egter dat ons moue oprol en meer doen. Cilleste van der Walt het met Flip Buys gesels oor die Solidariteit Beweging se nuwe leierskapstruktuur en hoe die Beweging “Plan A” met “Plan B” wil ondersteun.
Wat is die rede vir die nuwe leierstruktuur vir Solidariteit?
Die Solidariteit Beweging het die afgelope twee jaar so groot gegroei dat dit nodig geword het om 'n uitvoerende voorsitter aan te stel ter wille van beter koördinasie. Dit bring mee dat ek nie meer operasioneel by die vakbond betrokke kan wees nie, maar hoofsaaklik strategies as uitvoerende hoof sal optree. Daarom het ons vir Dirk Hermann gevra om bestuurshoof te word, met Gideon du Plessis as hoofsekretaris wat hom sal bystaan om te verseker dat ons lede steeds die beste moontlike diens kry. Dit beteken dat ek steeds by die vakbond betrokke sal wees, omdat die vakbond deel is van die Beweging, maar dat Dirk die operasionele bestuur sal hanteer, met Gideon wat vir die hele arbeidsverhoudingediens verantwoordelik sal wees. Hulle is albei buitengewoon bekwame en ervare mense, en ek het die volste vertroue dat hulle, Appie Pienaar en Johan Kruger die vakbond na die volgende vlak sal kan neem.
Hoe sien jy jou nuwe taak in die Beweging?
Die Beweging het die afgelope jaar ontwikkel tot 'n moderne helpmekaarbeweging wat werksaam is op die gebied van arbeidsverhoudinge, burgerregte, maatskaplike welstand, opleiding, taal en kultuur, en die media. Die toenemende staatsverswakking, die reeks rasse- en sosialistiese wette wat tans op die wetboeke kom, en hofuitsprake soos dié in die Renate Barnard-saak laat die rooi ligte flikker. Dr. Frans Barker het tereg gesê dat werkers se regte afhang van burgerlike en politieke vryhede. Dis die les van Zimbabwe: Toe eiendomsreg as fondament van die ekonomie daar aangetas word, het dit tot 'n 94%-werkloosheidskoers gelei. Daarmee bedoel ek as die politiek verkeerd loop, gaan die ekonomie saam ondertoe, en val werkers eerste oor die afgrond. Daarom is my rol om seker te maak dat die Beweging vinniger en groter uitgebou word, sodat ons ons lede en ons gemeenskap steeds sal kan beskerm.
Lees meer. Klik hier.
|
Tough times ahead for telecoms industry
With a new round of retrenchments cropping up every year or so, it is no secret that the South African telecoms industry is going through a rough patch. The increasingly tough operating environment in the industry has now been worsened by the latest proposed interconnect cut rate, with labour unions fearing that the current retrenchments at MTN and Telkom are only the beginning of a new wave of restructuring processes. Inge Strydom reports. Read more. Click here.
Nuwe tye bring nuwe leierstrukture vir Solidariteit
Solidariteit het onlangs 'n nuwe leierstruktuur bekendgemaak wat voorsiening sal maak vir die verdere uitbou van die vakbond én die Solidariteit Beweging. Die doel hiervan is om te sorg dat die organisasie doeltreffend bly midde in die groei en uitbreidings van die afgelope jare.
Lees meer. Klik hier.
It's your right to be
safe in the workplace
The right to refuse unsafe work is one of the three basic health and safety rights secured by the labour movement, along with the right to know about the hazards at your workplace, and the right to participate in workplace health and safety decisions.
Read more. Click here.
Aftreehervorming:
Geen rede om te bedank
Is jy lid van 'n aftreefonds wat hervorm is? Daar is geen rede tot paniek nie, sê Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste (SFD).
Solidariteit ontvang gereeld navrae van mense wat onseker is oor die huidige proses van aftreefondshervorming. Sommige mense het reeds, op grond van ongegronde gerugte, ondeurdagte en impulsiewe besluite geneem, soos om onnodig uit hul werk te bedank uit vrees dat hul aftreegeld ontoeganklik gaan word. Lees meer. Klik hier.
Sol-Tech se PLC-kursus deur Siemens geakkrediteer
'n Instansie wat onderskryf word deur 'n onafhanklike maatskappy van statuur kan homself inderdaad op die skouer klop. Die internasionale maatskappy Siemens het Sol-Tech onlangs vir PLC-opleiding geakkrediteer en as een van die beste Siemens-vennote bestempel.
Lees meer. Klik hier.
1914-Rebellie:
Nuwe boek op die rak
Deur Ilze Nieuwoudt
Kraal Uitgewers se nuutste boek in die gewilde Erwe van ons vaad’re-reeks, Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redaksie van Andries Raath en Danie Langner), is tydens 'n herdenkingsgeleentheid op 15 September bekendgestel.
Lees meer. Klik hier.
‘n Reg om met waardigheid oud te word
Behoeftige bejaardes het dieselfde reg as enige ander bejaarde om met waardigheid oud te word. Daarom het Solidariteit Helpende Hand besluit om vanjaar 'n nuwe komponent tot hul Ouma-en-Oupa-projek toe te voeg – een waarmee hulle omsien na sulke bejaardes, skryf Mariné Jacobs.
Lees meer. Klik hier. |