Hoe maak lede van Solidariteit se dienste gebruik?
Dis so maklik soos 1, 2, 3 om van Solidariteit se dienste gebruik te maak:
Webwerf: www.solidariteit.co.za
SMS: SMS “SOL” na 34388
E-pos: navrae@solidariteit.co.za / diens@solidariteit.co.za
Faks: 012 664 6493 / tel.: 0861 25 24 23
Groei behels meer as net ledetalle – dit gaan ook oor infrastruktuur, dienslewering, stelsels, bedrywighede, kommunikasie en mense. Solidariteit is vandag groter en sterker as ooit tevore en ons missie is nog dieselfde: ons beskerm ons mense.
Hoe gemaak as jy 'n navraag het?
1. Maak die webwerf by die skakel www.verteenwoordiger.co.za oop.
2. Teken in met jou e-posadres as jou gebruikernaam en jou ID-nommer as jou wagwoord.
Om bystand aan, en kommunikasie met verteenwoordigers te verbeter, is 'n verteenwoordigerwebblad geskep. Die idee is dat dit 'n eenstop-diens vir verteenwoordigers moet wees waar hulle toegang tot advies, artikels, nuttige dokumente, belangrike datums, kontakbesonderhede, nuus, en so meer verkry.
Lizel Viljoen, arbeidsverhoudinge-koördineerder van Solidariteit, bestuur die verteenwoordigerwebblad asook e-posse en telefoniese navrae wat van die verteenwoordigers ontvang word. Lizel het ’n LLB- en BCom Regte-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy werk sedert 2010 by die vakbond en was deurgaans by verteenwoordigerverwante aangeleenthede betrokke.
Kontak gerus vir Lizel by 012 644 4334 of lizel@solidariteit.co.za as jy 'n verteenwoordiger is met navrae.
Indien jy nie op www.verteenwoordiger.co.za kan inteken nie, is jou e-posadres nog nie op die webwerf geregistreer nie. Stuur dan gerus ’n e-pos na elektronies@solidariteit.co.za en versoek toegang tot www.verteenwoordiger.co.za.
Groot sake waarby jy betrokke is
As 'n saak/situasie waarby jy betrokke is nuuswaardig word, kontak gerus Solidariteit se media-span. Stuur 'n e-pos na wenk@solidariteit.co.za.
Belangrike datums
- 1 tot 3 April: Intermediêre opleiding in Klerksdorp en Thabazimbi
- 8 tot 10 April: Intermediêre opleiding in Witbank en Vaaldriehoek
Hou hierdie spasie dop vir die res van die jaar se opleidingsdatums